Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -28 minutes ago
Sterkte Verskoning Geert -1 hour ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Verskoning

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Goeie naand kampvrinne !

Alhoewel dit sukkel-sukkel gaan met die lesery, lees ek darem soveel as wat ek kan van julle almal se insette. Ek het 'n probleem met my naby-sig en sukkel om op my laptop en selfoon te lees en tik. My naby-sig het 'n jaar gelede begin verswak en ek het 'n nuwe bril die skuld daarvoor gegee. Intussen het ek agtergekom my naby-sig verswak al vinniger. 'n Oogspesialis het bepaal dat ek katarakke in beide oë het, maar die vermoede is dat dit nie die eintlike probleem is nie. Die ander moontlike bron van die verswakkende sig is 'n gebrekkige bloedvloei na beide oë, in so 'n mate dat beide oë se retinas agter in die oog waar beelde op geprojekteer word, reeds areas het waar permanente skade opgedoen is.  Daar moet nou gepoog word om die bloedvloei na die oë te verhoog (hoe weet ek nie) om verdere skade aan die retinas te voorkom. Intussen ondergaan ek Maandag 'n operasie om die katerak solank in die een oog te verwyder om te bepaal of dit my sig effens verbeter.

Al het ek nie meer 'n karavaan nie stel ek nog baie belang in die Kampforum-stories van al my kampvriende. Verskoon tog maar asseblief dat ek nie lekker kan saamgesels nie want dis 'n stryd om te tik.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/10/2026 - 19:12

...ai ou maat, jy hoef mos nie verskoning te maak nie. Dankie vir die mededeling, en ek hou duimvas dat mettertyd jou sig herstel kan word.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 16/10/2026 - 19:22

Wens jou sterkte toe met die operasie en dat dit suksesvol  sal wees. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 16/10/2026 - 19:30

Baie sterkte vir Maandag. Ons glo dat die behandeling verbetering sal bring. Wanneer dit weer moontlik is hoor ons graag van jou.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus