Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -9 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -10 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -12 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -12 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -13 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -14 hours ago

As die voggies min raak - so brou mens tuis

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 04/05/2020 - 16:06
Forums

As jy iemand is wat dit geniet om ietsie te vat, en die inperking jou voorraad begin oorskry, kan die resepteboek hier onder handig te pas kom. Ek het voor ek dit ontvang het reeds ‘n alkoholiese gemmerbier gebrou en wag ook vir my pynappelbier om klaar te gis. Ek het nie die oulike resepte in die boek gehad nie, en het bietjie te veel suiker by die gemmerbier gegooi. Ek het ou tuisbrou toerusting wat ek afgestof het, en kon die alkoholinhoud daarmee uitwerk. Dit het op 8,8% gestaan toe ek dit gebottelleer het! Die pynappelbier het minder suiker in, so behoort nie so rof te wees nie. Hier is dit net voor ek dit toegemaak het in die drom om te gis. Lekker brou en deel gerus julle konkoksies hier. 
A

Attachment Size
Lockdown-Dranks-Recipe-eBook-x3tof7.pdf 3.87 MB

My resep is spot maklik.

1 x pynappel wat jy opsny

1 kg bruin suiker

pakkie (10mg) instant yeast

Ek gebruik my 10 kg HTH drom, gooi so 8 liter louerige water in saam met die pynappelstukke en suiker en roer dat suiker oplos.

Maak jou yeast aan in n koppie lou water sodat hy aktiveer, na so 20 minute gooi jy die koppie met yeast in die drom en roer liggies om.

Maak toe met vadoek en los vir 3 dae in warm kol by die huis.

Dag 4 (oggend) gooi jy die mengsel deur n doek om die vloeistof te suiwer. 

Gooi dan 2 liter Stoney Gemmerbier by, en giet in bottels (plastiek en moenie die prop te toedraai nie en laat staan vir die dag buite die yskas, sit nou in die yskas as die son sak.

Geniet yskoud.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/05/2020 - 19:29

Klink lekker, het hy nie baie afsaksels nie ?

Kan jy wit suiker ook gebruik ?

 

Het die een gemaak, sal môre proe,

2L 100% Appelsap, koppie suiker, pakkie gis. (ek het 'n 1.5L gehad wat ek gebruik het)

Worcester

Wildehont

Mon, 04/05/2020 - 20:21

My drom waarin ek brou het ‘n kraantjie aan die onderkant so paar cm bo die bodem. Die meeste afsaksels bly dus daarin agter. Daar bly wel so bietjie gis oor in die bottels maar dit sak ook uit. Jy los dit in die bottel wanneer jy skink. 
Maak net seker alles waarmee en waarin jy brou is silwerskoon, anders kry jou gis infeksies wat af geure tot gevolg kan hê. Ek gebruik 30ml Milton in 5l water en los dit vir ‘n halfuur. Gebruik daarna gefiltreerde water om uit te spoel. Terwyl jou brousel gis, moet dit nie te warm of koud wees nie. Verkieslik konstant hier in lae 20’s. Kouer as 18° raak gis onaktief, en te warm gee dit ongewenste geure.
Die beste is om jou brou te laat gis tot dit ophou borrel. Dan behoort die gis al die suiker in ethanol en CO2 te omskep het. Jy kan ‘n bietjie suiker by elke bottel voeg om dit bietjie gas te gee sodat dit nie te flat uitkom nie. 
Lees gerus die pdf, dit het oulike raad in deur iemand met ‘n passie vir brou. Teen die tyd wat die inperking verby is brou ons almal self en ontsê die regering al die aksyns. 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 05/05/2020 - 04:37

Die pdf vol inligting, dankie Chris. Toevallig is ek juis in die proses om inligting te verkry om " Mead" te brou. Vicking drankie van heuning. Probleem nou is om die regte gis op te spoor, alle gisse, is nie dieselfde nie, die pakkies gis sal so by 4% vrek agv die alkohol, van die sjampagne giste heelwat hoër, so by 17%. Die plan is om in buurman se wingerd so paar van die trossies wat rosyne geraak het te gaan pluk om te kyk of daar n dalkies n goeie natuurlike gis op is.

Neef het al gestook, en die paar bottel verouderde witblits, 2012/13 hier op n rak het my mooi deurgetrek, so saam ñ stoney by ñ braai loop hy seepglad. Het ook n mooi heuning likeur gemaak, en ñ koffie, en ñ Jalapeño. Ek is nou op die laaste 6 biere hier....... gaan hulle net daar los vir n " ban the lock down" viering.

 

Worcester

Wildehont

Tue, 05/05/2020 - 07:17

My gemmerbier het ek met gewone bakers droë gis gemaak (want dis al wat die supermarkte gehad het). Ek het ‘n hydrometer en die original gravity was 1,069. My drommetjie het ook ‘n airlock, en toe hy ophou borrel na twee dae het ek nog ‘n pakkie gis geaktiveer en ingeroer. Die gravity het toe uiteindelik afgekom na 1,002 toe. Dit gee my 8,887% alkohol. 
As Oom Neef egter nie die gewone droeë gis wil gebruik nie, gaan loer hier onder. Ek het nog nie by hulle gekoop nie, maar hulle webwerf sê hulle het ‘n permit om nou te verkoop. 
https://www.bevplus.com/

Ek sal maar my brouseltjie se alkohol vlakke meet op die tradisionele manier wat baie maklik werk en redelik akuraat is. Hy werk as volg:

20 meter x aantal tree vorentoe geloop gedeel deur die aantal tree skuins geloop na regs en links = alkohol persentasie + aantal Grandpa's gedrink = Werklike alkohol vlak

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/05/2020 - 12:24

Daar is 'n groep op fb "Dop met 'n Skop in Lockdown"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/05/2020 - 12:48

Gesien op fb, dit gee nie gejoeg inligting nie.  Want daai ras kan tot batterye in gooi om die skop aan te help ?  As ek benzin drink af tuisgemaak kan ek ook "peg" ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/05/2020 - 14:38

.

Links is een met Aartappel

Middel is een met Suurlemoen

Regs is een met 1.5L 100% Appel sap, een koppie suiker en 1 pakkie gis.  Hy smaak die beste.

Die res sal ek môre vat saam die braai.

Het vanoggend dit ge"(syfen) om van die afsaksel weg te kom."

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 05/05/2020 - 20:02

Vandag toe n gis aan die gang gesit van gedroogte vrugte. Vanaand in die kweekhuisie se " incubator", raak te koud hier snags. Hou maar duim vas.

Worcester

Wildehont

Tue, 05/05/2020 - 20:12

Sopas my pynappelbier gebotelleer teen 5,77% Smaak beter as die gemmerbier. Ek oorweeg ook ‘n mead as my volgende brousel. Die gaan ‘n lekker draad raak, veral as ons eers begin proe. Brou voort manne!

A

Vaalpark

Johann L

Tue, 05/05/2020 - 22:18

My donnerdag, ek het jare terug gehoor dat dit baie moeiliker is om op te hou rook, as wat dit is om die dop te los, maar as ek hier kyk, lyk dit my anders om.😂

Ek het by Buffelspoort, middel Maart,  my laaste Millers gehad, en my vrou het gesê hulle gaan die drank blok, ek moet gaan kry, maar ek is nie juis een vir drank nie.  Moet erken, 'n lekker yskoue draft sou nou al paar keer heel lekker gewees het.

Manne, manne, manne, ek het nou gebottel en n klein proetjie gevat.

Daai brousel is lekker verby!

Ek weet nie wat is die alkohol inhoud nie want ek kan nie regtig nou my 20 m toets doen nie want ek werk eintlik, so drink op die job is verbode al sien niemand my nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 06/05/2020 - 13:29

Dis die twee wat ek gemaak het.  Saam met Cordial se Passion Fruit smaak my nogals baie lekker 👍

"Frik" - Willem, hoe werk die aartappel resep?

.

.

Die nog nie gemaak nie.

.

.

 

Die lekker brousel is seriously potent en hy
sit vir jou uit op die grond na net twee groot glasevol.

3 PYNAPPELS MOOI SKOON GEWAS.
5L LOUWARM WATER IN SKOON EMMER 
3 SKOON GEWASTE 2L COKE BOTTELS
4 KOPPIES SUIKER (WIT OF BRUIN)
1 PAKKIE INSTANT GIS 

Was jou pynappels mooi skoon en sny in blokke op. Onthou om die skil van die pynappel aan te hou want dit gee die bier sy smaak. Gooi die opgesnyde stukke pynappel in jou emmer en gooi dan 5L louwarmwater by net genoeg om 3 skoon 2L Coke bottels vol te kan maak. Gooi die 4 koppies suiker en een pakkie gis by.  Die gis moet so gegooi word dat dit bo op die stukke drywende pynappel lê om die fermentasie te begin.

Laat staan die mengsel vir so halfuur en gee dan 'n
goeie roer dat als mooi meng. Bedek die emmer met
'n swart plastieksak en sit die emmer in 'n warm deel van die huis neer maar nie in direkte sonlig nie. Laat staan die brousel vir so 2 dae om die pynappelbier
lekker sterk te maak. Na 2 dae van staan gooi jy die
brousel deur 'n skoon moeseliendoek in 'n beker om die stukke en oorblyfsels van die pynappel uit te sif.

Dan gooi jy die pynappelbier in die 2L Cokebottels 
en laat staan vir nog 'n dag in 'n warm plek. Onthou 
net om nie die proppie heeltemal styf vas te draai 
nie want die gissery kan die bottels laat ontplof.

Na 'n dag van staan en gis in die bottel kan jy dit in 
die yskas sit om lekker koud te word en dan net so 
te drink. Die pynappelbier is lekker verfrissend en 
het nogals 'n redelike skop aan hom, so drink maar lank en stadig daaraan. Die lockdown is nog lank !

.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/05/2020 - 20:11

Buurman bel my vandag, vra hoe gaan dit. Maar bitter vertel ek hom, sukkel maar so aan, en vra hoe daar by hom. Wel, ek het twee bottel brandewyn gehad met die lockdown, en die uitgesuip sommer in die eerste week.

Nou moet ek noem die ou maat is enkel-lopend, so gebou soos n baksteen k@khuis  met hande wat n loaf brown wegsteek en hy dra no 14 velskoene. Sout van die aarde mens.

Lang storie kort, gesê ek moet môre middag kom draai, sy huishoudster maak so 20 liter op n slag pynappel, appel en nogiets daarby vir hom, ek moet n 2l bottel kom haal. Maar, seg hy, die maak n man mak, jy drink hom, en loop slaap.......