Baie welkom hier op ons lekker Kampforum Gideon & Elsabé. Hoop julle gaan lekker saam met ons kuier en gesels hier.
Willem, daai lyk nie vir my…
Willem, daai lyk nie vir my soos ouma en oupa nie?
Ek het hulle gesien aansluit gister en wonder toe wie is die 2 ou mense?
Welkom ouma en oupa, hoop om julle gou raak te kamp ![]()
Gideon & Elsabé
Hulle kom saam Kokoriba toe.
Ons kamp nou hierdie Desember 5 jaar saam by die selfde plek en 2018 is die eerste keer wat ons saam besluit het. Klomp ander plekke ook so onverwags saam gekamp.
Baie welkom oupa Giep en…
Baie welkom oupa Giep en ouma Elsabé, lekker saam kuier.
Huh, oom Wilsur het sy naam…
Huh, oom Wilsur het sy naam verander na wel, sy regte naam Oom Willem Brits ?. Dit voel nie reg nie. Al die jare oral oor die forums was legendaries Wilsur, nou gebeur sulke trieks. Aai tog.
Ja, ek wou ook al sê. …
Ja, ek wou ook al sê. Willem Brits, baie welkom op die forum. Ek hoop nie Surette voel nou "uitgelaat" nie. ![]()
My gedoerie waar, sien ek…
My gedoerie waar, sien ek ook nou daai ding.
Huh, oom Wilsur het sy naam verander na wel, sy regte naam Oom Willem Brits ?.
Ons ken hom mos as Wil. Sir, we saluut you Sir"
Ek het dit gedoen omrede…
Ek het dit gedoen omrede Surette ook hier op die Kampforum is.
Gees ek wonder nog so bietjie oor jou.
Hehehe, nou laat oom Willem…
Hehehe, nou laat oom Willem my worry ?!
LOL, weet oom Willem, ek het…
LOL, weet oom Willem, ek het oom een keer in lewende lywe gesien. Ek kan nou nie meer so mooi die tye onthou maar dink dit was dalk so 7 of agt jaar terug op die eiland. Het net ingekom en oom was besig om op te pak as ek reg onthou.
Wou nog gaan hallo se maar dinge het nie so uitgewerk nie. Oom Brian het ook daar gestaan met so n mooi Deetlefs karavaan. Wonder wat het van hom geword. Wou so graag na daai karavaan binne gaan kyk het, maar was te skaam om te vra.
Ek het nog kontak met Brian …
Ek het nog kontak met Brian & Carol op fb, Hulle het gekoop onder in die Kaap, din Swelendam iewers. Hulle kamp nie meer voltyds nie.
Bly julle nou in Potch ?
Nee nee, bly nog al die pad…
Nee nee, bly nog al die pad hier in Pietersburg. Ek dink oom verwar my met n ander gesie. ?
Hier is nogals vreeslik baie…
Hier is nogals vreeslik baie "Geeste" so mens kan hulle maklik met mekaar verwar, en dan lyk hulle nog almal omtrent dieselfde?






Ja, baie welkom julle twee. …
Ja, baie welkom julle twee. Ek wonder nou of julle twee 'n "eenheid" is.
Hier is baie oupas en oumas, gesels lekker saam met ons.