Lekker Forum die! Dankie daarvoor!!
Ek het 'n probleem: Ek is 'n allenloper kamper wat deesdae met tente kamp (voorheen woonwa). Ek het 'n paar internasionale kuiergaste wat in November kom kuier, en hulle wil gaan uitkamp. Ek is volledig toegerus met my eie (en my hond) se benodigdhede vir kamp, maar nou het ek nog 3 gaste begekry. Nie 'n probleem op sy eie nie - klink vir my lekker!
Ek sal graag verneem of iemand nie weet waar ek nog 2 "stretchers" kan leen of huur vir November maand nie. Ek bly in Vermont, Hermanus.\
Baie dankie
Deon Pheiffer
Hallo Deon
Jammer dat ek nie van hulp kan wees nie. Hoop jy raak geholpe - gou ook, want November is om die draai. Intussen moet jy asb inval en saamgesels. Ons sal graag wil hoor waar jy beplan om te gaan kampeer en dan natuurlik die terugvoer. Op hierdie manier hoor ons ook van nuwe oorde, en wie weet, moontlik is dit op iemand se pad vorentoe. Welkom!
Kamp goete
Deon, dalk moet jy by woowa en kampeertoerusting handelaars gaan aanklop. Moontlik kan jy by hulle regkom.
Huur sommer 'n woonwa vir die rukkie
Huur
Stel ook voor om karavaan te huur. Teen Internationale geld eenheid peanuts te wees vir hulle. Loer op www.kampi.co.za





Laat die Internasionale…
Laat die Internasionale gaste sommer op die grond slaap - gee vir hulle die "real African experience" 😜
As ek nader was het ek vir jou 2 geleen.