Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -9 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -10 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -12 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -12 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -13 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -14 hours ago

Ertjie Sop! - Hester Kruis

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Fri, 21/04/2017 - 11:56
Forums

Dankie Hester vir hierdie heerlike ertjiesop resep!

"Ons het gisteraand die lekkerste Ertjiesop geeet. Ek gaan die resep met julle deel weet nou nie of ek mag nie maar die winter is op pad."

Ertjiesop
500 g droë ertjies, oornag geweek en gedreineer
2 liter water
2 hoender- of beesvleis- aftrekselblokkies, gekrummel
1 groot ui, gekap
2 groot wortels, gerasper
2 middelslag-aartappels, geskil en
gerasper
Sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap na smaak
500 g gesnipperde spekvleis,
bros gebraai
15 ml botter
Room en croutons, om af te rond

Verhit die ertjies, water, aftrekselblokkies, ui, wortels en aartappels saam in ’n groot pot tot kookpunt. Prut tot alles sag is. (As die sop te dik is, voeg nog water of aftreksel by.) Geur na smaak met sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap
en kook deur. Voeg die brosgebraaide spek by en prut vir ’n paar minute oor lae hitte. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Dien op in warm sopbakkies met ’n titseltjie room en croutons.Genoeg vir ses mense.

NOG LEKKER RESEPTE?   KLIEK HIER

Centurion

Voortrekker

Sat, 14/07/2018 - 07:53

Ek krap bietjie hier rond en kan julle glo hierdie is die onderwerp op kampforum wat die meeste besoeke kry via mense wat op google soek na 'n ertjis sop resep.   Kyk al die views, maar geen kommentare.

Vervang die spek met die gerookte pork rushers van Woolies, sny hulle so 5 mil dik, braai hulle na smaak en gooi dan daai hele pak in die sop.

Biki minder wortel want dan word die pot soet, erte is klaar soet.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 07:45

So gister kon ek dit net nie meer inhou nie want ons het die naweek weer oor die ertjie sop gepraat.

So besluit ek toe om dit te maak, dit is heel lekker gewees maar volgende keer sal ek die donderstok gebruik en dit n puree maak en dan weer proe en kyk van watter een ek hou, puree of heel ertjies.

DIt is regtig n heerlike sop, sal hom verseker weer maak, wat ek wel by gesit het was n klein bietjie knoffel, verder het ek die resep gevolg soos hy is.

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 09:05

Moenie vir almal vertel ek like van kos maak nie, nou nou met die volgende saam trek moet ek al die kos maaklaugh

Nie dat ek mind nie, daar is amper niks beters nie behalwe om lepel te le natuurlik, maar as ek begin met kos maak, dan is daar nie einde nie, dalk moet ek so n draad begin van lekker kos wat ons so maak en dan kan almal hulle geregte en braaivleis en specialities en resepte daar plaas? of is daar reeds so n draad?