Ek gaan nie toelaat dat gras onder my voete groei nie al het ek nie meer 'n Exclusive om mee te kamp nie. Julle gaan dus nog met my opgeskeep sit, maar verdra my tog maar.
Gegewe my gesondheidstoestand en die feit dat ek nou 'n alleenloper is, het ek op aandrang van my kinders 'n elektroniese instrument wat ek aan my arm dra wat gekoppel is aan 'n 24/7 nood-sentrum om onmiddellik bystand te verleen as ek iets oorkom. Die enigste vereiste is daar moet 'n selfoonsein beskikbaar wees. Ek kan net die noodknoppie druk (as ek kan) en dan praat die nood-sentrum direk met my. Ek kan enige plek in SA wees dan sien die sentrum die GPS-koördinate presies waar ek is en stuur dadelik 'n ER24 ambulans na my. Terselfdertyd sien die operateur al my detail en mediese geskiedenis op sy/haar skerm en bring die inligting oor aan die ambulans personeel. As ek geval het of in 'n ongeluk was en nie kan praat nie, stuur my instrument 'n sein outomaties af na die nood-sentrum. Ek moet nog vasstel hoe die nood-sentrum tewerk sal gaan as toegang tot die plek waar ek is, beperk is, soos in die Kruger Wildtuin. Jammer vir hierdie lang relaas, maar julle sal later sien hoekom dit nodig is om dit te verduidelik.
Ek is bespreek om vir 10 dae vanaf 14 Junie 2027 by Skukuza in die Kruger Wildtuin te wees. Ek het ook 'n vlug vanaf Kaapstad tot op Nelspruit bespreek waar ek 'n voertuig sal huur vir die volgende 10 dae en dan ingaan by Malelane-hek.
Ek sal in Skukuza wees een maand voor my 80ste verjaarsdag en het besef dat ek nie meer maklik die 2000km tot in die Wildtuin en weer 2000km terug per motor sal kan aflê nie. Vliegtuig vlieg is dus die aangewese reismetode om in die Wildtuin te kom.
In Skukuza is ek bespreek in een van die nuwe, opgeknapte rondawels. Kyk gerus in die ondergemelde skakel hoe dit binne-in lyk. Ek sal my wat verbeel om in so 'n luukse affêre in die Wildtuin tuis te gaan.





Len...
....BAIE goed vir jou!!! Jou ou rakker, hoekom nie!!!
Jy gaan dit nie dalk oorweeg om 'n toegeruste 4x4 met daktent op Nelspruit lughawe te huur nie?? Ek vermoed die huurgeld, plus kampeerplek se koste, is dalk duurder as luukse rondawel en kleine Jimny.
Sien jy nog kans vir leertjie klim na 'n daktent???