Soos ek op 'n ander gesprek genoem het, en sleg voel omdat ek so gekaap het daar, begin ek die gesprekslyn om, hopelik, dinge beter te kan verstaan.
Ek weet mense kyk na kw en Newton meter, en ook na rat verhoudings ens. as dit kom by veral sleep vermoë, maar ek het std 10 deur die venster af gekyk.
Verstaan nie die dinge so lekker nie, ek soek net altyd 'n > 300nm sleep voertuig, maar lees altyd van al die ander goed, wat is al die verhoudings en wat is die doel van dit als?
Help asb hierdie probleem kind.
Kurwes ontbreek
Ek gee op, ek kry nie die grafiek gelaai nie. Dit is in pdf en dit is blykbaar verbode. Ek weet nie hoe om dit gestoor te kry as 'nJPG file nie.
Grompie se kurwes
Middag Johann en belangstellendes
Ek het die grafiek nou afgeneem en hopenlik kry ek dit nou gelaai, soos 'n foto.
Middag Wessel, dankie, dit…
Middag Wessel, dankie, dit maak meer sin.
My onderwyser (skoonpa) wat my geleer sleep het in 1970's het gesê "Jy sleep nooit in topgear nie", dus daarom dat ek 5de in my kar se geval vermy. Ek weet nie eers waar my kar se kurwes lê nie, behalwe natuurlik die mooi gladde voorkoms
Ek is wel bewus dat die diesel enjin onder 3000 rpm is.
Wanneer ek wel in drive sleep, op lang "gelyke" paaie, kan dit my krap as daar steiltes kom en die kar begin "hunt".
Soek vir ‘n rat
as daar steiltes kom en die kar begin "hunt"
Dit moet vermy word. As ek in overdrive sleep op ‘n afdraende skakel ek dit af nog voor die opdraende begin sodat die ratkas terug skakel na 4de toe.
Territory ST ...
Wessel, kan jy vir my kyk na die ST se kurwes, net dalk kan my platkop ook beter sinmaak om beter brandstof verbruik te kry 🙏🙏.



Dit is info wat ek het.

Power (kW at rpm) 245 @5250
Torque (Nm at rpm) 480 @ 2000
Gear Ratios:
1st 4.17: 1
2nd 2.34: 1
3rd 1.52: 1
4th 1.14: 1
5th 0.87: 1
6th 0.69: 1
Reverse 3.40: 1
Final Drive 3.45: 1
Julle maak my deurmekaar
Eintlik wil ek nie hier lees nie, want alles klink vir hierdie meganies/tegnies-gestremde onverstaanbaar.
Ek het nou gou my Hilux se "Owner's Manual" gaan uithaal en begin soek na inligting wat gewoonlik by my verbygaan. Ek het oor die jare met 'n paar verskillende turbo-diesel modelle gesleep - o.a. 'n Ford 2.5TD, 'n Mazda 2.5 TD. 'n Colt 2.8, 2 x 3.0 Hilux'e en nou my tweede 2.8 Hilux. Almal was uitstekende sleepvoertuie. Ek het nie met enigeen van genoemde rygoed meer krag of wringkrag gesoek nie. Almal van hulle, sommige meer as ander, het my karavaan tussen die Boland en die wildtuin gesleep. Die Ford, Mazda, Colt en eerste 3.0 Hilux was almal handrat voertuie. Die tweede 3.0 was my eerste auto (ook my enigste 4x4) en die twee 2.8's ook beide auto, waarvan die eerste een nog die 4-spoed ratkas en die huidige die 6-spoed.
As ek in die handboek kyk, lyk dit of my huidige voertuig se wringkrag 500Nm @ 1600 - 2800 rpm is. Op gelyk paaie (en ook minder gelyk, maar darem nie bergpasse nie), stel ek my "speed control" op 97 kpu (speedometre) oftewel 90 kpu volgens GPS-spoed. Ek sit die Hilux in "Drive" (Power Mode) en laat dit aan die bakkie oor om te besluit in watter rat hy wil sleep. En nooit sak my revolusies onder 1600 nie (eintlik 1800 rpm). M.a.w. ek maak die afleiding dat ek vir alle praktiese doeleindes teen maksimum wringkrag sleep.
Meeste van die sleepwerk geskied in 5de rat. Dit is uiters selde, slegs teen 'n afdraand, wat dit somtyds oorskakel na 6de rat - maar blitsig rat die auto ratkas weer af om my spoed van 90 kpu te behou. En die teen geringste bult rat die auto af na 4de rat - en 'n bietjie steiler na 3de rat.
Dit voel vir my ek hoef nie te dink nie - die auto ratkas dink vir my. Gevolglik sleep ek rustig, geniet my reis terdeë en sit amper agteroor. My brandstofverbruik oor die jare sê vir my (as ek na ander ouens luister) is as't ware uitstekend. Verlede jaar het ek tussen Beaufort-Wes en Phalaborwa al die pad gesleep en my brandstofverbruik was 9,31 km/liter (fisies uitgewerk - nie die Hilux se rekenaar nie). Met die terugkeer het ek vanaf Naboomspruit tot by die huis weereens al die pad gesleep en my brandstogverbruik was 9,34 km/liter. En seker 90%+ van genoemde sleepafstande was met die "speed control" op 90 kpu gestel.
Dalk word ek nog verkeerd bewys (wat uiteraard tot my bittere spyt sal wees), maar genoemde manier van sleep het nog altyd vir my gewerk. Toe ek baie jare gelede begin inskryf het op Caravan & Outdoor Life, was daar gereeld "waarskuwings" om nie vinniger as 90 kpu te sleep nie - ter wille van jou eie veiligheid en ook vir beter brandstofverbruik. Ek klou nou nog vas aan hierdie (dalk outydse) aanbeveling. Die reis is deel van my vakansie - selfs in die tye toe ek nog gebonde was aan skoolvakansies (en my seun in sy tienerjare die horries wou kry omdat sy pa so stadig ry). Ek slaap minstens 4 keer oor tussen die Boland en die wildtuin. Daardie tyd was dit enkel-nag oorslape. Deesdae is tyd my eie - daarom bly ek sommer eers (soos verlede jaar) 'n week oor in Karoo Nas Park, twee enkel-nagte by Gariep en Aldam onderskeidelik en weer 'n week by Klein-Kariba. En o ja, nog 'n enkel-nag by Phalaborwa Safari Park.
As ek egter sien teen watter spoed sleepkombinasies my soms van agter verbykom, besef ek keer op keer dat baie karavaanslepers het 'n klaarblyklike warm klip in die hol.
Territory kurwes
Middag Willem
Jis my maat, daai is darem 'n torque kurwe bruin] om van te droom in boonste grafiek. die ST se torque bly amper konstant tussen 2000 en 45oo rpm.
Optimale brandstof gaan wees aan onderkant van die omwentelinge strek, omdat kilowatt laer is daar.
Grafiek 2 [middel] wys snelheid in elke rat as funksie van rpm op x-as. Om binne die optimale wringkrag te bly, en nie spoedkaartjies te kry nie, sal ek aanraai as volg;
rat revs spoed
rpm km/hr
6 2000 ~110
4 3000 ~ 100
4 ~3250 ~110
Mens hoef geen somme te maak nie, al die info is ingewerk om die snelheid per rat teen omwentelinge soos in middel grafiek daar te stel.
Met so 'n torque kurwe is bestuurstyl maklik, bly onder die snelheidsperk en hou rpm met ratkeuse bo 2000rpm. Jou kar is so sterk dat jy selfs platpad gemaklik in 6de teen 90km/hr [~1800rpm] sal kan sleep, met die 450Nm op daardie omwentelinge.
Hoop dit help, anders probeer ek weer advies gee.
Chris B se sleep resep
Naand Chris B
Jy is gladnie deurmekaar nie. Jou bakkie sleep optimaal tussen genoemde omwentelinge. Jou spoedkeuse en die spoedbeheer hou met die ratte die revolusies daar om jou snelheid van 90 GPS te hou.
Ek vermoed dit is net te stadig om in 6de rat wel bo die 1600 rpm te kom, daarom sleep jy meestal in 5de rat.
Die groot verskil tussen ons bakkies is, is dat jou omwentelinge tot 2800 rpm nog optimaal [500Nm] is. Grompie se wringkrag is dan al aan die afneem, terwyl die enjin naby maksimum kilowatt werk.
Hoe weet jy in watter rat jy sleep? As ek myne in drive sit, wissel die ratte maar dit wys nie op paneelbord die spesifieke rat nie. Ek tel maar die aantal afratte om te weet waar ek is.
Territory kurwes ...
Dankie Wessel, ja ek het al die jare Hartenbos toe (orals heen) gesleep met die GPS gestel op 100km/u en net deur die plat vlaktes (Karoo) soms opgegaan na 120km/u toe.
Na die ratkas en turbo hou ek die maar vas op 100km/u GPS spoed wat op die ST se spoed meter nou ook op die selfde is na ek laas een stel op gegaan het met die bande van 235/55 na 235/60.
So ek glo ek sleep met die regte krag. Al wat ek doen is as ek sien daar is 'n bult voor skakel ek oor na "S" en sit hom dan in 5de net om die toere effe voor die tyd op te lig.
Territory ratkeuse
Naand Willem
Wat 'n groot voordeel by die Territories is, is die plat wringkrag kurwe oor 'n wye rpm strek. Jy kan dus heerlik afrat en jou spoed behou, al gaan die rpm op, want jou enjin uitset bly omtrent dieselfde EN jy wen boonop met die sterker rat.
Afgaan na 5de rat teen 100km/hr is net genoeg om rpm te lig tot bo 2000rpm, en dis waar jy wil wees.
Grompie se probleem is die smal rpm band, want rat jy af en hou snelheid dieselfde, skuif mens aan bokant uit die torque band. Ek moet afrat en rpm's verminder om maksimum wringkrag verhoging te kry.
Hierdie onderwerp is al…
Hierdie onderwerp is al dikwels bespreek...en sal seker ook weer in die toekoms! Wat sleep aanbetref is die belangrike parameter die enjin se draaimoment (Nm) en nie krag (kW) nie. Dan ook dinge soos hoe vinnig die maks Nm bereik word, hoe lank dit daar bly (tipies sou mens 'n plat kurwe wou sien, hoe platter hoe beter. In die algemeen is draaimoment teen lae omwentelinge die sterk punt van diesels, maar dan moet mens dit ook kwalifiseer...klein diesels bv die 2l enjins is geneig om maks Nm oor 'n klein bereik te lewer (dus bly die Nm kurwe nie lank plat by maks nie). VW het met sy Amarok die probleem oorbrug deur goeie ratverhoudings en dan ook meer ratte (tipies 8). Ford se nuwe 2l Rangers volg ook die resep maar met 'n 10 spoed ratkas. Die ding rondom hoogste rat vir sleep of nie het eintlik min met die omwentelinge en Nm in hoogste rat te doen, wel werk die ratkas baie harder in daai rat (en in party gevalle "hunt" die ook dan tussen ratte - moenie te veel vertroue in die ratkas se rekenaar plaas nie!). My Territory se handboek was baie spesifiek dat mens slegs in Sport Mode moet sleep (in die geval het dit die ratkas verhoed om in hoogste rat te gaan, my Jeep Cherokee 2.8 was ook so. Die Ranger se handboek beveel dit ook aan ... maar laat wel toe dat dit af en toe na 6de toe skakel, maar dit gebeur byna nooit ni - wat die mode wel dan doen is om langer in 'n rat te bly voor dit oorskakel wat oorverhitting help verminder asook die "hunt" verskynsel uitskakel. Die "rule of thumb" is om as hoogste rat tydens sleep die ene te gebruik wat naaste aan 'n 1:1 verhouding is, dit beskerm daai sg. "overdrive" ratte..
Territory ST versus Hilux 2.8
Naand Willem, Chris B en ander Hilux eienaars
Ek het gou Willem se ratverhoudings in my spreitabel gepomp om sy ST te vergelyk met byvoorbeeld 'n Hilux 2.8 outomaties. Die wringkrag per rat bereken vanaf teksboek maksimum enjin Nm-krag lyk so;
Rat Territory Hilux
Nm 480 500
1 6906 7036
2 3875 4085
3 2517 2908
4 1888 1955
5 1441 1343
6 1143 1134
Willem, jy gaan net so lekker sleep met 'n 2.8 Hilux, veral as dit nou al 550Nm gee. Al wat gaan ontbreek is die spoed, maar jou brandstof uitgawe gaan halveer![]()
Wessel jy sè skuif na 'n 2n8 Hilux ...
Deur die skuif te maak gaan ek teen daai spoed van 5,5 km/L op skuif na 9km/L 👍
Dit klink goed, maar wat gaan dit my maandelikd kos aan 'n premie vir so voertuig ? Want ek kan met daai premie baie rondry ?
So dan gaan ek maar vir nou net bly waar ek is. 🤷♂️
Beskerm die ratte?
Môre Grootwind
Nou moet jy asb verder klasgee. In jou inset is daar 2 waarskuwings of dan "verboten" aksies;
1] baie duidelik moet mens "hunt" voorkom, soos Chris S ook van getuig. Deesdae kan mens dit doen op 2 maniere, deur "power" of "sport" mode te kies, wat die ratskakeling effe vertraag. OF dan selektief die snelratte heeltemal te vermy.
2] Dink jy dat deesdae mens nog die "thumb rule" slaafs moet gebruik, nie sleep in snelratte nie. Byvoorbeeld my trokkie se verhoudings is as volg
4de----1.0
5de----0.687
6de----0.58
As ek so kyk, moet ek dus eintlik gladnie eers daarin sleep nie, selfs nie eers op gelykpad nie?
My duimreel werk so; sleep op platpad in trokkie se keuse , of handrat, MAAR moet nooit hard laat werk in snelratte nie. Dit beteken steiltes, en selfs sterk kopwind, gaan terug 4de rat toe.
Ek het met my handrat Isuzu 260 petrol tot my Palma vir 13 jaar so gesleep, en nooit 'n rat gebreek nie.
Chris B: Hermanus toe en terug het Grompie nie "gehunt" tussen die ratte in "Power" mode nie. Dus, bied die keuse daai beskerming. Ek het wel agtergekom dat baie gou teen 'n steilte, die kas terugskakel tot in 4de. Ek het egter 'n punt gemaak om in passe soos tussen Oudshoorn en George, tussen Hermanus en Worcester, Hexriviervallei op, sommer dadelik Sport-mode [4 rat] te skakel. Ek het tussen Hartenbos en Swellendam op die N2 ook so gery. Dan is snelratte nie in gebruik nie.
Ek sal Grompie maar so bietjie "nurse", dit moet hou tot ek langbome toe sleep.
Rat soek lei tot oorverhitting
baie duidelik moet mens "hunt" voorkom
Sover ek weet is dit waarom mens overdrive moet afskakel as die ratkas begin heen en weer skakel om die toepaslike rat te kry - dit voorkom oorverhitting van die ratkas.
Ek dink julle moet ‘n eksperiment doen en tussen twee hervullings met brandstof in niks hoër as 4de rat sleep nie. Ek glo julle sal vind dat die brandstofverbruik nie swakker sal wees as wanneer jy op plat gedeeltes of afdraende in overdrive sleep nie. Jou kombinasie sal ook nie neig om weg te hardloop nie. Hou net jou spoed tussen 90 en 95.
Al wat ek kan opspoor op…
Al wat ek kan opspoor op google is die volgende:
Torque343 Nm @ 1750-3500 rpm.
Weet nie waar / hoe om die rat verhoudings te soek nie.
Johann, jy moet kamp en…
Johann, jy moet kamp en rustig wees. Vergeet nou van hierdie....![]()
Wildehont is reg wat…
Wildehont is reg wat oorverhitting aanbetref as die ratkas begin "hunt" - oor die algemeen baie nadelig vir die ratkas se lewensverwagting! Ander punt is basies die rotasie ekwivalent van meganiese hefboomkrag (basies wat die ratte vir die enjin gee). Laer ratte gee teen enige Nm uitset meer op die wiele as wat die enjin op daai oomblik produseer (maar teen 'n laer snelheid), daarom trek mens weg in 1ste (die voertuig moet aan die beweeg kom), soos die snelheid vermeerder en die ratkas na hoër ratte oorskakel is die Nm by die wiele dan ook minder - goeie analogie is soos om 'n voertuig van stilstand af te probeer stoot wat heelwat inspanning verg maar daarna is minder nodig om dit aan die beweeg te hou. Die sg. "overdrive" ratte is ontwerp om teen minimale inspanning (Nm) die voertuig aan die beweeg te hou (en sodoende brandstof te spaar). Daarom dan is die spesifieke ratte as sulks ook nie so sterk gemaak (ontwerp) as die laer ratte nie (party mense verwys na groot of klein ratte). Haak nou egter jou karavaan met die hele huishouding ingelaai aan en die prentjie verander drasties. Nie net moet die voertuig se enjin/ratkas kombinasie nou die ekstra massa aan die beweeg kry en hou nie maar moet ook aspekte soos rolweerstand en lug weerstand oorkom. En daai arme "klein" rat moet dit nou ook hanteer....hierdie is sekerlik 'n ingewikkelde onderwerp maar ek dink my verduideliking sal help? Wat gelyk pad sleep aanbetref is dit sekerlik debateerbaar of die "overdrive" ratte behoort te hanteer, party mense reken ja, ander nee. Wat my aanbetref is dit net bietjie brandstof (dalk?) wat mens spaar, maar dis ten (moontlike) koste van 'n ratkas wat faal. Kwessie van "penny wise but pound foolish"?).
Johann....
.....jy het eintlik niks meer info nodig nie. Al wat jy moet doen, is
1] om jou omwentelinge tussen 1750 en 3500 te hou deur ratkeuse en snelheid
2] Dan moet jy self besluit of jy jou snelratte [overdrive] wil gebruik, en wanneer.





Hilux 2.4 GD6
Middag Johann
Omdat jy so mooi gevra het, sit ek my trokkie se grafieke hier.
die boonste rooi lyn is die kiloWatt by die verskillende omwentelinge. Die onderste donker lyn is die wringkrag. Nou is dit duidelik dat ek tussen 1600 en 2200 rpm die volle 400Nm het.
Bokant 2200rpm begin die enjin al hoe minder wringkrag gee. Gelukkig val dit nie so vinnig weg as die kilowatts nie.
Na my mening is die ideale/optimale sleep kondisie om maksimum wringkrag te gebruik. Dit is wat die enjin bied, en dan enjin wringkrag meer te maak deur laer ratte te skakel. Dit het die effek dat mens jou snelheid moet verminder as mens na laer ratte gaan.
Anders gestel, dit help nie mens gaan na 'n laer rat, en behou jou snelheid, wat beteken jy ry teen meer rpm's nie. Sodra jou Rpm bo die maksimum gaan, in Grompie se geval 2200rpm, lewer die masjien minder wringkrag.
Die ander faktor is die kilowatt lyn. Myne val sommer sleg af by 3500rpm. Ek is onder die indruk dat dit ongesond is om konstant 'n diesel by maksimum krag te ry. Ek het dus besluit om onder normale omstandighede myself te beperk tot ongeveer 2800rpm.
Soos jy kan sien, alles maak mooi sin, MITS mens die grafieke vir jou voertuig het, asook al sy ratverhoudings. Al wat ratverhouding sê, is met wat se faktor vermeerder die rat, die voertuig se enjin wringkrag in daardie rat.
Omdat snelheid en wringkrag op die aandryfwiele omgekeerd in verband is, het voertuie deesdae 'n klomp snelratte. In Grompie se geval die 5de en 6de rat is daar vir spoed, maar nie wringkrag nie. Snelratte vir ons wat nie jaag nie, is daar om rustig teen laer rpm's te ry, en petrol te spaar.
Deesdae kry mens in die Rangers en Amaroks, ratkaste met tot 10 ratte vorentoe. Grootwind sal seker kan vertel hoeveel daarvan snelratte is.
In die ou dae het die ervare slepers geglo, mens sleep nie in die snelratte nie, omdat dit nie die kragte kan hanteer nie. So is ek ook ge-indoktroneer vanaf 1995.
Dit wil voorkom of deesdae se tegnologie, ratkaste en slim beheerstelsels wat self ratskakeling doen die mite op die bek geslaan het. Dit is waarom Chris B seg--sleep in drive, power mode, spoedbeheer op plat pad, en sit agteroor en geniet die rit.