Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Krokodilbrug KNP

Algemene Inligting

Resensies

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 12/11/2018 - 20:53

....'n wonderlike kampie in die suid-ooste van die Kruger Wildtuin.  Dit dien ook as 'n ingangshek via Komatipoort.  Dis feitelik 'n uitgemaakte saak dat jy tussen Krokodilbrug en Ondersabie die Groot 5 sal sien.  Die enigste nadeel is jy kan die suikerriet lande vanaf die kamp sien en die nagtelike geblaf van plaashonde oorkant die Krokodilrivier is lastig.  Ons jaarlikse besoek aan die Kruger Wildtuin sluit altyd 'n besoek aan hierdie oulike kamp in.

So lyk die staanplekke - ons vriende se twee BushLapas :-

.

Ons voorkeur staanplekkie :-

.

Nog 'n foto van die kampterrein :-

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Geen fasiliteite

Middag vriende

Stem saam met Len hierbo, 'n uiters lekker kampie. Gerieflik by die ingang oppad dieper in. Staanplekke is netjies ge-ordend uitgelê, met kragpunte gerieflik naby. Op die oog af, is skadu redelik volop.

Vulstasie en winkel by die kampie. Die plaasgeluide is minder steurend as die suikermeule se gedreun by Malelane.

Sal beslis weer hier kom kamp, al is dit net vir 1 nag oppad in of uit.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
Junie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Grond
Winkel?
Ja
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5