Forums
Ek het op fb gesien mense het gevra vir klein wasmasjien, gas stoof en oond en 'n potta potjie.
Toe sit en myne wat rond staan op.

'n Dame van Krugersdorp het hom die week kom haal vir R 1,500.
Die wasmaskien se geld is oorbetaal en hulle sal dat die vervoer ouens hom kom haal.

Mense gaan die naweek kom kyk na die Porta.

Nou moet ek die ander goed wat rondstaan skoon maak (stof) en opsit.
Trailer Wurm …
Ek het hierdie vanoggend gesien. Weet nie wat dit kos nie maar lyk goed ?

Willem TrailerWurm
Hulle het onlangs uitgestal by Weesgerus. Dis tegtig n baie nice produk. Daar is 2x lengtes....prys R150 tot R250
Trailer Wurm …
Dankie Geert 👍🏻 en dit kos nie 'n nuwe karabaan se prys nie.
Ek dink ook dit is nogals nice.





Môre Willem, dit is goed dat…
Môre Willem, dit is goed dat jy dit hier ook begin doen, ek het glad nie face boek nie.
Met ons kamp by Klipdraai onlangs, het ons Thetford porta potti se pyppie wat binne die sit kant is, los gekom. Ek kon net by Outdoor Warehouse met so een soos op jou foto, regkom. My vrou was baie ongelukkig want dit was baie laag ( die 10L een).
Takealot het toe vir my 'n Thetford 21L gehad wat ek dadelik bestel het, presies wat ons gehad het.
Ek is tans op soek na daai chemicals wat deur die groot plekke gebruik word wat so lekker reuk af gee, Thetford sin is goed, maar ruik na niks.