Môre vriende
Ek sien in gister se Maroela media was daar 'n verslag oor 'n woonwa- sleep toets van die elektriese Audi.
Die persoon was baie be-indruk met die sleep vermoë, maar duidelik is hy ook 'n groot voorstaander van EV's. Die groot probleem is reikafstand. Hy het 'n Swing vir 80km gesleep van Pretoria tot in Buffelspoort. Die batterye was so 50% pap, en hy kon dit laai op 'n leë staanplek.
Herlaai van 'n pap battery, tot 100% behoort blykbaar so 90 minute te neem, by die korrekte herlaaipunte.
Julle kan gerus julle die verslag lees, en julle indrukke gee. Ek het enkele probleme met die konsep;
1] EV's is duur
2] Gaan mens dalk elke ongeveer 2 ure[ of 180km]moet toustaan by 'n herlaaipunt, vir 90 minute se laai . Hoe lank gaan jou rit word af Suidkus toe?
Kapitaal uitleg
As mens wil sleep gaan jy lyk my digby R2 miljoen betaal vir ‘n EV wat dit kan doen. En dan gaan jy nie verder as so 100km radius van jou huis af kan reis nie, tensy jy baie tyd het. Dit sal my bv waarskynlik ten minste twee dae neem om by Dwarswegstrand uit te kom in Desember. Ek wil nie later as 14:00 daar aankom nie, want mens moet kamp opslaan vir 13 aande.
Die aanvanklike kapitaal uitgawe is ook reusagtig. Ek sou darem vir so R850k ‘n betroubare, nuwe en sterk genoeg binnebrand voertuig kon koop om mee te sleep. Tweedehands omtrent vir die helfte daarvan. Elektrisiteit is nie gratis nie, maar koste per km gaan waarskynlik omtrent ‘n kwart wees van wat ek tans betaal.
Nou moet mens die som maak van hoe lank dit jou gaan vat om die ekstra kapitaal uitgawe te verhaal deur die besparing per km, voor jy werklik begin spaar. Dit hang uiteraard af van die rentekoers waarteen jy koop en hoe baie jy ry. Ek ry maar gemiddeld 9 000km ‘n jaar met my sleepvoertuig, en sal so R3/km minder betaal met ‘n EV. As ek kontant kon koop (wat ek nie kan nie) sal ek 42 jaar lank moet ry voor ek die verskil in aankoop prys opgemaak het en begin spaar. As ek rente in ag neem seker twee keer so lank. Dus sal my volgende sleepvoertuig (as daar ooit een is) weer ‘n binnebrand enjin hê.
Ek is so bly................
................dat ek tans 75 jaar oud is want vir 'n elektriese sleepvoertuig sien ek in my oorblywende leeftyd beslis nie kans nie. Die reikafstand is hopeloos te min en as jy iewers wil herlaai en dis beurtkrag, wat maak jy dan ? Die kapitale uitleg is ook hopeloos te veel plus die reikafstand-ongerief waar jy jou beurt sal moet afwag (indien daar nie beurtkrag is nie).
My ou Pathie sal moet hou en indien hy gesteel of afgeskryf word, sal ek maar weer 'n diesel sleepvoertuig aanskaf.
Dit kan seker werk as jy gou…
Dit kan seker werk as jy gou die wa wil haak en na die supermark toe wil sleep en terug huis toe?
Ek dink Buffelspoort moet maar vir hulself regmaak om die elektriese sleepvoertuig Mekka te word vir die Gautengers. Die res sal maar aangaan soos gewoonlik en deur die land toer - net waar jy wil....





Môre Wessel, 80 km om 'n…
Môre Wessel, 80 km om 'n batery stel na 50% SOC, te laat val?
Heng ek weet nie, dit gaan 'n maand vat om van Johannesburg tot Kaapstad te ry.
Laat my dink aan my kinder jare, ons het van Ottosdal tot Kaapstad, 'n volle week lank gery, maar dit was om die hele pad op verkennings roetes te gaan.
Wat die prys van EV's betref, ja dit is nog buitensporig duur, maar mens spaar darem baie meer op die verskil tussen brandstof en elektrisiteit.
Ek is van mening dat die pryse wel nog gaan afkom in die toekoms.
Om so bietjie negatief te klink, eienaars gaan son panele moet saam ry