Moet sê, ek hou van die "new look" forum👍
Sien dit nou
Johann terwyl ek oplyn nou is sien ek dit ook raak puik welgedaan Voortrekker lank lewe ons forum![]()
Nuwe Forum blad voorkoms.
Het dit gesien, maar gewag om te sien wie merk dit op.
Dankie Voorie ✔👍👏 soos Shaun sê ...
Lank lewe ons forum
![]()
Dankie julle. Ek is bly as…
Dankie julle.
Ek is bly as julle daarvan hou. Ek speel nou al 'n geruime tydjie met die idee om dit bietjie te verander en nuwe kleur by te voeg, asook moontlik bietjie meer ergonomies te maak. ![]()
Ek kan seker in die HAT ook…
Ek kan seker in die HAT ook gaan kyk, maar wat beteken die woord "ergonomies"? Maar "stupid" - ekke.
Ergonomiese voorblad
Môre Chris
Het jy al gaan kyk in die HAT? Ek het nie ene by die werk nie.
Wil net noem aangaande ergonomika;
ek sit steeds in my stoel, moet steeds die muis met regterhand rondstoot, afstand na skerm is steeds op dieselfde bifokale afstand van my gesig.
Op my ouderdom het ek 'n broertjie dood aan enige onnodige ergonomiese of kosmetiese veranderinge. Sulke dinge gaan bloot by my verby.
Ek word wel goed bedonnerd as banke hulle webblaaie sommer net verander en mens moet jou blaker afsukkel om net weer by jou inligting te kom. As iets werk, moet nie daaraan karring nie.
Seker maar tiperend van my ouderdom.
Groete
Ergonomie is de…
Ergonomie is de wetenschappelijke studie van de mens in relatie tot zijn omgeving. Dit kan een product, ruimte of werkplek zijn. Ergonomie zit vervat in ons dagelijks leven, maar is vooral bekend in arbeidssituaties. Het is afgeleid van de Griekse woorden ‘ergon’ (werk) en ‘nomos’ (wet) en moet ervoor zorgen dat de veiligheid en gezondheid van de werknemers verzekerd wordt. Bij het ontwerpen van consumentengoederen en interieurs speelt vooral comfort en het doeltreffend functioneren een rol.
Ergonomie
Die HAT gee net een woord as beskrywing by "ergonomie" naamlik "biotegnologie". Kyk ek laasgenoemde op, word die volgende verduideliking gegee: "Afdeling van die tegnologie wat biologiese en ingenieursdata toepas op probleme i.v.m. die mens by die masjien.
Ek bly maar steeds te onnosel om selfs hierdie beskrywing te verstaan.
Chris, Ergonomieka is maar…
Chris, Ergonomieka is maar eenvoudig die ontwerp / uitleg / proses vloei van instrumente of kontroles wat die mens se fisiese interaksie verlang om sodoende meer doeltreffend te wees. Bv die ontwerp en uitleg van 'n motorvoertuig se kajuit word so gebou sodat dit veilig en doeltreffend gebruik kan word. - Dit kan enigiets wees van die afstand tussen mens en kontroles, die afstand tussen kontroles wat saam of na mekaar gebruik word asook die fisies ontwerp en vorm van kontroles om dit gemaklik te maak om te gebruik.
Is dit hoekom ons supermark…
Is dit hoekom ons supermark so elke paar maande die winkelrakke verander ? Net sodra die uitleg gememoriseer is, dan verander dit. Gevolg, loop weer en soek vir n ding. Dalk is dit ook soos Voorie noem, makliker, veiliger en hopelik vinniger. Dit is nou by die supermark natuurlik.
makliker, veiliger en…
makliker, veiliger en hopelik vinniger.
Nee ek twyfel?
Moontlik om jou meer geld te laat spandeer ![]()
Anton ...
... dankie vir die verduideliking van 'n term wat ek persoonlik nie geken het nie, maar darem nou so 'n bietjie meer verstaan.
Laat my onwillekeurig dink aan Nataniël wat op 'n keer genoem het wat sy ouma vir hom gesê het: "My kind, ouma verstaan niks van wat jy doen nie. Maar dit is vir ouma mooi. Hou so aan."
Ek voel nou.......
Ergonomie : Ek voel nou sommer baie goed want voor Voorie se verduideliking het ek darem iets geweet wat van my geleerde vriende hier op Kampforum nie geweet het nie.
Dis lekker om die week met hierdie goeie gevoel af te sluit.
Terwyl (ek aanvaar) Voorie Google geraadpleeg het om vir ons 'n Nederlandse verduideliking te gee, het ek in my Oxford Dictionary gaan kyk :
"Ergonomics is the study of work and its environment and conditions in order to achieve maximum efficiency"
Nou daar het julle dit. …
Nou daar het julle dit. Dankie Len
Ek wil graag hé dat julle meer doeltreffend is.
Kleur verandering
Miskien is dit net ek maar die een kleur maak dit nie makliker nie ?
Dit is hoe dit was ?
Die nuwe ?
Ek hou van die blou, al is…
Ek hou van die blou, al is ek nid 'n blou bul nie👍
Ek het eintlik die blou…
Ek het eintlik die blou ingesit want die blou lyntjies wat afwissel met wit spasies verteenwoordig WP
Nope, verseker Blou Bul Blou…
Nope, verseker Blou Bul Blou die. Die forum is sommer baie vinniger vanoggend![]()





Dankie Voortrekker, dit lyk…
Dankie Voortrekker, dit lyk goed!