Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -57 minutes ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago

Welkom Leeu!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Welkom by Kampforum Leeu.

Ek hoop jy gaan lekker saam gesels!

Pretoria

leeu

Tue, 18/04/2017 - 07:27

Goeie môre Anton, ek was lank lid van die wegsleep forum en sal gereeld monitor hier. Ek hou ook daarvan om met my 10 x 42 Swarovski, na die lugruim te kyk. Ek hou ook van fotografie, en het jare lank trou foto's geneem. Ek is egter nie meer besig met dit nie, en sal gereeld fotos neem met die selfoon.

Ons kamp gereeld en geniet die natuurskoon.

Groete

Nico

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 18/04/2017 - 07:31

Goeie more Nico.  Dis lekker om nog 'n "ou" forum lid hier te he.

Daai Swarovski klink na n juweel van n verkyker.

Ek hoop julle kamp nog? Jy moet asb met ons so paar stories met fototjies kom deel.

0
Pretoria

leeu

Tue, 18/04/2017 - 08:04

Dankie Anton en Frans, sal so maak. Ons kamp die einde van die maand, en sal so paar foto's neem en hier plaas.

Ek is op die oomblik besig om 'n aluminium kas te bou met die connect it blokkies, werk amper soos 'n Lego stel. Ek wil dit graag agter op my wa se dakrakkie vassit vir die grond seile en kragdrade en tentpenne. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 18/04/2017 - 08:09

Leeu. Ek stel self ook baie belang in die connect it blokkies om 'n basis agter in my paneel wa te bou. Sal graag wil sien wat jy bou en wat die opsies en kostes is.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 08:35

Baie welkom op die forum.  Dit lyk of jy sommer baie belangstellings het waarmee jy ons kan besig hou en meer van vertel.   Geniet die nuwe forum.

0
Pretoria

leeu

Tue, 18/04/2017 - 17:43

Hallo Johan, ek is jammer, het vandag so besig geraak en nie by die forum uitgekom nie. Dit is UV resitant blokkies, om "welding" uit te sny, hier is die link: http://www.maizey.co.za/…

 

Hallo Freda, baie dankie, die kwotasies was te hoog om so 'n kas te bou, toe besluit ek om maar self te bou, kon nog goedkoper gegaan het, maar het besluit om die panele te laat sny en buig, lyk altyd beter en mooier afgewerk. Ek is nog besig met die box en sal foto's plaas hier.

Alu box with connect it

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus