6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Secunda

Sleep nou

Mon, 07/12/2020 - 07:55

Kom julle neem deel aan die draad baie goeie idee  As ek Van Secunda ry na Phallas is die my roete Ek ry vanaf Secunda na Bethal dan Hendrina  as jy Hendrina inkom ry maar volgens die spoed die bokkers kryp weg vir jou ek draai net buite Hendrina lings klim op Arnot kragstasie pad ry hom tot hoofweg onder jou is draai regs klim op N 4 hou aan gaan lings ag en ry Belfast is nou hier is die pad baie sleg veral as jy uitgaan oppad Dullstroom oppad  dullstroom toe self hier en daar potholes vanaf dullstroom na Lydenburg nou ja so 20 km voot lydenburg begin pad met potholes tot binne Lydenburg binne die dorp is dit nag die trokke ry daai pad moe- toe uit Lydenburg tot Origstad hier en daar potholes , Origstad , Strudom tonnel tot Phallas mooi ook hier en daar paar pot holles

Worcester

Wildehont

Mon, 07/12/2020 - 15:28

Daar was padwerke op die R60 tussen Worcester en Robertson. Dit het Stop/Ry ingesluit wat nogal vertragings kon veroorsaak. Die deel tussen Worcester en Robertson is voltooi, en daar is vir lang ente teen opdraendes ‘n ekstra baan bygevoeg wat dit makliker en veiliger om verby vragmotors (en mense wat sleep) te kom. 

Die padwerke van Ashton na Montagu is steeds aan die gang. Die nuwe brug in Ashton is oop en die ou een afgebreek, maar die nuwe moet nog geteer word, en die paaie weerskante daarvan is nog in aanbou. Wanneer al die werk klaar is raak die roete meer aantreklik as die N2. 

Volgens Chris B is die N8 'n goeie opsie om van die Kimberley pad na die noorde, oor te beweeg na die N1. Dit is in goeie toestand, selfs vir wa sleep. 

Vanaf Kimberley, verder noord na Gauteng, is nie aan te bevele nie.

Groete

Middag vriende

My buurman het nou teruggekom uit die wildtuin uit. Hy het bo begin by Punda Maria, en uitgekom by Orpen. Volgens hom is die pad R525 voor Tshipise verby in baie goeie toestand. Hy het ook geen betogings en oproerigheid gekry nie.

Ongelukkig is betogings en oproerigheid totaal onvoorspelbaar. Daar was al by geleentheid betogings daar, maar ook maar voor die ander hekke.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 16/01/2021 - 12:43

.... vir vanjaar, is om ook 'n aand of drie by Thipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan. Ek het nog nooit gehoor van protes-aksie op daardie pad nie.

Ek moet natuurlik dadelik byvoeg - ás my wildtuinvakansie nog gaan realiseer. Ek is amper bang om op hierdie stadium enige verdere beplanning in my beoogde vakansie in te sit. Ek sal maar eers die Covid-situasie mooi bekyk voordat ek enige verdere besluite neem.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 16/01/2021 - 13:11

Toe ons nog in Zimbabwe gebly het, het ons altyd die Tshipise-pad gery Pafuri toe of terug vanaf Pafuri.  Was nog al die jare 'n baie goeie pad met geen oproerigheid nie.  Dis goeie nuus om te hoor dit is tans nog so ten spyte daarvan dat dit in 'n oogwink kan verander.

Worcester

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 16:23

Ons het in 2019 die roete gery in die teenoorgestelde rigting oppad Punda Maria toe. Dis nou die R81 en dan die R524. Op laasgenoemde was daar baie spoedwalle en spoedbeperkings. Andersins was daar nie fout nie. Ons wil 27 Julie van Punda na Pretoria ry, het iemand to onlangs die roete gebruik?

A

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 26/04/2021 - 14:46

Ek plaas dié oor hier onder "Pad en Roete Inligting"

Dit is hoe ek ry van Pta. af.  Daar is ook ander roetes wat jy kan ry.

.

.

Phalaborwa

Follow R71, R36 and R81 to N1/R71 - 2 h 44 min (235 km)

Head southeast on Combretum St toward Bosvlier St - 14 m

Make a U-turn at Bosvlier St - 1.1 km

Turn left onto Spekboom St - 180 m

Turn right onto Hendrik Van Eck St/Phalaborwa-Giyani/R71 - 56.2 km

CONTINUE TO FOLLOW PHALABORWA-GIYANI/R71

Turn right onto Gravelotte St/Phalaborwa-Giyani/R71 - 55.4 km

CONTINUE TO FOLLOW R71

Continue onto Wolkberg Dr - 500 m

Sharp right to merge onto R36/R71 - 35.7 km

CONTINUE TO FOLLOW R36

Continue onto R526/R81 - 71.0 km

CONTINUE TO FOLLOW R81

Turn left - 2.4 km

Use the middle lane to take the ramp onto N1/R71 - 12.8 km

.

Middag Willem

Kan jy asb die pad info op Shaun se draad--Opi-plaas skuif na die draad.

Dan is die pad gesprekke mooi bymekaar. 

Dankie by voorbaat

Môre vriende

Ek lees nounet wat Josef geplaas het op sy draad, oor die 2 plekke. As ek so kyk na google se karate, kan mens beswaarlik die plekke misry oppad Upington toe.

Ek kan nie glo dat die plaaslike polisie NIKS daaraan doen nie. As die situasie nie aangespreek word nie, gaan toerisme by Augrabies en Kalahari daaronder lei.

Ek gaan beslis nerens stop vie besigtiging of eet nie. Hopenlik is die boewe nie bedrywig by vulstasies nie. Die kwesbare punte is egter die verkeersligte, mens moet soms maar stop..  

Klink of mens polisie begeleiding benodig.

Môre Chris S

Jy gaan baie uiteenlopende menings hoor oor die keuse tussen die 3 paaie.

Kom ons kyk wat sê Chris B later, oor watter roete hy gety het, en hoe hy dit gevind het.

Ek was al teen Magoebaskloof af, met 'n Palma en gesin van 5. Tweede rat in Isuzu-petrol kon nie die gedoente in toom hou nie. Ek het remme gebrand tot poeier op woonwa, want inlooprem ontspan nooit nie.

Ek het al Georges valley teruggesleep, en hoewel nog nooit af nie, gaan ek Julie maand dit doen. My persepsie is dat dit minder steil as Magoebaskloof is, en daar is redelike ente reguit tussen opvolgende draaie. 

Ongelukkig moet mens erens die platorand afgaan, of dit hier is, by Abel Erasmus-pas, of Waterval Onder. Laasgenoemde is die maklikste en veiligste.

Worcester

Wildehont

Fri, 30/04/2021 - 08:11

want inlooprem ontspan nooit nie

Dis waarvoor ek bang is, want solank mens afdraende sleep en rem gaan die wa mos ook rem omdat dit teen die sleepvoertuig se haak druk? Passe het uit die aard van die saak ook draaie, en dit lei tot nog meer rem. Ek het Desember geskrik toe ek voel hoe warm die Kavango se hubs was onderaan die Piekenierskloofpas, en dis nie ‘n vreeslike lang pas nie. Is daar ‘n veilige manier om die spanning en wrywing op die wa se remme te verlig teen ‘n pas af?

Middag Chris S

Die ou Jurgense het 'n oorgooi stang gehad. As jy dit inhaak het die inlooprem nie ingestoot nie. Handig vir tru-stoot. Dit kan die probleem voorkom, MAAR gaan jy daai kans vat. Wetende teen so 'n lang steil pas afry, sonder die remme van die wa. 

Ek dink mens se sleepvoertuig gaan nie alleen die mas opkom nie. 

Worcester

Wildehont

Fri, 30/04/2021 - 13:51

teen so 'n lang steil pas afry, sonder die remme van die wa. 

Nee wat, dis te groot risiko. As die spulletjie met jou begin weghardloop is daar perde. 
 

Ek het jare gelede werk gedoen by ‘n myn langs Soweto toe ek een middag huis (Pretoria) toe ry teen die steil bult van Krugersdorp af Noord. Aan die onderkant van die bult waar mens kan draai Tarlton/Roodepoort toe stop ek by die verkeerslig en sien manne in ‘n kar links van my woes beduie vir die bestuurder van ‘n perd (vragmotor) met ‘n groot sleepwa links van hulle. Toe ek so entjie vorentoe ry om te sien wat aangaan is die voorwiel van die perd se remme aan die brand - letterlik. Die vlamme het sommer so tussen die wiele se speke uitgelek na bo. Die bestuurder het seker te veel op sy remme gery eerder as om sy uitlaatrem te gebruik.  Hy het vinnig uitgespring met ‘n brandblusser. 

Ons was Mei 2021 Kalahari toe en ek het hoofsaaklik die N14 gery. Vanaf Brits met N4 tot kort anderkant Rustenburg, afgedraai en oor Koster na Lichtenburg. 

Die N14 is in 'n goeie toestand, word instand gehou en ek het geen slaggate gevind nie. Dit is wel besig tussen Kuruman, Kathu en Upington. Veral die groot transport trokke wat Namibie toe gaan.

Die pad van Upington, Askham na Twee Rivieren is in 'n uitstekende toestand. Selfs skoon stilhouplekke met tafeltjies om bene te rek en iets te eet.  

Die 2 vrot kolle is Vryburg en Kuruman hoofstrate---roof en plunder is die hoof tydkorting daar. 

Worcester

Wildehont

Tue, 22/03/2022 - 13:47

Nav die bespreking oor die R43 op oom Len se wildtuin gesprekslyn gee ek insette daaroor eerder hier sodat ons nie sy gesprekslyn verder vertroebel nie. Hy gaan nie die betrokke roete gebruik nie. 
 

Ek kan verstaan dat Mnr Boucher nie van die deel tussen Stettyn kelder en die onderkant van die kort pas hou nie. Alhoewel die provinsiale owerheid taamlik onlangs aan die pad gewerk het, is daar nog so paar hobbels op die stuk. Dis egter nie meer so erg soos voorheen nie. Ons het die pad al drie keer heen en weer gesleep. Een keer begin 2020 Vloedbos toe en twee keer verlede jaar (Maart en September) Onrus toe. Dit het definitief verbeter elke keer soos die padwerke voltooi raak en ons sleep dit weer Paasnaweek Onrus toe. 
 

Dis glad nie vir my so erg nie, en ek kan dit aanbeveel. Ek verkies dit bo die ander twee roetes N2 toe. Oor Bonnievale het ek wel lanklaas gery en nog nooit gesleep nie, maar dit voel vir my lank. Die R60 is al beter sedert die pad deur Ashton verbeter is en daar teen opdraendes tussen Worcester en Robertson verbygaan lane gebou is. Die deel tussen Ashton en Swellendam het net baie opdraendes en draaie en is plek-plek al bietjie uitgetrap deur vragmotors. Dis ook definitief die besigste roete van die drie en ek dink dit het meer risiko vir ongelukke. Ek sal enige van die drie roetes ry van Worcester af, maar vir Hermanus/Onrus/Kleinmond is die R43 my eerste keuse. 

Ek is bly om te hoor dat die pad tussen Worcester en Villiersdorp verbeter is want dit was nie lekker om op daardie pad n karavaan te sleep nie. Wildehond, hoe ry jy dan van Villiersdorp Onrusrivier toe?

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 22/03/2022 - 14:38

Die R43 is maar my gewone roete wat ek ook gewoonlik ry om by die N1 aan te sluit - maar ek pes dit om daardie stukkie, wat Chris WH hierbo beskryf, te sleep. Ek het net een keer die Stellenbosch/tonnel-opsie gebruik met ons toer na die noorde. Dit bring mee dat my eerste skof tot Karoo Nas Park langer as 500 km is - 'n "no-no" vir my. Daarom dat ek by Goudini Spa oorgestaan het. Maar laasgenoemde is nie vir my nie - ten spyte dat ek oor die algemeen baie lief is vir ATKV oorde. Sedertdien trotseer ek maar weer die R43.

Chris WH sleep 'n Kavango wat sulke paaie sekerlik beter hanteer. Ek voel maar net jammer vir my "ou lady" (ala Len) om sulke paaie te ry. Sy hou al 29 jaar en het nog 'n lang "pad" om te gaan. Ek ry juis vandag oor 3 weke weet die R43 op pad Karoo toe.

Worcester

Wildehont

Tue, 22/03/2022 - 15:04

hoe ry jy dan van Villiersdorp Onrusrivier toe?

Mens bly net op die R43. Om dit te doen draai mens links net na Villiersdorp, dan regs op die N2 by die T-aansluiting en daarna links by Botrivier en weer links by die T-aansluiting. Daarna is dit nie ver Onrusrivier toe nie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus