As jy al 'n bietjie rondgespeel het op kampforum se webwerf, sou jy seker al die KAMPPLEKKE kortpad knoppie gesien het. Hierdie funksie van kampforum se webwerf lys Kampplekke onafhanklik van die forum se kampplek afdeling waar lede tans kampplekke kan bespreek.
Die idee is om 'n data basis van alle bekende kampeerplekke in Suidelike Afrika te vertoon op ons webwerf. Die KAMPPLEKKE funksie kategoriseer hierdie kampeerplekke volgens provinsies en bied 'n standaard formaat waarin inligting vertoon word.
Dit is natuurlik 'n databasis wat met baie tyd en werk gebou moet word en is ook afhanklik van inligting wat ook deur oorde verskaf moet word.
Ons het onlangs 'n nuwe funksie bygevoeg waar lede nou hulle opinies en ervaring kan deel d.m.v 'n inset blok onderaan elke Kampplek se inligting blad. Sien dit as 'n Resensie funksie waar jy iets kan skryf oor die kampplek, maar onafhanklik van die forum. Hierdie insette sal dus glad nie op die forum afdeling vertoon nie.
HELP asseblief om die data basis te verbeter en akkuraat te maak. As jy enige inligitng sien of 'n kampeerplek wat verkeerd gelys is, laat weet ons asseblief. Nuwe oorde maak ook so vinnig oop en baie oorde maak toe - as jy dus weet van 'n nuwe oord wat oopgemaak het of een wat nie meer bestaan nie, laat weet ons asseblief!
Ons sal ook 'n prominente inset blok maak sodat enige nuwe insette wat wel op Kampplekke gelewer word sal vertoon.
Enige idees hoe om hierdie funksie moontlik te verbeter is welkom!
Hi Willem. Nee dit wat jy…
Hi Willem. Nee dit wat jy bo sien is vir Admin om standaard inligting te plaas oor die kampplek soos dit beskikbaar word. Jou persoonlike resensie word onder in die Add Comment blok geplaas net soos jy wil in enige formaat ![]()
Ek het gou gaan kyk en 'n google kaart bygevoeg.
Ek sien Almega het twee ? …
Ek sien Almega het twee ?
Ok, sien daar is twee vir Almega en dan Almega Karavaan Park onder Gauteng.





Anton, moet jy die boonste…
Anton, moet jy die boonste deel "copy / paste"
Ek sien Almega het twee ?
troeteldiere ? winkel ? warmwater swembad ? Restaurant / wegneem etes ? visvang ? permanent kamp ?aankoms: vertrek:
Fasiliteite & Attraksies
Fasiliteite:
Attraksies: