April 2025 saamgesels
Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.
- Read more about April 2025 saamgesels
- 146 comments
- Log in or register to post comments
- 2003 views
Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.
Wonder nou al 'n rukkie waarom die bendelede nie eenvoudig hulle vrae Google voordat die vraag hier geplaas word. Lê gisteraand innie bed en blaai deur die nuutste uitgawe van die Weg Ry & Sleep tydskrif toe ek die artikel deur Neels van Heerden raak blaai.
Lees ek nou van die ten volle elektriese bakkies wat Geely ter plaatse gaan bemark.
Die Li/Fe-battery se kapasiteit is 63kW.hr. Die enkel motor lewer 200kW en 384Nm maksimum.
Nou ja vriende, daar breek die derde maand aan. Paasnaweek is om die draai, eerste skoolvakansie van die jaar ook.
Almal maak sekerlik reg om so bietjie te gaan ontspan êrens.
Middag vriende, daar het die 2de maand van die jaar aangebreek. In Brits met erge hitte die afgelope week en min reën.
Ek troos my daaraan dat ons volgende week in DA-land is. Hopenlik kan die Kapenaars toutjies trek vir lekker koel weer terwyl ons daar is.
Ek het vanaand Jan Braai se wors gebraai. Baie lekker, maar ek dink effens vas gestop. Ek wonder wat dink die worskenner op Kleinmond van die wors! Maurits
So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.
Weet nie of dit buite die normaal is nie maar die laaste paar dae kry ek minstens 2 of 3 "snaakse" oproepe per dag wat almal duidelik pogings is om Oom Grootwind van sy paar pennies te help verlos.
Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.
Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.
Weet iemand wat het van Willie Willemien geword
Ek kyk waarskynlik té veel TV. En ek weet dat enige media is grootliks afhanklik van advertensies. En dit kos blykbaar baie geld om 'n advertensie vir TV te vervaardig.
Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.
So besluit ons om weer die karavaan roete te gaan en ek koop n ou Gypsey 4B teen n billike prys wetend daar is reperasies om te doen insluitende houtvrot
Ek is grootgemaak en geleer om met my hande te werk, so toe begin die taak om al die "sillicone" van die wa af te kry
Na aanleiding van n berig in Maroela Media vandag oor 'n boer van Zimbabwe wat meer as 2 000 km afgelê het om die wêreld bewus te maak van grondgrype in die suide van Afrika skryf ek hier oor my ondervinding van 'n geval in Zimbabwe.
Iets waaroor ek al baie gewonder het - praat nie van huisdiere se gewoontes en dressering nie.