Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -49 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Aartappelsop (Vichyssoise)

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Niks weggelaat nie - presies net so:

  • 30g botter
  • 3 preie, in dun skywe gesny
  • 1 ui fyngekap
  • 3 middelslag-aartappels, geskil en in dun skywe gesny
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • 1-2 e gekapte grasuie
  • sout en peper

Self bygevoeg: vars pietersielie, knoffel, lourierblaar (haal uit voor opdiening.

Smelt die botter in 'n kastrol en braai die preie en ui (knoffel ook) oor lae hitte. Roer gereeld om te keer dat dit aanbrand of bruin braai.

Voeg die aartappels en die aftreksel by (lourierblaar ook). Bring tot kookpunt, sit die deksel op, verlaag die hitte en laat prut vir 15-30 minute tot die groente sag is.

Verpulp die mengsel, geur met sout en peper, roer die room in (ook fyn vars pietersielie), en laat staan in die yskas. Strooi die grasuie oor net voordat jy dit heerlik koud tafel toe dra.

** Ek het dit al vir 2 dae in die yskas gehou en dit was steeds dieselfde, heerlike sop.

**Eie opmerking: dit smaak vir my lekkerder teen kamertemperatuur as yskas-koud agv die room daarin. Warm is ook goed.

BRON: Onbekend (vir my) maar met erkenning aan die Franse sjef, Jules Gouffė wat die resep reeds in 1869 uitgedink het. 'n Amerikaanse sjef het begin om dit op 'n warm dag by die Ritz-Carlton in NY koud te bedien. 

 

 

 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 23/10/2026 - 20:35

Von maak net so sop, maar sy noem dit " Potato and Leek" .Haar resep klink ook baie soos die Franse weergawe.

Een van haar beste is n Red Pepper sop. Peppers word swart gebrand, of dan nou geroast op die gasvlam. Die basis het ook soteerde uie in met bietjie aartappel etc etc room... en dan in die blender. Bloedrooi,  glad, romerige en baie geurige met n unieke smaak.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 23/10/2026 - 21:39

Afrikaanse naam daarvoor kan Aartappel-en-prei sop wees.

Jy sal nou maar in Von (Yvonne?) se goeie boekies moet kom en die Red Pepper sop se resep met ons deel. Die aartappel etc ect gedeelte help my niks - verbeelding kom kort. Dit klink interessant en iets met 'n ander kleur en geur sal nou welkom wees hier. Hoop jy het sukses. Sal uitkyk vir die nuwe draad.😊

0
2
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus