Eerstens dink ek dit is baie belangrik dat 'n man so nou en dan sy vrou 'n breekie gee sodat sy net rustig sit en ontspan terwyl jy 'n slag sorg vir kos! soos Petra altyd se, ek nooi altyd die wereld om te kom kuier en eet en sy moet al die werk doen.
Nou ja, Mnr as jy weer nooi, sorg jy dan 'n slag vir ete. Ons begin by die maklike geregte wat enige ou [tot selfs 'n vrou] behoort te kan baasraak. En ek gaan nou nie by die heel simpel goed begin wat al ons mans in ons jong dae gemaak het nie, julle onthou daai stuk fillet in industrial foelie toegedraai en op die V8 Chevie se manifold vasgemaak was? Daai ding was gewoonlik net mooi gaar as mens Mooirivier slaan opad Durbs toe van Pretoors af, ai ek onthou nou nog daai reuk as daai vleisie begin gaar raak!
Nee, as mens nou al mooi groot is en ordentlike mense oornooi vir ete dan doen jy beter as 'n manifold steak!
Genoeg maalvleis vir die hoeveelheid burgers wat jy wil maak, werk maar op so 200 tot 250 gram per burger. Topside maalvleis is natuurlik 'n gegewe die ander goedkoper vleis werk net nie!
Se vir jou vrou wat jy alles nodig het sodat sy alles kan klaar reg sit voor jy begin. Plaas die mince in 'n bak, gooi al jou geliefde kruie, sout, peper gemende kruie barberque spice en wat jy nog wil oor. Dan baie belangrik so paar lepels van daai tannie met die balle se sousie, en genoeg broodkrummels. breek so 2 rou eiers [per kilo mince] in die bak en meng alles goed. Daai deurmeng joppie kan jy dalk vir jou vrou gee om te doen, ek weet ons mans gril maklik vir daai rou eiers en vleis so in ons hande, en jou vrou kan seker ook so ietsie doen aangesien jy nou al die kos maak.
As dit goed gemeng is vorm patties, ek maak myne so bietjie groter as 'n sny brood, hou nie van ronde patties nie, julle sal later sien hoekom. dan moet hulle so omtrent 20 mm dik wees, verf hulle goed met olyf olie en draai individueel toe in was papier. Stoor in die yskas vir ten minste 5 ure voor jy hulle gaan braai, anders breek hulle uitmekaar.
As dit nou tyd is om te begin braai kan vroutjie seker maar die bygoete maak, onthou jy het die patties gemaak en moet hulle nog braai ook. Vroutjie kan tamaties sny, slaai blare was en reg sit, uie sny, pynappel ringe is ook 'n treffer, en selfs lekker agurkies. Dan kan sy terwyl sy die tafel dek sommer enige souse wat mense moontlik op hul burger wil sit uitkry, persoonlik sit ek net engelse mosterd op myne.
Ek gebruik nie buns vir my burgers nie, verkies gewone brood getoast, die buns is vir my te veel brood, dan proe mens nie die lekker van die burger nie, dit is hoekom ek my patties so groot soos 'n sny brood maak.
Terwyl vroutjie alles binne regkry is die kole seker reg en kan jy die patties op sit om te braai. Ek verkies om patties op die vuur te braai, gee vir my net 'n lekkerder smaak. Terwyl jy by die warm vuur sit en swoeg kan vroutjie gerus vir jou so nou en dan 'n lekker koue bier bring, siende dat jy juis nou vir haar tyd af gee en jy al die werk doen.
Patties reg, passop dat jy hulle nie droog braai nie, moet nog lekker sappig wees, dan kan die mense maar nader staan.
Elkeen bou sy eie burger, die ge-toaste brood [of buns as jy so verkies] met al die nodige goed staan reg en elkeen bou soos hy/sy daarvan hou.
Vir my botter op my toast, dan engelse mosterd, salaai blaar, tamatie, uie en dan 'n pattie.
Lekker eet en geniet! As jou vrou enige gevoel het sal sy aanbied om die skottelgoed te was aangesien jy al heel middag swoeg met die kosmakery. As jy 'n ware man is sal jy haar toelaat om ook haar klein beskeie deeltjie by te dra, so, soos 'n ware heer gaan sit lekker agteroor met die koppie koffie wat sy vir jou gemaak het en los haar maar om op te ruim en te was.
Wens jou self geluk, dit is nie elke man wat sy vrou so bederf en vir haar en jul gaste kos maak nie!
Freda................ NEEE!!…
Freda................ NEEE!!!!!!!!!!!!!!!!! As ek bereid was om van papier borde af te eet het ek mos nie nodig gehad om te trou nie, dan kon ek self skotelgoed "gewas" het!
Dankie Arie vir die lekker…
Dankie Arie vir die lekker Burgers, ek het nou lekker gesit en smul.
Voorie, dalk kan ons een…
Voorie, dalk kan ons een aand daar by Drie Berge so burger braai maak, dit is nou as Lolla dit naby my kamp sal waag?
Lolla loooove hamburgers. …
Lolla loooove hamburgers. Dit klink na 'n goeie plan.
Dankie vir die lekker burger…
Dankie vir die lekker burger idee Arie, ek gaan dit stap vir stap, ja elke stap, volg.
Dankie Arie, ek verkies jou …
Dankie Arie, ek verkies jou "ice coffee", dit was lekkerder as enige burger!
Dankie Leeu, kan nie eers…
Dankie Leeu, kan nie eers onthou dat julle al "Ice Coffe" by my gedrink het nie.
Ja al moet ek dit nou self se, my ice coffee is nogal 'n wenner, kry gereeld dat mense my kom vra om ice coffee vir hulle te maak.
Kry nou sommer self lus daarvoor, dink ek moet gou ry en die nodige gaan koop?
Juis 'n lekker WARM dag hier, maar die wind waai 'n hond uit n bos daar op die strand, dus alweer 'n dag om hier op die stoep te sit!
Sal maar weer so paar resepies plaas?
Sleep nou ja dit klink ook…
Sleep nou ja dit klink ook of dit viger lekker kan wees?
Burgers!!!
Mmmmm... Baie dankie oom Arie. Dis my gunsteling kos! Ek LOVE n lekker burger. C u soon... Kan nie wag om vir tannie Petra te ontmoed nie
Ek weet of dit iets is om na…
Ek weet of dit iets is om na uit te sien nie, sy is lekker beduiweld, veral as mens haar tannie noem!!
HOOR, HOOR!!!!!!!!…
HOOR, HOOR!!!!!!!!
Tot my kinders noem my nie eers oom nie!!
Skiesie...
Ek sal nie meer oom of tannie se nie. Dis n gewoonte... Eks n boeremeisie van Warmbad af.
Eks n boeremeisie van…
Eks n boeremeisie van Warmbad af.
'n oulike boeremeiseie van Warmbad af ....![]()
Voortrekkers se burgers Oujaarsaand
Net om bietjie pressure op die man te sit, hier is Arie se resep.
Lekker eet!






Burgers
Dankie, Arie, vir die deel van jou resep en Petra, vir die werkdeel daaraan verbonde. Dit kan net lekker wees met so groot tuisgemaakte pattie. Lekker sag en sappig, nie soos gekoopte patties wat soms soos 'n stuk leer voel nie.
Dit is 'n lekker gerieflike ete om te maak met die dat almal hul eie burgers kan bou. Gebruik volgende keer sommer papierborde (of geen borde), jy eet mos met die hand. Minder skottelgoed vir Petra.