Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -24 minutes ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -52 minutes ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Hoe werk dinge nou asseblief?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ek het 'n e-pos ontvang dat ek weer moet aansluit.  Nou is ek hier.  Maar ek weet nie eintlik wat nou aangaan nie.  Voortrekker, kan jy asb verduidelik?  Moet al die lede nou weer aansluit en begin alles van vooraf hier?  Moet ons nou nie meer op die ou Kampforum.co.za ingaan nie? 

Nou dat ek getik het, weet ek ook nie hoe om dit te pos nie.  Ek gaan nou maar op Save kliek en hoop dit werk?

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 03/04/2017 - 20:45

Freda ek dink die plan is om die (ander gedeelte te laat heen gaan in vrede. Daar is heelwat voordele hier en dit is ook baie maklik om fotos te laai. 

 

 

Maar ek is maar net n lid en weet nie regtig nie.

 

0

Hi Freda.  Met die afgelope naweek se spammers en dingen het ek besluit om die KampBlad (Drupal8) forum uit te toets en sign of dit 'n moontlike opsie kan wees om n beter alternatieve forum platform te wees.  

Die Sekuriteit hier is beter, elke lid moet aansoek doen en dit moet dan aanvaar word.

Daar is ook ander voordele, soos byvoorbeeld die foto plaas is direk, KampBlad en forum raak een en daarom kan artikels direk uit forum of in forum geplaas word. 

Hierdie is 'n bale nice platform en amper enigiets is moontlik, dit is nice net 'n forum nie.  Elke lid het ook byvoorbeeld sy eie blad op sy profiel wat basis eindeloos is, so jy kan jou eie persoonlike blad / profiel bou.

Hier is sover 'n paar tekortkome ook in vergelyking met die ander forum.  Sover kan ek nie 'n opsie sien om op een draad meer as een bladen te he nie, alles loop net af ondertoe!  Ek sal moet kok of dit verander moet word.   Lede /user profile kan niet op insette verspin nie, net die foto.  Via meer inligting moet die lid se profiel benader word.  Ek dink ook niet hier is tellertjies of lid titels nie.  Sal al hierdie dingen moet ondersoek want elke klein dingetje moet self ingeskryf word.   

Drupal8 is 'n amazing databasis platform en artikels en inhoud kan mooi vertoon, met oefening.  Die forum lyk baie goed op 'n selfoon en tablet.

Persoonlik dink ek ons moet skuif en ek glo almaar sal got aanpas en besef hierdie platform gaan baie meer aanbied.  

Ek moet nog al die drade oorbring sodat huidige lede tuis voel (ek doen elke inset fisies)  Ek het nog net Admin lede profile gegee en uitgenooi.  Wou die net voortgaan die en wou wag via ondersteuning.  Ek seen glad nie kans via dit wat Vrydagaand gebeur het niet, om tot 2am te sit en spammers afweer en sign hoe iets voor my oe nou - ek kon amper die slaap nie.

 

 

 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 03/04/2017 - 22:05

Anton weereens baie dankie vir ou harde werk.  Dit word regtig wardeer.  Verandering is nooit maklik nie en mense sat seker skop daarteen tot dat dit lekker raak.

 

Baie sterkte.  Ek het so n paar insete gelewer net om te toets en ek dink dit werk lekker.

Dankie ook vir die "Lede" tag.

 

0

Dankie Segekook.

Ek dink hy gaan mooi werk. Dit is anders ja, maar lede sal gou agterkom wat eintlik hier aangaan.   Die LEDE tag sal manually moet gedoen word, maar dis ok (-:

 

Ek sal more werk daaraan om drade klaar oor te plaas, soos hulle klaar is sal ek hulle dan sluit.  Ek sal ook dan deur al die lede gaan en via elkeen 'n profiel skep en epos stuur, al wat hulle moet is om 'n ouwe wanwoord in te sit.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 04/04/2017 - 08:01

Ai, Anton, baie dankie vir alles wat jy gedoen het.  Die kampforum het vir 'n tydjie geblyk om so 'n groot sukses te wees en dit moet vir jou baie teleurstellend wees om te sien hoe dit vou as gevolg van die dekselse spammers.   Jy het so baie werk en ure daar ingesit.

Ek gaan nou daardie forum van my sisteem afhaal en slegs die een gebruik.  Dan moet ons net gewoond raak aan hoe dinge hier werk en lyk en ek glo almal sal dit gou aanleer.  En ek hoop van harte die virusse en peste van buite sal nie hier toegang kry nie.

Ek wil graag 'n versoek rig tot almal wat by die kampforum aangesluit het, om nie toe te laat dat wat gebeur het, hul nou afsit om hier te her-registreer en deel te neem nie.  Kom ons ondersteun mekaar en veral vir Voortrekker hier.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 04/04/2017 - 09:45

Dit is net hierdie lyn wat vir my verwarrend is.

Dalk moet en net my Forum naam of dan my regte naam hier insit ?

 

0

Wilsur.  Dit is net 'n opsomming van jou inhoud.  elke inset moet 'n naam kry - laste insette verskyn heel links en jou "subject verskyn dan.

0

Ek het nou al twee keer probeer sê ek is ook nou weer hier, maar weet vervlaks nie hoe om die post te submit nie? Help asseblief? Op die ou einde gaan ek myself dalk oor-en-oor aankondig....of in stilte weer vertrek! Okay - nou sien ek jy moet "save", maar as jy preview, is daar geen opsie om dan te save nie?? Elke geval....hallo almal - bekend en onbekend!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 04/04/2017 - 17:09

JPJS, oftewel Johan, ek is bly jy is hier.  Dit lyk dalk bietjie ingewikkeld maar met bietjie oefen sal jy dit gou gewoond raak.

As jy 'n draad wil begin, kliek op Forum.  Dan verskyn die indeks met al die verskillende afdelings.   Links bo is 'n blokkie "Start a new topic" (of so iets).  Kliek op dit en gee jou topic 'n naam onder "Subject".  Kies onder watter afdeling jy dit wil plaas byvoorbeeld "Kampsake".  Tik dan jou comment en kliek op Save, dan gaan dit deur.

Links verskyn lysies van al die vorige drade, gelys as "Nuwe forum onderwerpe", "Aktiewe forum onderwerpe" en "Nuutste insetsels".   Daar kan jy op enige van die vorige drade kliek om dit oop te maak.  As jy op 'n draad kommentaar wil lewer, tik weer die oorspronklike "Subject" van die draad in die blokkie, tik jou kommentaar en save.

Jy kan ook op die Indeks bladsy sien in watter afdelings was daar onlangs kommentare.  Kliek net daarop.

Oefen net 'n bietjie, niemand gaan iets dink as ons eers foute maak nie, dit is nog 'n leerproses vir ons almal.

Rika, ek los maar nog eers die Preview en kyk eerder net my kommentaar deur voor ek dit pos, so ek kliek net op Save.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 04/04/2017 - 17:11

Ons sal die formaat gewoond raak, en saam met die forum groei.

Party mense, soos ek, is maar stadig met die tegnologie, maar as ek eers op spoed is, gaan julle my moet stop.

Toets die laai van fotos?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/04/2017 - 21:05

In reply to by Willem Brits

Willem, soos Anton verduidelik het moet elke opvolgende kommentaar net 'n kort opsommende onderwerp hê van wat jy wil sê, soos wat ek nou hierbo gemaak het.  Andersins kan jy die hoofopskrif van die draad net herhaal, maar in hierdie draad van Freda se geval, is haar opskrif te lank om elke keer volledig te herhaal.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 05/04/2017 - 07:00

Toe ek nou die oorspronklike naam onder subject wil intik, het dit vanself onder verskyn net nadat ek die H van Hoe getik het.  Toe kon ek net daarop kliek om dit te kies.

As jy die subject van 'n kommentaar iets anders maak as die oorspronklike naam van die draad, verskyn dit onder nuwe insette asof dit 'n nuwe draad is.   Jy het miskien al daardie hele draad gelees en as jy op die nuwe inset kliek, kom jy weer uit by iets wat jy al gelees het.

Ek glo dit gaan definitief die lysies van insette beter ge-organiseerd maak om dit so te doen, maar dit is net my gevoel en hoef nie noodwendig vir almal te werk nie. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 06/04/2017 - 10:38

hi ek is [hopelik] ook weer hier.

Ek het geskuif van Drie Berge na Manzi Maningi. Vir ons ou mense is dit 'n helse job, ons sleep mos ons hele huis agter ons aan! Drie dae om op te pak en twee dae om weer ons kamp reg te kry. Die dag na ons kamp mooi staan pak my yskas op, haal dit uit om te laat regmaak net om te hoor ek moet hom maar weggooi. 

Koop toe maar 'n nuwe KIC, maar moes baie veranderings aanbring om die dam ding te laat pas.

Alles werk weer en kan ons weer ietsie kouds nutig, toe ek nou gister klaar is, wil ek so bietjie op die forum rondsnuffel, maar sien toe alles het verander toe ek my dam rug draai - kan wragtag nie die kinders 'n minuut sonder toesig laat sonder dat hulle alles opneuk!

Nou ja hier is ek, sal nog so bietjie rondspeel om agter die kap van die byl te kom. Maar dit sal eers heelwat later wees, voorlopig stap ek eers kilo's deur die reservaat en gaan swem elke nou en dan, vrek warm hier!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus