(Voor ek begin, ek weet 'n mens spel "geyser" in Afrikaans "geiser", maar dit voel nie vir my lekker nie !)
As jy dalk by Cash Converters of iewers anders rondloop, wees tog asseblief op die uitkyk vir my vir 'n gebruikte ALVA draagbare kamp gas-geyser. Gumtree het twee opgelewer, maar beide was ongelukkig reeds verkoop.
Ek loop met 'n plan rond om my Exchusive se gebrek aan 'n gas-geyser te oorbrug.
Ek dink....
Ek dink ek het nog 'n moontlike probleem opgespoor :
Ek het mos 'n kraantjie by die elektriese geyser se uitlaat geïnstalleer om te keer dat hierdie geyser (as daar nie krag is nie) se koue water nie in die warmwaterlyn ingepomp word nie. In my toets het ek vergeet om hierdie kraan toe te draai en gevolglik het die pomp foutiewelik ook water in hierdie lyn gepomp waar die Bundu moes kompeteer om ook water na die oop kraan gepomp te kry. Die warmwaterlyn vanaf die elektriese geyser (waarvan ek vergeet het om die kraan toe te draai) loop in 'n reguit lyn terwyl die Bundu se warmwater by hierdie lyn van die kant af met 'n T-stuk aansluit. Die Bundu se warmwater kon dus nie vrylik na die oop kraan vloei nie.
Dalk het dit ook 'n bydrae gelewer dat te warm water by die "Click-Fix" versamel het en nie verby kon vloei nie en daarom het dit gebars.
Dankie Herman....
Dankie Herman, my ervaring met gas-geysers in ablusies is presies soos jy beduie. Die probleem is egter die warm en koue krane in die karavaan is nie afsonderlik nie, dit is mixers wat die proses iewat bemoeilik. Maar ek hou dit ook ingedagte.





Verstaan Len. Kan jy nie die…
Verstaan Len. Kan jy nie die vloei, en so die temperatuur, met die kraan binne reguleer nie. Ek het hier n gasgeiser waneer solar te koud is. Daar draai ek die warmwater kraan oop tot die temperatuur reg is vir stort sonder om koud by te sit. Te koue water, draai dan bietjie toe.