Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -2 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -2 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -3 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -5 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Tentdakbeskerming

Durbanville
Submitted by Bosveld on
Forums

Wat is die beste tentdakbeskermingsmateriaal om dit te beskerm teen son, windslytasie, boomgom, vlêrmuisbraaksel, voëlmis en nog baie meer, m.a.w, of jy permanente of gewone kamper is jou tentdak kry die swaarste en wat is die beste tentdak beskermer? ñ Penta, Regal of Swing dak is +/-7x6m vervang hom met goeie materiaal en dit kos jou maklik R20k!

Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/11/2022 - 06:06

Môre vriende

Ek sal graag wil lees wat julle dink oor die vraag/bekommernis.

Ek dink die goedkoopste beskerming is om daai "blinkseil", wat sonlig weerkaats oor te trek. Soos ons weet, dit maak sommer koeler ook.

As mens permanent kampeer, sal 'n skadunet help, en 'n in uiterse gevalle 'n netjiese soliede afdak.

Ek dink jou mates van 7x6m is verkeerd. 'n Penta is van hak tot stert ongeveer 6.5m en die meeste Jurgense se breedte maar ongeveer 2.3m. Die werklike lengte van die dak is maklik nog 'n meter korter.

My Kavango staan tuis onder 'n skadunet, heeltemal toegemaak in so 'n effe blink sak, vir sekerlik so 80% in 'n jaar. Ek was maar na kampe my wa en poleer sommer die hele wa. 

Met permanente kampering kom die risiko van houtvrot, roes en en vloervrot ook ter sprake. Ek sou aanraai dat 'n wa so min as moontlik op vogtige staning moet verkeer. My ervare buurman het altyd gesê/aangedring, dat 'n wa op 'n droë oppervlak geberg word. Sekerlik geld dit dan ook vir permanent kampeer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/11/2022 - 06:28

Ek stem saam met Wessel. ‘n Silwer seil is relatief goedkoop, en hou sommer koel ook. Mens kry lekker groot seile; myne maak my Kavango en tent toe, en hang nog bietjie oor. 
 

‘n Droë staanplek naby die see is soos ‘n eerlike politikus - dit bestaan nie. Selfs op plaveisel gaan die see lug jou wa bykom, en dit het sout ook in. Ek het al vertel hoe elke stukkie mild steel aan my Kavango tekens van roes getoon het na 13 aande by Dwarswegstrand verlede Desember, en hoe ‘n buurman daar se Exclusive se een kantpaneel gesak het na hy te laat agtergekom het dat ‘n stuk hoekyster onder die wa afgeroes het na ‘n klompie Desember besoeke daar. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 25/11/2022 - 08:06

Goeie môre mense, ek stem ook vir die blink seil, dit het baie voordeel soos reeds genoem.

Wessel, ek glo die blink seil moet 7 x 6 wees, die standaard breete van 'n tent is 2.4 meter, dan kom die stoep tent soms by. Dit gee jou 4.8 meter en die lengte is net oor die 5 meter. Jy wil seker, soos ek, hê dat die silwer seil moet groter as die dak wees?

My Penta se seil is 7 x 6 meter, en dit werk goed vir my.

As jy net met die rally tent kamp, sal 'n 6 x 4 seil werk.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/11/2022 - 08:30

Môre Johann

Die vriend, genaamd Bosveld, het spesifiek na die woonwadak verwys. 

Ek stem saam met jou, as dit gaan oor seilgrootte. Dit is 'n funksie van wat mens alles wil bedek, soos jy tereg aangetoon het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 25/11/2022 - 09:36

 Wessel, ek dink jy het dit verkeerd met die "woonwadak" ?

 tentdak beskermer?

Die vriend, genaamd Bosveld, het spesifiek na die woonwadak verwys.

Ek het vir die Exclusive wat net 850mm langer is as die Classique is so een laat maak.

. 

1

1

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/11/2022 - 10:11

.... het ons vriend nou 'n klomp goeie raad en voorbeelde gekry.

Willem, ek verkyk my altyd in bewondering van daai dubbele tentdak beskerming wat jy in jou foto's wys. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus