Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -31 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -1 hour ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

Voertuiglisensie

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Pajero en Penta lisensie verval einde Januarie.

Jy kan lisensie net in die provinsie waar voertuig geregistreer is hernu, dus ry ek maar laasweek Pretoria toe om die lisensies te hernu.

Eerste twee poskantore het nie drukker ink nie, dus kan my nie help nie. Derde poskantoor, Gesina Stad is alles reg en ek gaan staan in laaaaang tou. Toe dit my beurt is het ek blykbaar die verouderde vorm ingevul, snaaks die dokument het ek laasjaar by die poskantoor gekry, het sommer 'n ekstra een geneem vir die jaar, net kopiee gemaak. Die vorm se bo-aan 2011 en nog so klomp ander syfers en goet. Die dame reken hulle het nie vorms nie ek moet dit op internet aflaai?Ek moet ook bewys van adres gee.

Tuis gaan ek toe op die internet en kry die vorm, 2005!!!!!!! Print toe maar twee en sien ek kan sommer daar kyk wat is die koste van 'n nuwe lisensie, sorg dat ek die regte bedrae by my het vorms voltooi en bewys van adres - nou is ek reg! 

Vanoggend 5.45 vm ry ek toe weer Pta toe, gaan sorg dat ek voor in die ry is as poskantoor oopmaak. 7.30 vm stop ek voor Mayville mall, .......... poskantoor maak woensdae eers 8.30 vm oop. Gaan sit toe maar soos 'n boemelaar plat op my bas voor die deur. Hier van so net voor 8 begin die ry langs my opvul, ek is bly ek is vroeg! 8.30 gaan die deure oop, maar die lisensie toonbank is nog toe, so amper 9 uur kom 'n blanke dame en skuif papiere rond, maak laaie oop en toe, kyk glad nie vir my wat voor haar staan nie. Na nog 10 minute vra sy of sy my kan help. Kyk na my twee hopies papiere mooi netjies bymekaar met alles mooi vsgesteek met "paper clips" Trek die bewys van adres af en gee terug "Ons het dit nie nodig nie, net Vodacom wat dit soek"??? Ek bly maar stil en glimlag mooi.  Vertel my toe wat ek skuld, R183.20 meer asd wat die internet se.

Ek vra toe hoekom verskil dit van die internet, word vertel die op die internet is net geskatte koste. Vra toe nou hoekom nie die presiese bedrag nie - nee dit is glo baie ingewikeld en hulle kan dit nie op die net plaas nie??? Vra ek nou hoe weet sy wat moet ek betaal, nee die masjien se vir haar en die masjien doen die berekenings. Ek vra toe "surely" betaal 'n ou wie se voertuig dieselfde gewig is as myne die selfde as ek. "Nee mnr elke persoon s'n verskil"?????

Ek los dit toe maar so. Gelukig het altwee my voertuie nou weer op datum skyfies op, kan nou weer vir 'n jaar ontspan.

Met die petrol koste van twee keer Pta toe en terug, kos my lisensies my nou so R700 meer as die werklike koste.

Maar gou 'n lekker morsige ontbyt gaan eet en hier is ek weer terug by die kamp.
 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 16/01/2019 - 20:20

Stephan - Q no more werk net in jou eie provinsie, ek het hulle probeer wil nie in 'n ander provinsie werk nie.

Willem ek ken nie daai plek nie, onthou ek is al in 1994 weg uit Pretoria uit!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 17/01/2019 - 12:03

Ek hernu my lisensies baie naby die kantoor. Selde dat daar iemand voor my in die tou is. Ek gaan gewoonlik so 09:00. Baie vriendelike diens

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/01/2019 - 12:13

..................hier by ons in die Kaap gaan jy na een van die baie munisipale kantore en kry jou voertuiglisensies in 'n jap-trap.  Ek kry ook my hernuwingsvorm in die pos, afgelewer by my huis  -  dus geen vorms ingevullery nie  (Ek pos gewoonlik briewe by die poskantoor en gaan haal my pos by die posbus uit).

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/01/2019 - 12:37

Middag Len

Dankie dat jy die skreiende kontras van diens aan publiek so oopvlek.

Dalk moet ander provinsies voor stemdag kennis neem.

Groete

Wessel 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 27/10/2026 - 16:09

Natis se aanlyndiens maak dit vandag maklik om 'n voertuig (ligte voertuig) se lisensie te hernu. Ek lees wel nou in die nuus hoe provinsies se tariewe verskil - iets waarvan ek nooit eers bewus was nie. Die Noord Westers baat die meeste en die arme Gautengers moet maar betaal. Net een voorbeeld: 'n voertuig in die 1 751kg - 2000kg klas - NW R762 teenoor Gauteng se R1 104. Met diė verskil word 'n pensionaris beroof van 1 nag se kampering in die Kruger wildtun per jaar! Seker nie die ergste indien mens een voertuig het nie, maar wat van 'n vloot?

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus