Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Kat aan die knaters beet.
Enigiets is beter as bokkerol. Neef weet net mooi bokkerol wat in data sentrums en enigiets wat in die cyberspace aangaan. Net vandag toe ek my Vodacom rekening nagaan, is dit KI wat my help, en eerlikwaar baie vinnig en meer ingelig as die era van " please wait for the next available operator"
So as die sentrums werk sonder mense, met krag en water, outonoom, dan is die bouwerk en infrastruktuur benodig genoeg motivering. Daar sal minstens onderhouds-spanne wees wat dit voordurend monitor. Of hoe?
Wie het onlangs die vordering van die ongelooflike brug wat deur Concor gebou word by Lusikisiki gesien. Ons is nie heeltemal terug in die donker eeue nie. Dit sal nog uitwerk hier, eendag...





Groot teenstrydigheid
Sailun bande word tans ingevoer van oorsee, Chinese produk.
Volgens internet oorweeg hulle om aanleg in Koega [Port Elizabeth] te open. Tog is Continental juis daar besig om toe te maak.
Wat mis ek ??? Dieselfde redes wat Continental aanvoer om aanleg te sluit, gaan mos enige nuwe aanleg ook negatief raak. Of gee Continental pad omdat hulle nie gaan/kan kompeteer met Chinese pryse nie??
Ek wonder skielik, gaan 'n plaaslike Chinese aanleg/maatskappy hier ook geweldig deur China gesubsidieer word. Die vraag is dus, gaan hulle hier, steeds bande soveel goedkoper kan vervaardig.