HOE OM NUWE INHOUD, INSETTE EN FOTO'S TE PLAAS VIDEO
AANTEKEN / password reset?
Stuur asseblief 'n epos aan anton@kampforum.co.za as jy hulp benodig om aan te teken of om jou wagwoord te verander.
Die webblad se password reset funksie werk soos volg: Wanneer jy jou wagwoord vergeet het en probeer aanteken, verskyn daar 'n opsie vir " reset your password " - vul jou epos adres in en kliek " submit " - Hou jou epos dop vir 'n epos vannaf kampforum. Dit kan partymaal 'n rukkie neem om die epos te kry so wees asb geduldig. Hou ook jou junk / spam bokse dop vir die epos. Wanneer jy die epos kry sal daar 'n skakel wees vir 'n eenmalige aanteken. Kliek op die skakel in jou epos en jy sal aangeteken word onder jou kampforum profiel.
BELANGRIK! Navigeer so gou as moontlik na Jou Profiel deur regs bo te kliek op die My Profiel knoppie. Kliek dan op die " Edit " knoppie wat jou sal neem na jou profiel blad. Skryf jou nuwe wagwoord in altwee "password" blokke, beweeg af tot heelonder en kliek " Save ". Slegs nadat jy die nuwe wagwoord geskryf het en save gekliek het sal jou nuwe wagwoord geldig wees.
HOE WERK DIE WEBBLAD NAVIGASIE EN UITLEG?
Kampforum is 'n Forum, artikel publisiteits webwerf en ook 'n resensie webwerf waar kampeerplekke gelys word.
Kampeer inligting kan dus op 3 plekkie verkry word:
1. Onder die forum se Kampplekke afdeling asook ander kampverwante kategorieë onder Kamp en Praat
vir Algemene besprekings deur lede.
2. Onder die Kampeerplekke en Resensies afdeling
Kampeerplekke word hier gelys en bied 'n maklike resensie funksie.
3. Onder die Artikels afdeling.
Artikels van kampeerplekke wat deur kampforum reklame en bemarking gepubliseer word.
FORUMS: Die forum gedeelte is oop vir plasing en bespreking van enige onderwerpe. Forum Indekse kan onder die hoof Forum Indeks blad gekry word.
TUIS: Die Tuis blad bied 'n opsomming van alle nuwe forum onderwerpe, insette en aktiwieteite op kampforum.
VOORBLAD: Bied 'n oorsig van Inhoud op kampforum.
4X4: Is deel van die forum gedeelte, maar isoleer en vertoon die 4X4 forum inhoud en kategorieë op een blad.
Daar is ook verskeie blaaie wat gereeld inhoud van die forums neem en dit kategoriseer, soos byvoorbeeld DIY & WENKE , NATIONALE ATTRAKSIES en HOE KAMP JY
BESIGHEIDSGIDS - Kampforum is ook in die proses om 'n Gratis besigheidsgids op te bou. Enige kampverwante besigheid kan hier gelys word.
Navrae
Vir enige navrae asook navrae oor advertensies of artikels kontak asb vir anton@kampforum.co.za. Kliek ook asseblief hieronder op die Navrae en Visie en Reëls skakels vir meer inligitng.
Kontak my, Anton Louw gerus op whatsapp by (+27) 082 301 7096 indien jy enige vrae het of graag jou advertensie opsies wil bespreek.
Onthou om gereeld in jou "spam en junk" epos bokse te kyk vir moontlike eposse van kampforum.
- 1315 views