TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

Zaagkuilsdrift Bird Sanctuary And Lodge

Algemene Inligting

z

Resensies

Môre vriende

Wie het al die plek besoek? Ek het soheentoe probeer bel, maar die nommer behoort nie meer aan die plek nie.

Ek het 'n epos gestuur, via hulle webblad, en tot hede geen terugvoer gekry nie.

Hulle webblad is maar suinig met belangrike info soos tariewe, en ablusie geriewe.

Groete 

Centurion

Voortrekker

Fri, 24/07/2020 - 12:36

Wessel, 'n Lieflike plek.   Alhoewel ons nie daar gekamp het nie, maar wel in die Chalets gebly het. Ek sal sodra ons daag gaan kamp 'n resensie kom plaas.

Ek plaas die korrekte nommer onder die inligting.   Marlene  61 415 7300

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 16/09/2020 - 16:13

Ons het toe gaan kamp opslaan by Zaagkuilsdrift.

Daar is tans 4 x staanplekke met privaat ablusies.    

Die hele Lodge hardloop van Solar Elektrisiteit af en daarom is daar n ie kragpunte by die staanplekke nie.

Die grondpad is so 15km lank vannaf Pienaarsrivier en is in my opinie nie geskik vir standaard pad karavane nie, behalwe as jy stadig gaan ry en ok is daarmee om 'n karavaan op grondpad te sleep.

Heerlike bos-atmosfeer.

Daar is heelwat voël spesies hier te siene en aangesien die lodge gedeeltelik in 'n vlei geleë is, is dit 'n populêre bestemming vir voëlkykers.

Ek sal nog foto's en inligting byvoeg d.m.v 'n forum draad of artikel ....

z

z

z

z

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
4 - 7 Sept 2020
Toegangbaarheid
Slegte grondpad maar kan gesleep word
Troeteldiere vriendelik
Op spesiale versoek
Elektrisieteit by staanplekke?
Nee
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gruis
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Slegs speelpark