Terwyl die "daar is net een manier om 'n tentpen in te slaan"-brigade aanvoer dat dit die rede is vir skaars kampverwante onderwerpe, deel ek maar hierdie onderwerp met julle. Almal weet seker ek het my loopbaan verwyl as 'n pen-stooter in 'n bank, maar as ek weer kon kies, sou ek 'n elekjtrisën wou wees - ek hou daarvan om hiermee te speel.
Die nuutste uitdaging met my swembad (ek het mos elders gespog ek het in 17 jaar van my huidige swembad geen probleme gehad nie) is my swembadpomp skakel net aan- en af wanneer hy wil (en soms glad nie) en nie soos ek die tyskakelaar gestel het nie. Maar die oumense (ouer as ek) het mos geglo probleme kom mos in drieë - ek is nou by nommer drie, hopelik die laaste probleem. Ek het nou al 'n week gespook en uiteindelik die fout vasgestel.
Twee foute opgespoor :
- Die hoofskakelaar op die sub-DB-bord by die wembad het die gees gegee. As hy afgeskakel word, skakel die spulletjie af. As hy opgedruk word om aan te skakel, flits die pomp vir 'n oomblik aan (en die liggie op die tydskakelaar), maar daarna is alles weer dood. Ek soek die fout by die tydskakelaar en dis 'n missie want die dingetjie is so klein en gekompliseerd, dat ek my bril moet ophê en nog 'n vergrootglas ook. Ek moet op die instruksie-blaadjie kan lees, die vergrootglas vashou en die knoppies druk, partykeer twee knoppies gelyk ! Daarvoor het ek te min hande. Ek kom toe agter as ek die hoofskakelaar in die middel tussen aan en af vashou, dan werk die pomp. Met my multi-meter kon ek toe bepaal dat as die hoofkakelaar in die aan-posisie is, laat dit geen krag deur nie. By Okavango Electrical kry ek toe 'n vervangende hoofskakelaar en die dame daar vertel my ek is die hoeveelste "elektrisiën" wat vervangende hoofskakelaars kom koop - hulle reken dis beurtkrag se aan- en af storie.
- Die pomp loop nou wanneer ek die spul aanskakel, maar die tydskakelaar wil nie die pomp aanskakel nie, ten spyte daarvan die die liggie daarop aankom as die regte tyd aanbreek. Die liggie gaan ook dood wanneer op die regte tyd as dit moet afskakel. Weer kom my multi-meter tot die redding. Die tydskakelaar werk reg, skakel aan en af op die regte tyd, maar laat nie die krag deur na die pomp nie. Ek gaan koop toe 'n nuwe tydskakelaar en daar vertel die mense my die skakelaartjie hou nie met die baie beurtkrag nie. Die nuwe tydskakelaartjie is in en die hele spulletjie werk weer soos 'n droom.
Aanhouer wen !





Len se Lektries
Een van die dae sit Len die toetsertjie en gereedskap agter in die Nissan en maak plakkers vir die deure ...Len se Lektries.
Die dat skakelaars en elektriese motors nie van beurtkrag hou nie, vlieg oor bo-oor my kop. n Motor kan ek so half verstaan dat dit onder las afgeskakel word en aansit onder las, soos bv yskas kompressor.
Touch wood, hier het nog nie probleme opgeduik nie. Ek was veral bang vir die regop vrieskas wat vrot van die elektronika is, dit vries, en ontvries met outomatiese siklusse. Dit het so reverse funksie wat die ys warm maak sodat dit afsmelt vir n kort rukkie. In my geestesoog gesien hoe die boksie deurmekaar raak en die hele vrieskas in n slow cooker verander. Toe die beurtkrag hier by 10 ure per dag word, dit maar afgeskakel.
Elektriese foute opspoor is n moeilike besigheid. Onlangs het n 3 fase kabel na my stoor, een fase verloor. Dit is seker 200m lank, en het so paar "pillar boxes" waar dit gelas is, of aftappe na ander pekke het. Dit was n besigheid om die gedeelte op te spoor waar die fout le. En soos ek hier sit, het daar weer n fase doodgegaan. Ek sien amper nie kans om weer te soek nie.