Hallo almal. Weet iemand moontlik van n privaat persoon wat uitstekende sweiswerk kan doen in Durbanville area. Wil graag n spaarwiel rak agter onder venster van SW laat aanbring. Het 1 gesien in Jeffreysbaai maar nooit die mense gesien nie, was seker uit om omgewing te verken. Dankie
Jeanne.......................
.................... kontak gerus vir Pine Joubert by 082 824 5126 by Western Cape Caravan Fitment Centre. Hulle verhuis eersdaags na 'n perseel in Brackenfell Industriële aria.
Spaarwiel "bracket"
Dankie julle almal. Waardeer. Len ek sal vir Pine kontak. Dankie weer
Spaarwiel bracket Tourer SW
Len, jy het nie miskien vir my Pine se email adres nie.
Jeanne Jones ...
Hier is 'n gesprek wat sy vrou Ilse begin het met hulle inligting. Ek is nie seker of ek nog die regte e-pos adresse het nie pinejoubert@gmail.com - powertouch@telkomSA.net.
Bel hom eerder en kry dan die regte een.
Ns: Jy ka ook op haar naam " IlseJ " klik en van die Kampforum vir haar so 'n e-pos stuur.
Klik net op "Contact" en stuur dit.
Spaarwiel "bracket"
Pine kon my nie help nie. Enige ander voorstelle. Asb
Tygerberger ????
Naand JJ
Kan jy nie in die snuffelgds van die Tygerberger iemand opspoor nie. Baie keer adverteer sulke persone hulle dienste op face book ook.
Probeer die ou
Ek het verlede jaar oppad terug van die wildtuin af vir Johan van Zyl raakgeloop. As ek reg onthou was hy van Somerset-Wes. Hy het voorheen ingenieurswerke gehad, en het ‘n kas agter aan sy Kavango gebou om opvoustoele en tafels in te bêre. Ek is seker hy sal jou kan help, of in die regte rigting wys. Sy nommer is nul agt twee 44 nul 346 nul. Hier is ‘n foto van die raam wat hy gemaak het waarop die kas vir sy wa staan. Die hele deel met die weerkaatsing strook op het hy self gemaak. Sy spaarwiel se A-raam het hy ook agter op dit gesit. Standaard sit dit op die buffer waaraan die raamwerk vasgesit is deur hom.

Ingenieurswerke
Môre JJ
Probeer uitvind of daar ingenieurswerke is wat spesialiseer in die maak van boerdery benodigdhede soos, tralies vir bakkies, drukgange, algemene staalwerke.
Ek is seker dat jy sulke plekke gaan vind in Durbanville en/of Malmesbury. Ry so 'n patrollie deur die industriële gebied, die plekke is onder jou neus.
Ek het lank gelede oorkant skoolkoshuis in Groenedal woonstelle gebly.





Len...
Middag Len
Help bietjie vir Jeanne hulle. Jy het mos 'n "persoonlike" woonwa- diensverskaffer, dalk kan hy hulle help.