Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -15 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -44 minutes ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Dibiki

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ons het vroeg gistermiddag hier by Dibiki arriveer. Dit is 'n klein karavaanpark met minder as 30 staanplekke. Die park is vol met bykans uitsluitlik langstaners.

Dit wat ek gelees het van Dibiki op Kampforum sowel as CPC se resensies, is absoluut korrek. Dit is 'n uiters netjies versorgde oord. Skadu is skaars, maar die gras tussen die geplaveide staanplekke word behoorlik gemanikuur. Die ablusiegeriewe is puik.

Ek kan beswaarlik hulle tarief glo. Vir ons 7 nagte hier betaal ons slegs R180 per nag - goedkoop vir die kwaliteit geriewe wat ons hier geniet. Maar jy kan jouself blykbaar gelukkig ag om 'n staanplek hier te kry.

Jy is egter nie by die see nie. Dit is so 10 minute se loop tot by die Hartenbosriviermond. Ons moes 'n bietjie proviand gaan aanvul in Hartenbos nadat ons opgeslaan het. Ons het toe gou na die kampeerterreine gaan kyk. Die een langs die saal en die een waar Len en Willem gewoonlik staan is die enigstes wat oop is - en redelik vol. Die wind het gister gewaai, maar die wind by Dibiki was nie 'n "patch" versus hoe dit in Hartenbos gewaai het nie.

Maar ek wil dadelik sê dat hier by Dibiki nie naastenby die atmosfeer is wat jy by die ATKV Oord beleef nie. Ek wou egter Dibiki beproef en is geensins spyt daaroor nie.

Ons gaan nou-nou sommer na Mosselbaai Punt ry om 'n draairoomys te gaan eet. Ralie is oor Die Punt soos 'n klein klonkie oor 'n winkelstoep. As ons in die omgewing kuier moet sy eenvoudig minstens een keer by Die Punt gaan draai.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/11/2022 - 10:55

Middag Chris B

Ek wil net bevestig, is dit R180 per persoon per aand, of is dit vir julle twee saam R180/aand. 

Sou jy sê dit is veilig om strand toe te stap van daar af. 

As die weer sleg is, ry sommer en gaan kyk na Glentana oord, asook Dwarswegstrand. Ek het donkiejare laas in Glentana gekamp, en mens is agter 'n beboude sandduin uit die wind uit.

Dwarswegstrand is op die see, en ek dink die wind kan mens roer.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 08/11/2022 - 11:03

Ek kan beswaarlik hulle tarief glo. Vir ons 7 nagte hier betaal ons slegs R180 per nag - goedkoop vir die kwaliteit geriewe wat ons hier geniet. Maar jy kan jouself blykbaar gelukkig ag om 'n staanplek hier te kry.

Baie goedkoop, maar ek het ook al voorheen gesukkel om plek te kry. Was nog nooit gelukkig nie.

 Ons gaan nou-nou sommer na Mosselbaai Punt ry om 'n draairoomys te gaan eet. Ralie is oor Die Punt soos 'n klein klonkie oor 'n winkelstoep. As ons in die omgewing kuier moet sy eenvoudig minstens een keer by Die Punt gaan draai.

 As ons in daai omgewing is, gaan ons tenminste elke 2de dag Punt toe vir 'n heerlike roomys.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/11/2022 - 12:19

Ek glo hulle tarief in Desember gaan seker ses keer soveel wees en jy gaan nog minder waarskynlik plek kry. Daardie stap strand toe sit my af. Met ons kinders wil ek op die see wees, soos by Dwarswegstrand. As een op die strand honger of dors raak of badkamer toe wil gaan of terug wa toe is dit net met die trappe op. Dieselfde geld as ek my dors wil les met ‘n Duitse bruisdrankie. 
 

Maar julle het niks wat julle jaag nie. Geniet dit!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/11/2022 - 12:36

R180 per nag vir beide van ons. Dit kos my R1260 vir die 7 nagte.

Alhoewel ons nog nie by Dwarswegstrand gekamp het nie, het ons wel (net nadat "lockdown" opgehef is) vir 2 nagte in een van hulle strandwoonstelle oorgebly. Die akkommodasie was niks om oor huistoe te skryf nie.

Ons het 'n paar jaar gelede vir 10 aande by Glentana gekamp en was heel ingenome met die plek.

Die langkampers hier reken dit is veilig om strand toe te stap. Die "remote" wat jy ontvang sluit ook die voetgangerhek na die strand oop. Blykbaar stap jy al langs die spoorlyn (selfs oor die Hartenbosrivier).

Die name vir die verskillende fasiliteire is te ougat. Die mans se badkamer word aangedui met "Staanibiki". Die vrouens s'n is "Sitibiki". Die skottelgoed- en klerewasplek word "Wasibiki" genoem. Die ontspanningsarea is "Ontspanibiki". Die kroeg is "Drinkibiki".

En die roomys by Die Punt was knap.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/11/2022 - 13:09

..... in 3de foto, eerste regs, is darem netjies opgeslaan. Dit lyk of dit elke oggend met 'n strykyster op "army standaard" gebring word.

Netjiese plek, maar ek wil darem die see sien, maar nie die wind nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 09/11/2022 - 07:15

Dis n gewilde oord met n rede as jou verblyf koedkoop is en oord netjies sal mense oor en oor soentoe gaan geniet hom Chris

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/11/2022 - 13:04

In die laat 80's/vroeë 90's het ons by vier geleenthede oor die Kerstyd by Riverside, Kleinbrakrivier gekamp. Ons kyk met nostalgie terug na daardie gesinsvakansies. Die eerste drie keer was nog met ons heel eerste tent en die laaste keer was ons eerste vakansie met ons eerste karavaan.

Riverside is geleë op die oewer van die Kleinbrakrivier - 'n paar kilometer stroomop. Jy moes maar ry om by die strand te kom. Maar ons het merendeels onsself langs die rivier en om die oord se swembad geniet. Ek het na ons eerste vakansie by Riverside 'n dakrakbootjie met 'n 2 perdekrag enjin gekoop. Met die bootjie op die dakrak (van my destydse Cressida), sleepwa agteraan (en die laaste keer 'n karavaan) het ons seker soos 'n trek op pad Transkei toe gelyk.

Gistermiddag het ek en Ralie gou daar gaan inloer. Die fasiliteite was steeds net so netjies soos 30 jaar gelede. 

Riverside

Riverside

 Riverside

Die omgewing is op die stadium ongelukkig baie droog. Die park se staanplekke kan nie uit die rivier besproei word nie omdat die water 'n hoë soutinhoud het.

Die ablusiegeriewe was destyds puik - en is nog steeds.

Riverside

Ons het menige dag met die bootjie vanaf die oord tot by Kleinbrak-strand gevaar en later weer terug. Lekker ou dae gewees.

Riverside

Riverside

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/11/2022 - 13:35

Hello Chris B

So kruip daar orals juwele uit. Hulle het sowaar 'n webblad ook. 

As mens nie op die see wil wees nie, lyk dit na 'n ideale plek. Sekerlik goedkoper as Dwarswegstrand.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 09/11/2022 - 14:46

Ek kuier eerder in die Suid Kaap as op die Natalse kus.

Self hou ook nie van KZN kus nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 09/11/2022 - 15:17

Dit moes vrek lekker gewees het! Dit lyk na ‘n netjiese oord, maar met my ouderdom kinders veels te ver van die see af. Hier is oorgenoeg oorde hier in ons vallei waar mens langs die rivier en/of by ‘n swembad kan uitspan. As ons gaan ry kus toe wil ek op die see wees. Dwarswegstrand het juis vandag die aansoekvorm gestuur vir Desember 2023. Besprekings maak 1 Desember oop en Salomien het gesê sy wil nêrens anders heen gaan in Desember nie. Happy wife - happy life, so ek sal maar weer aansoek doen. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/11/2022 - 13:21

.... maar hier roer die oostewind ons vandag. En ek staan met my "bek" reg in die wind. Die Hilux staan maar voor die stoeptent geparkeer om van die wind af te skerm. En kyk ek na YR. no., lyk dit my ons gaan nog die wind moet trotseer tot na middernag. Gelukkig gebruik ek 'n mini-Weber om vanaand se varktjoppie te braai. Met 'n Smokey Joe braai jy onder enige omstandighede - reën of wind.

Ek wonder hoe erg die wind by die ATKV Oord in Hartenbos is? Hier is ons darem nog 'n bietjie afgeskerm.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/11/2022 - 13:48

Ons slaan uiters selde ons voltent op - selfs wanneer ons lank kamp (soos 2 - 3 maande by Eiland Spa). Maar 'n stoeptent kan maar baie probleme in sterk wind gee. Ek het gevind dat stormbande nie vir my 'n oplossing is nie.

Ek het toe "pouches" op die stoeptent se dak laat aanstik sodat die middel nokpaal, tussen die karavaan en middelpaal (voor) deur 'n "pouch" gaan. Dit verhoed dat die dak kan oplig. Daar is ook "pouches" aangebring tussen die middelpaal (voor) en die hoekpale - waardeur pale geplaas word om stewigheid aan die voorkant van die dak te verskaf. 

Dan het ek ook ekstra regop pale aangeskaf wat tussen die middel- en hoekpale aangebring word. Regoor die plek waar die ekstra pale geplaas word, is lussies aan die voorkant van die dak aangebring sodat ek daar ook toue kan aanbring om die stoeptent stewiger af te trek grond toe.

Ek hoop die aanhegde foto's kan bogenoemde beskrywing 'n bietjie beter verduidelik.

Hier kan die paal gesien word wat tussen die middel- en hoekpaal deur die aangebringde "pouches" gaan - met die ekstra regoppaal tussen die middel- en hoekpaal.

Dibiki

Van voor af gesien - die twee ekstra regop pale met toue om dit stewig te anker. In die agtergrond kan die addisionele regop stutpaal ook gesien word wat ekstra stewigheid verleen aan die paal tussen die hoekpaal en die karavaan.

Dibiki

Ek gebruik glad nie meer stormbande nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus