Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stil stem lokaal November 2026 Geert -1 hour ago
Ons " plattelandse"… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -3 hours ago

Probeer maar,.... (Inskroef penne)

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Naand Kampforum lede, het mos al vertel van inskroef penne wat ek vir 'n paar Aus dollars daar gekoop het.

Terug hier, na my eerste gebruik van die inskroef penne, was ek so beindruk dat ek vir my nog dertig by Takealot (R299.00 per pak van 15 elk) bestel het.

Sit nou met 45 van dit, vanoggend sit en dink ek, wat van iets soort gelyks vir die grondseil.

Boer maak 'n plan, by die hardware winkel kry ek vir my 10 (2 pakkies van 5 elk) "coach screws" van 8 x 50mm en so paar wasters wat hier rond lê. Die klaar gemaakte goed wat oral beskikbaar is, laat my dink dit is van bloudraad met waster aan gemaak.

Penne
So lyk die inskroef penne, met "13mm adaptor by
Penne
Het twee pakkies hiervan vir R20.00 elk gaan koop.
Penne
Wasters wat lekker groot is, swart geverf. (Ek het baie "mat black)
die lang inskroef penne was vir my te lank vir die grondseiltjies

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/11/2023 - 05:48

Môre Johann

Goed om te hoor dat jy tevrede is met daai geel inskroefpenne. Wat is die lengte daarvan, en hoe vergelyk dit met die lengte van 'n nr 7 pen.

Hoeveel daarvan gebruik jy op 'n paal, hier in die binneland? 45 penne klink darem baie. Of slaan jy weerskante van die wa tente op. 

Ek sal ook 'n koordlose boor moet aanskaf, want sommige plekke waar ek gaan, het nie 220V nie.  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 09/11/2023 - 06:42

Goeie môre Wessel, die geel inskroefpenne is 150mm lank. Albei lengtes werk met dieselfde 13mm "adaptor"

Ek gebruik 4 vir die modulere tent se afdakkies, (twee aan elke kant) 4 vir die wasgoed lyn, 3 vir die opwas se dakkie, 2 vir anker toue wat die stoep tent gedeelte van die modulêre tent styf span. Twee ook vir die reis kombers wat spesiaal gemaak is om ook as dakkie oor die groot voorste venster te dien.

Dan die tent se kant seile, waar die rekkies (o-rings) geanker word gebruik ook nog 'n hele paar.

Die groot 7 penne, en die ou reguit penne ry steeds oral saam (vir in geval) want die silwer seil anker ek met stewinge veer penne, so ook die drie voorste regop pale.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/11/2023 - 08:10

Johann, ek het gou so tussen huiswerk deursmileymy Maxconpenne gaan meet.

Die hele lengte tot onder oog waar die gewraakte spiraalveertjies inhak, is 330mm. As die grond sak is, moker ek die hele lengte in. By Manyane boor ek so 150mm gat diepte, waarna die "hameraksie" gepaard met sweet uitgevoer word. 

Ek merk op dat baie nuwe woonwaens met die inskroefpenne toegerus word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 09/11/2023 - 09:19

Die inskroef penne (dan moet dit mos eintlik skroewe genoem word?) is oulik. Kampeervriend van my het so stel vir sy grondseile. Dit werk lekker vinnig om in- en weer uit te skroef. Ek is weer te lui om ‘n koordlose boor te koop en saam te ry. Dis boonop nog ‘n ding wat gelaai moet word. Ek werk maar nog met my Maxcon tipe penne en ‘n 2-pond hamer. Gelukkig gebruik ek net 5 van die penne en drie ringpenne waarin die tentpale se voete staan. Of wag, daar is nog so stuk of 12 grondseil penne ook. Een van die dae is Chris Jnr gelukkig groot genoeg om die inkap en uittrek te hanteer.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 09/11/2023 - 09:43

Ek is weer te lui om ‘n koordlose boor te koop en saam te ry.

Gebruik hom op steadies ook....moeite werd

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 09/11/2023 - 13:05

.............gebruik ek al vir jare gewone dakskroewe wat uitkom met 'n wasser en rubberseël en ek is dood tevrede daarmee.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/11/2023 - 16:01

Middag Len

Ek sal binnekort oorslaan na jou dakskroewe. Ek het die spyker en plaatkoppie tipe gekoop. 'n Paar moet eintlik 'n slag reguit geklits word. 

Sekerlik is die dakskroewe goedkoper as die spykermodelle.

Ek aanvaar jy slaan dit sommer in, en ek gebruik 'n graaf om dit weer uit die grond te trek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 09/11/2023 - 16:41

Chris, my ou liggaam wil hie meer so fluks werk soos dekades gelede niewink

Die koordlose boor het ek lank terug gekoop vir wanneer mens op ongemaklike plekke moet werk, die inskroef pennne het by Manyane my laat dink dat Wessel nie die regte staanplek gehad nie, die skroewe het soos 'n mes deur botter daar in gegaan😂

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 09/11/2023 - 18:27

Haha Wessel, ons het ook koelte gehad, saans as die son anderkant die aarde is.

Len, ek,het al skoon vergeet van die dakskroewe wat jy gebruik, ek wou egter graag hê die skroef penne en die grondseil penne (skroewe) moet nader aan mekaar lyk surprise

Daai wat mens oor die toonbank koop is maar baie sag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus