6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Geert - Ballito

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel

Worcester

Wildehont

Tue, 27/01/2026 - 07:59

Toe ek laas daar was in 2018 kon ek nie glo hoe die Noordkus ontwikkel het nie. Die foto’s bewys egter dat mens steeds natuurskoon kan geniet daar ten spyte van die uitbreiding wat plaasgevind het. Ek is nie lief vir die humiditeit in daardie geweste nie, maar die warm water en sub-tropiese plantegroei is lieflik. Geniet julle kuier. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/01/2026 - 08:08

Geert, indien julle per voertuig af is, watter pad het jy gery??

die R614 oor Wenen of

alpad N3 en toe op met N2

Laasgenoemde is seker maar die beter opsie met 'n woonwa??

Pretoria

Geert

Tue, 27/01/2026 - 09:47

As ons afry, neem ons altyd N3...N2. Ek het al gevra oor daai alternatiewe roetes en mense het dit afgeraai met karavaan....wou dit al ry om padwerke tussen PMB en Durban te vermy en miskien ander dele van land te sien. 

Ons het afgevlieg....met deesdae se vlieg pryse is dit baie goedkoper as kar afry. Laas het ons kar gehuur, maar is ry basies niks nie omdat woonstel langs Checkers Foods is, 120m stap na hoof swemstrand. Uber vra R180 vanaf lughawe tot voor woonstel. As ons mall toe sou wou gaan, vra Uber R38. Ek wou nou due dag iets koop by Mica in mall....uber het te lank gevat om op te daag....het toe sommer n Quantum taxi geneem....R12

Met SAL gevlieg.....ou Quatar A320

Irene

Grootwind

Tue, 27/01/2026 - 09:52

Ek kan nie namens Geert antwoord nie maar sou dink die N3/N2 opsie bly die beter ene. Selfde pad wat ons altyd ry Scottburgh toe behalwe dat ons Suid draai op die N2 ipv Noord. Selfs die "permanente" padwerke tussen Pmb en Durban maak vordering, laas Julie was dele daarvan reeds voltooi en die res wat duidelik oppad na voltooing is. Enigste ding is dat dit beter is om op 'n Sondag op die N3 te ry, hetsy Oos of Wes. Aansienlik minder vragmotors dan.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 28/01/2026 - 07:08

Geert, as jy wil praat van warm, moet jy nou by die huis wees. Dis baie warm en droog tans hierbo

Pretoria

Geert

Thu, 29/01/2026 - 07:12

Eintlik snaaks as dit wind sou wees, want Dolphin is oorkant die pad....links op foto. Wind pla nie daar nie omdat hul lekker beskut is teen wind. Van die 12x wat ons daar gekampeer het, het ons nog nooit nodig gehad om enige stormnette, penne en dergliks te gebruik nie. Laas Saterdag het wind lekker hard gewaai...ek het toe n draai gaan loop deur karavaan park...basies niks wind gevoel nie

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 29/01/2026 - 07:34

om te verjaar! Wens vir jou 'n heerlike dag en alles van die beste vir die jaar wat voorlê. Dankie vir die bederf met al die mooi foto's van julle pragtige uitsig by Ballito. Ek hoop dat daar vir jou ook 'n lekker uitstappie wag op hierdie dag.

Vroegoggend was hier geen internet nie. Dankie tog dit is terug!

Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/01/2026 - 07:50

...dalk is daai boom dan "gegel" Trompie smeer dit ook aan sy kuif, wat so staan sonder wind.laugh

Veels geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop dat jy die dag sal geniet, jouself sal bederf, en 'n gesonde voorspoedige nuwe jaar sal beleef.

 

 

Pretoria

Geert

Thu, 29/01/2026 - 08:04

Dankie julle, waardeer. Reeds vanoggend bederf met n mooi son opkoms.  Kan nie mooi op foto sien nie, maar see het so n rooi gloed gehad

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus