Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -3 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Weerlig en woonwa

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Na aanleiding van die lewendige belangstelling in donderbuie en weerlig, begin ek die gesprekslyn. Dalk was dit al aangeroer, maar dis lekker om losdrade te konsolideer.

Wat is die beste praktiese beskerming van jouself tydens 'n weerlig belaaide donderstorm;

1] is 'n voertuig veilig omdat dit dalk as 'n Faraday hok optree? Daai bietjie rubber van die 4 wiele is maar min isolasie.

2] moet mens jou woonwa eerder ordentlik aard. Is die aard deur die elektriese koord voldoende?

3] Moet mens 'n dik koperkabel van die hoekstut af, in die grond inslaan. Ek sien laasweek toe ons elektriese heining verbeter word, die aardpen is 'n meter lange, 10mm dik koper pen wat in die grond ingemoker word. 

Meeste van ons se hoekstutte staan op rubber voetjies en dalk nog op houtblokkies ook. 

4] Padwaens met 'n Aluminium romp kan dalk 'n Faraday hok wees, maar wat van 'n Kavango byvoorbeeld, wat 'n veselglas romp het. 

Attachment Size
Als oor weerlig. 562.44 KB
Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/11/2022 - 10:28

Middag vriende

Eerstens, dankie Chris S vir jou inligtingstuk oor weerlig en beskermingstrukture. Dit het drie feite uitgelig, vir my altans;

1] 'n toe voertuig, verkieslik 'n normale sedan, bakkie ensovoorts is veilig, mits mens nie raak aan metaal dele nie.

2] 'n Veselglas woonwa is eintlik nie veilig nie.  Soos ek dit verstaan, is 'n woonwa wat hoofsaaklik metaal bakpanele het, ook redelik veilig.

3] Wat ek teenstrydig vind is dat 'n motor veilig geag word omdat dit op 4 rubberwiele staan, tog word genoem strukture wat ge-aard is, veilig is. 

Heelwat mites oor wat veilig en onveilig is, word nek ingeslaan in die skrywe.

    

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 26/11/2022 - 10:45

Ek het die pdf ook hier aangeplak op die hoof inskrywing.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 26/11/2022 - 12:40

Nie lank na die werktuigkundige waarvan ek vertel het op die November koffie gesprekslyn oorlede is nie, praat ek in Carletonville daaroor met iemand. Hulle sê toe dat hulle kar net daarna deur weerlig getref is terwyl hulle gery het. Die kar het gevrek, en alles elektronies het ophou werk. Dit wou ook nie weer aanskakel nie. Hulle was egter ongedeerd. 
 

Ek het lanklaas die pdf hier bo gelees, maar ek onthou dat alles met ‘n koolstofbasis weerlig kan gelei aarde toe. Dit is dus min of meer enigiets wat ons ken; bome, maste, huise, voertuie, mens en dier, en selfs ‘n rook kolom van ‘n vuur. So gebeur dit van tyd tot tyd in landelike gebiede dat ‘n hele paar mense gelyk sterf van een weerlig straal. As mens om ‘n vuur sit, en die weerlig tref die vuur omdat die rook kolom die beskikbare geleier is, straal die elektrisiteit uit in die grond vanaf die vuur en gaan staan almal wat aan die grond daar naby raak se harte. 
 

Rubbersole en wiele is onvoldoende insulasie (isolasie is iets anders Wessel) vir weerlig, want die elektriese stroom is te sterk. Ek vergeet die syfers maar dis in die orde van miljoene Ampère as ek reg onthou. Vergelyk dit met die stroombrekers in jou huis se DB. 
 

Ek kan nie dink dat mens iets sal oorkom in ‘n karavaan nie. Dit mag wel vlam vat. Ek het in Botswana gesien hoe ‘n papnat grasdak aan die brand slaan nadat dit deur weerlig getref is. Ek is egter doodseker jy gaan nie daardeur slaap as jou wa deur weerlig getref word nie, so jy behoort genoeg tyd te hê om the ontsnap as dit brand.
 

Onthou mense brand nie dood as ‘n gebou brand nie, hulle verstik in die rook en die vuur vreet die suurstof. Hulle is dus dood voor die vlamme by hulle uitkom. Dis waarom rookalarms in huise so belangrik is. Die rook versamel teen die dak, en sak af. Jy wil wakker wees voor dit te laat is en jy versmoor. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus