Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstofprys Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -25 minutes ago
Nuwe boodskap-opsie Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -36 minutes ago
toeriste en toeriste Kruger 2026 Wessel Strydom -49 minutes ago
Braai 1x Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

EK WONDER HOEKOM......................??????

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek wonder nou al geruime tyd hoekom my forum-vriend, Chris Boucher Kampforum en Caravan Parks-forum verlaat het.  Ek glo vas dit is nie iets petrsoonliks nie want hy het ook besluit om nie meer deel te neem aan Caravan Parks se forum nie. 

Ek gaan 'n klip in die bos gooi : As ek elke môre my rekenaar aanskakel, kliek ek heel eerste op Kampforum se "Alle Onderwerpe" en wat kry ek ?   'n teleurstelling - net 'n paar getroue ouens se groet en dan pogings om iets op te diep om oor te gesels en sodoende die forum aan die gang te probeer hou. Dan is ek teleurgesteld want daar is bittermin wat my interesseer. En wat my aanbetref (miskien Chris B 00k), bitter, bitter min oor kamp-sake.  Ek weet daar is al baie kere redes hiervoor gesoek, byvoorbeeld dis langnaweek, skoolvakansie, COVID-19, brandstofpryse, "jy kan 'n tentpen net op een manier inslaan" en nog baie meer.

As gevolg van my en my annerhelfte se onlangse gesondheidsprobleme kan ek ook nie sinvolle bydraes lewer oor hoe en waar ons oral rondry en kamp nie, maar ek sou baie graag van ander se wedervaringe in dié verband wou lees, maar heelaas, daar is maar min om te lees in dié verband.

Ek kritiseer nie, ek soek redes en vermoed daar is baie ouens (dalk ek ook) wat dink soos Chris Boucher.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 01/02/2023 - 10:23

Len ja dit is soos jy sê "ons is net 'n paar" wat gereeld hier kom klets al is dit nie altyd oor kamp nie.

Van my kan is dit "omdat en nie meer so veel kan kamp soos toe ek nog gewerk het nie" 

Maar dit stop ons/my nie om steeds hier te kom gesels nie.  As jy kyk na die CP.com forum sal jy ook merk dat daar maar min oor kamp goed gesels word.  Dit lyk miskien of hulle baie praat maar nie regtig nie en onthou hulle het 'n baie groter aantal lede as ons al mag jy daar nie enige ander forum noem nie.  Onlangs het ek iets geplaas en verwys na hierdie forum sonder om die naam Kampforum te gebruik en hulle het dit net uitgevee.

Miskien moet Anton weer die "Nuus Brief" begin uitstuur met die hoop dat meer betrokke sal raak ?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/02/2023 - 10:25

Môre vriende

Dit is ongelukkig so dat heelwat forumlede stil begin raak het, en daar is vele, bo en behalwe Chris B se stilswye. Dit is onnodig om name te noem, maar ek kan aan 'n paar persone dink wat baie aktief in die verlede deelgeneem het.

Ek vind die deelname aan, en die groot bron van inligting, sowel as flinke reaksie op navrae baie nuttig.  Ek deel Len se besorgdheid oor die afname in deelname en insette. 

Ek het begrip vir praktiese redes soos dat lede net minder kampeer, weens ooglopende redes soos brandstofkostes, kinders wat dalk nou skoolgaande is. Indien dit egter is weens insette [ soms nie kamp-en sleep-verwant] wat persone teen die bors stuit, laat ons dit vir mekaar sê.

Almal van ons, wel sekerlik ekself, mag dalk onwetend aanstoot gee, maar laat ons dit in die ope bring sodat daarmee gestop word. Sonder om name te noem, wat moet verkieslik verbode uitlatings/onderwerpe wees.? 

Ek sal nie graag wil sien dat die forum doodloop nie. Ek het al geloer na ander soortgelyke groepe, maar dit kan nie kersvashou by die insette en ge-ordenheid, met soek-enjin, resensies ensovoorts nie.

. Dit is seker moontlik 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 01/02/2023 - 10:50

.................geen probleem daarmee dat vriende op die forum ook ander tipe gesprekke (anders as kampverwant) bespreek nie want die algemene reël geld mos dan : as jy nie van 'n onderwerp hou nie, blaai aan en soek iets anders wat jou interesseer.  Die probleem op die oomblik is as jy aanblaai op Kampforum, kry jy niks (of dan bitter min) wat jou wel interesseer.

Ek wens so dit kan anders wees want dit is veral daarom dat ek ChrisB se bydraes mis  -  hy het altyd oor sy kampervarings geskryf en selfs sy vertellings en fotos oor Rominië was altyd baie interessant al was dit nie kampverwant nie

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 01/02/2023 - 11:08

As dit goed gaan innie land gaan dit goed met sy mense maar RSA se mense is moeg vir wat aangaan so hulle ontrek en kyk na hulle self hoop ek maak sin

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 01/02/2023 - 12:09

Ek lees nog gereeld hier. Ek het ook sedert my ontrekking met Wessel per WhatsApp kommunikeer asook 'n telefoon-oproep van Neef Herman ontvang. Ek moet erken dat ek het al gebrand om soms 'n inset te lewer, maar noudat julle my by naam noem, sal ek wel reageer.

Ek het onlangs vir Wessel genoem wat my frustreer. Dalk is ek kleinlik. Ek gaan egter nie nou daarop uitbrei nie. Maar glo my - dit is nie 'n maklike besluit gewees om my te onttrek nie. Oor 'n aantal jare raak jy aangetrokke tot baie van jou mede-forumlede - maar ongelukkig is daar ook 'n paar dinge wat my afgepiepie het.

Ek het my voorgeneem (voordat ek hierdie plasing van Len raakgelees het) om wel vorentoe terugvoering te gee oor 'n paar dinge - o.a. ons Kgalagadi-vakansietjie wat voorlê in April. Ek oorweeg ook 'n vinnige wegbreek volgende naweek - inderwaarheid Sondag tot Woensdagoggend. Ek moet nog besluit waarheen. Ek is lus vir Ebb & Flow, maar Ralie is eerder lus vir Bontebokpark. As ons gaan, sal dit in vaste akkommodasie wees, want beide parke bied 40% gryskop-afslag aan vir hulle vaste akkommodasie (vandaar die opsie om vanaf Sondag eers te gaan vir 3 aande). Ek kamp nie meer vir tydperke korter 'n week nie. Ebb & Flow se akkommodasie in "Forest Cabins" is aansienlik goedkoper as Bontebokpark se "chalets", maar brandstofkoste is aansienlik goedkoper tot Swellendam. Uiteindelik gaan kostes omtrent maar dieselfde wees. Sou ons gaan - sal ek daaroor bietjie terugvoering gee.

En dan oorweeg die Bouchers dit (kan jy glo?) om dalk tydens die "silly season" saam met hulle kinders vir sowat 3 weke weg te breek met die karavaan - afhangende of ons gaan plek kry. Ons het aansoek gedoen by 'n paar oorde en wag nog vir terugvoering of ons suksesvol gaan wees al dan nie. Maar o hemel - dit is duur. Ons kon reeds by een plek geholpe raak (Lake Pleasant), maar teen R1 000 per nag gaan dit my R19 000 vir die 19 aande kos - heeltemal buite die kwessie.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 01/02/2023 - 12:18

Ons het nog nie weer gaan kamp nadat ons Oujaarsdag teruggekeer het van ons vorige toer nie. Van lg het ek darem probeer vertel en ‘n paar foto’s geplaas op die forum so ek pleit onskuldig. Oormôre ry ons egter na Houdenbek toe op die Koue Bokkeveld, en ek is so opgewonde soos ‘n tiener seun wat sy eerste Scope tydskrif se plastiek omhulsel gaan afskeur. 
 

Ek sien al ‘n jaar uit hierna, want die plek is so gewild dat dit reeds vol bespreek is vir 2023. Ek het dus ‘n jaar gelede bespreek vir die komende naweek. Dis weliswaar nie almal se tipe kampterrein nie (mens bespreek die hele terrein), want daar is nie elektrisiteit nie. Daar is wel badkamers met warm water (wat onnodig behoort te wees met die weer wat voorspel word) en op die baadjie getakseer val die plek reg in my kraal. Gaan Google dit solank. Ek kom vertel volgende week meer. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/02/2023 - 12:19

Welkom terug, ek, en beslis ander forumlesers sien uit na jou lekkerlees insette.

Ek wil ook gaan kampeer, soek 'n geskikte opening tussen hitte en rooi keppies se st....nt veldtogte.

Die gefoeter is dat die meeste lekker oorde ongelukkig net bereikbaar is met gewilde betogings paaie. Hetsy dit die N3, N4 [Kruger] en N1 noord is.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 01/02/2023 - 13:59

Baie welkom terug.  👏🏻👏🏻👍🏻

Het egter gehoop/dink dat jy nie so maklik sonder ons gaan klaar kom nie.  Soos gesê ontbreek ek ook die gekamp maar daar is 'n vooruitsig om saam met Surette se suster en broer families die lang naweek by Bosveld Oase te gaan kamp.  Dan staan my besprekings nog vir Julie in die KNP vir 'n week en dan nog 'n week by Henk v Rooyen.

0
Sandbaai

maurits

Wed, 01/02/2023 - 16:51

Chris ons kamp nou by Jongensfontein vir n maand teen R2990 . Die kamp is lekker vol. Julle Kleinmonders kan dit maklik bekostig. Groete. Maurits

0
Pretoria

Geert

Wed, 15/02/2023 - 10:47

Wat nog n rede is dat forums {nie net hier nie} stil is, is die rede dat al is daar net n handjie vol mense wat gesels, daar steeds onder die handjie vol steeds mense is wat kieskeurig is met wie hulle wil gesels en op wie se plasings hulle wil reageer........dit maak n forum ekstra stiller en boring

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 15/02/2023 - 12:49

As dit van my kampervarings afgehang het, was daar die afgelope jare min om by te dra. Ons laaste kamp was die herfsblaar saamtrek verlede jaar, net daarna het die gesonheid gepla. Daar is nie binnekort n kamp op die horison nie. Ons gaan wel oor twee weke so paar aande Karoo N Park toe, en in n huisie bly. Bloot om te voel of die lyf al sterk genoeg is om n ruk in die kar kan sit, en so te bepaal of ons Kalahari trip einde April aangenaam of straf kan wees.

So behalwe saam praat oor oorlog, nuwe karre kan ek niks bydra nie. Of dalk kan ek vertel van die "New Way enjin, 1908 wat ek restoreer vir n maat. Of vertel van die Chicken tractor wat gebou is vir die paar Boschvelder hennetjies wat more aankom. Of dat ek so 5km lekker vinnig kan stap sonder sukkel, moet nou begin werk aan die krag en spoed wink

Maar kamp bydrae sal nie gou gebeur nie, ek braai en drink maar hier op die stoep. Ook lekker.

As dit stil raak, is dit darem seker nie asof dinge doodloop nie? mense kamp maar selde lyk dit, en behalwe om te kla oor die gewone, is daar dan seker nie iets, soos in my geval ook, wat as n sinvolle bydrae gesien word nie, en bly dan maar net stil.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/02/2023 - 13:11

Middag Geert

Ek is onseker oor jou stelling van "kieskeurig" wees.

Ek moet my inhou om nie op elkeen se inset te reageer nie. Dit is nie omdat ek kieskeurig is nie, maar soms is ek net te onkundig oor 'n onderwerp, om 'n sinvolle bydrae te maak. Ek wil darem nie gereeld my naam krater maak nie.

Ek erken egter ruiterlik dat ek NIE positief kan deelneem aan gesprekke oor Chinese voertuie nie. laugh

0
Worcester

Wildehont

Wed, 15/02/2023 - 13:31

Ons is dit almal, en om mens te wees beteken jy is onvolmaak en feilbaar (is dit ‘n woord? Ek weet nie want ek is nie onfeilbaar nie). Ons almal wonder oor dinge waarvan ons min of niks weet, en ons almal maak foute waaruit ons hopelik leer. Wees dus met gemak ‘n mens want dis wat jy is. 
 

Ons is almal saam op hierdie bal, en as jy by hierdie forum aangesluit het stel jy waarskynlik belang in dieselfde dinge as die res van die lede. Party mense hou meer van praat (of tik) as ander, en dis ook reg so. Te oordeel aan die ledetal en die handjievol gewoonte misdadigers wat gereeld insette lewer, is die meerderheid lede rooflesers. Of hulle het geregistreer en besoek net min of nooit die forum nie. 
 

Ek weet nie of dit help om hieroor te wonder of deelname aan te moedig of bydraes te probeer verbeter nie. Dit maak waarskynlik soveel verskil as om te wonder oor wat verkeerd gegaan het met SA en hoe ons dit kan verbeter. 

0
Irene

Grootwind

Wed, 15/02/2023 - 14:36

Soos in enige "normale" groeps gesprek neem mens tog deel waar jy voel jy het iets by te voeg...of nie? Wat Sjinese voertuie aanbetref Wessel, dankie maar nee dankie van my kant af. Ek probeer al 'n klompie jare om sover moontlik ALLE Sjinese produkte te vermy, ek hou bloot net nie van die land se etiese en politieke beginsels nie en vermy hulle goed uit beginsel uit, selfs al is van die produkte goedkoper...weet dis nie altyd moontlik nie. Maar dis dalk 'n gesprek vir 'n ander dag!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus