Gedink die verhaal gaan soos in die verlede nie uitwerk nie...
SEGEKOK: sal maar weer moet braaivleis en pap eet as ons daar gaan kamp
LEN LOADER: Ja dit is jammer. Ek was een wat geglo het die nuwe bedeling is 'n verbetering omdat SanParke aanvanklik die restourante aan hopelose, onbekende instansies uitrgekontrakteer het met treurige hiëgene rekord. Bekende handelsmerk-restourante met bewese standaarde het geklink na die oplossing. Ongelukkig het sommige van Famous Brands se franchise-houers nie die mas opgekom nie en hulle personeelstakings was die begin van die einde. Daar is een klein, onafhanklike firma, Trivioli, met tot dusver 'n uitstekende reputasie wat van die kleiner restourante met groot sukses bedryf .
'n Mens sal maar moet sien wat vorentoe gaan gebeur.
Aan die ander kant, ons gebruik is om maar altyd ons eie etes voor te berei, maar so nou en dan was 'n milkshake en pie & gravy darem altyd 'n lekker afwisseling !
DASSIE:
JacquesR het geskryf:
Gedink die verhaal gaan soos in die verlede nie uitwerk nie...
Ja -nee JaquesR ek het ook my bedenkinge gehad oor die Franchise storie veral toe ek gehoor het dat van die vorige werknemers weer moes gaan vir "training " hulle ou streke het weer kop uit gesteek soos trae diens en meer belang gestel om met mekaar te staan en gesels pleks om die klieente te bedien .
DASSIE:
segekok het geskryf:
sal maar weer moet braaivleis en pap eet as ons daar gaan kamp
Segekok dis maar n harde lewe om te kamp moet jou eie kos maak en eet
SEGEKOK:
dassie het geskryf:
segekok het geskryf:sal maar weer moet braaivleis en pap eet as ons daar gaan kamp
Segekok dis maar n harde lewe om te kamp moet jou eie kos maak en eet
Ai om die vleis te braai is sulke harde werk. En die rook wat in my oë in waai dryf my na nog n bier, wat ook met moeite oopgemaak word en met n gesukkel gesluk worre.
VOORTREKKER: Klink vir my ook maar baie moeilik. Alles van die beste en sterkte.
HARRY DU RANDT: 'n Spur sal dalk beter vaar LOL
DUSTY: Vir my is dit lekkerder om my eie kos te maak wanneer ek kamp. Vir my is dit deel van kamp. Maak kos net wanneer ek wil en wat ek wil
Harry, jy moet die video van die bakleiery in Spur gaan kyk. Ek dink weer Spur gaan dalk 'n knou kry
FREDA: Die restaurante kan soveel geld maak as hulle net wil leer om lekker kos te bedien en goeie diens te lewer. Dit is eintlik 'n skande dat hul nie die geleentheid benut nie. Hul hoef nie eers voete te gaan soek nie, hulle is daar vir hulle. Ek kry altyd skaam vir die vele oorsese toeriste, wat meestal in die restaurante eet, en dan met swak standaard tevrede moet wees.
SEGEKOK:
Dusty het geskryf:
vir my is dit lekkerder om my eie kos te maak wanneer ek kamp. Vir my is dit deel van kamp. Maak kos net wanneer ek wil en wat ek wil
Harry, jy moet die video van die bakleiery in Spur gaan kyk. Ek dink weer Spur gaan dalk 'n knou kry
Ek weet nie so mooi oor die knou kry nie. Die Afrikaner mense kon nog nooit en het nog nooit saam gestaan nie. Met "Pay day" eet die helfte van mense wat nou so n lawaai maak oor Spur weer daar.
HARRY DU RANDT; As Spur kliente gaan verloor, gaan hulle net weer n paar "specials" aanbied en almal is weer terug wat gesê het, hulle eet nooit weer daar nie.
FRIKADEL: Ons het laasjaar Oktober in die Mugg and Bean ge-eet in Laer Sabie en myself beloof nooit weer nie...
Mag julle in vrede n natuurlike dood sterf. (die eetplekke natuurlik)
BATMAN: Dis nie te se dat as een franchisee (hierdie klink na 'n maatskappy as franchisee) nie die mas opkom, dat dit 'n slegte konsep is om franchise restaurante in KNP te he nie.
Die feit dat Famous Brands ook 'n probleem met die franchisee het, dui daarop dat hulle (die franchisees) dalk nie ernstig is om reels na te kom nie. 'n Franchise is 'n goeie besigheidsmodel, maar dan moet die franchisees besef hulle het hul eie besigheid, maar daar is ook reels daar geplaas deur die konsessiehouer. (in die geval Famous Brands)
Ek kom al 'n lang pad met franchises en het tot so 12 jr gelede ook 'n franchise ('n Wimpy) in die Famous Brands-stal gehad en besit tans my derde franchise met verskillende franchisehouers.
Soms het ek al gesien dat sekere franchisees met 'n paar winkels so groot en belangrik raak dat hulle die hond wil wees wat die stert swaai. Ek kan 'n paar voorbeelde (liefs nie nou nie) noem.
LEN LOADER: André (Batman), ek stem saam. In die omstandighede waar SanParke nou al oor jare gesukkel het om restourante met goeie standaarde by ruskampe geplaas te kry, het ek ook gedink die besigheidsmodel is ideaal, maar dit lyk nou of daar franchisees en franchise probleme met SanParke is.
BATMAN: Die berig in vanoggend se Rapport stel alles in perspektief. Die franchisee van al die winkels in KNP is 'n maatskappy. Die HUB (ene mnr Pat Malabela) was voorheen ook die eienaar van een of ander sokkerspan en het nie by Famous Brands se konsessiereels gehou nie en hulle het sy franchise opgese sodat hy nie verder onder die handelsmerke mag handel dryf nie. (Dis immers FB se intelektuele kapitaal). Hy wou toe die restaurante self verder bedryf, maar Sanparke was nie daarmee tevrede nie, omdat hul ooreenkoms met FB was dat die Famous Brands handelsmerke in KNP sal handel dryf.




