Om nie Chris B se gesprek met sleepwenke te besoedel nie, begin ek die geselsie.
Ek het my voorgeneem om nie mbv flikkerligte vir mense agter my, te wys dat dit veilig is om my verby te gaan nie. Waar mens die baie smal geteerde skouer kry, sal ek links hou, sodat hulle makliker by my verby kan sien.
Ek steur my ook nie aan enige trok wat met flikkerligte vir my enige tekens, behalwe hulle draai beweging, probeer toon nie. As ek nie kan sien dat dit veilig is nie, gaan ek nie 'n trok verby nie. Ek het gevind dat 90% van trokdrywers met regter flikkerlig, kan jy glo, aandui dis veilig om hom verby te steek.
Regter flikker beteken ---ek gaan regs draai/beweeg. Moenie verby kom nie.
Linker flikker beteken ---ek gaan linksdraai/beweeg, en dus veilig om verby gesteek te word, aan regterkant..
Presies.....
.....dit is ook my ervaring in Zimbabwe, regter flikkerlig : moenie verby kom nie. Linker flikkerlig : veilig, kom maar verby.
Ek steur my ook nie daaraan nie - ek maak self seker voor ek verby ry.
As ek sien
Hoe so baie mense verby steek op solide sper sterpe, sien ek ook nie kans om op 'n ander ou se aanbevelings verby te steek nie. Wat die geel streep betref sal ek wel oor gaan, maar dan moet dit baie gemaklik gedoen kan word sonder enige risiko aan enige pad verbruiker of ander, en ek moet natuurlik met gemak kan terug beweeg. (As die pad baie besig is, jammer, jy moet maar geduldig wees)
Wat my woede meter ver oor die rooi jaag is wanneer iemand op my gat af storm en of op my rug wil ry, dan raak ek "moedsillig" ry my spoed en gee nie 'n mili meter pad nie.
Op my oudag het ek geleer, "leef en.......
............laat leef" - ek steur my nie meer aan ander bestuurders se varkerige padgedrag nie. Ek laat hulle maar begaan want dit help my en my gesondheid absoluut niks om my te ontstel nie, dit gaan niks verander nie en net vir myself ongelukkig maak.
En, padwoede bring net groot moeilikheid na vore, gewoonlik nie vir die padvark nie, maar vir die ander party.
Ek het ook begin
Ek het ook begin om vir minibus-taxi’s toe te gee. Hulle maak mens nog steeds boos van tyd tot tyd, maar hulle gaan in elk geval voor jou indruk, so jy kan maar netsowel vir hulle plek gee en ‘n moontlike ongeluk en onnodige hoë bloeddruk vermy. Gelukkig is hier min van hulle in Worcester. Ek het verlede Saterdag in Brackenfell rondom Makro en Brackengate weer besef hoe gelukkig is ons hier. Daar is darem vrek baie karre in stede en gevolglik meer mense wat soos varke bestuur.
Een tipe voertuig waarvoor ek geen ooghare het nie is ‘n swarte met blou ligte. Daar is geen rede waarom hulle vinniger as ons gewone burgers hoef te ry nie. As ek betyds kan wees vir my afsprake sonder om die padreëls te verontagsaam kan hulle ook. Weereens is dit gelukkig nie ‘n verskynsel wat in die Wes-Kaap voorkom nie.





Ek stem saam, maar
In SA dui hulle met die regter flikkerlig aan as hulle dink dis veilig vir jou om verby te steek. Ek sal nie hier so ‘n wenk volg nie. Alhoewel vragmotorbestuurders baie verder as selfs ‘n hoë 4x4 se bestuurder kan sien, weet hulle nie wat my versnel vermoë is nie. En alhoewel my kombinasie vinnig kan versnel (teen ‘n prys natuurlik), sal ek eerder my eie oordeel gebruik en bietjie later by my bestemming kom as om hulle oordeel te vertrou.
In lande soos Zambië, Malawi en Tanzanië waar daar ordes minder verkeer as hier is, en die pad infrastruktuur nie eers op dieselfde standaard as die Wes-Kaap se provinsiale paaie is nie (goed, ek weet dis hoë standaarde vir Afrika - deesdae selfs vir Suid-Afrika) werk dit egter baie anders. Daar is baie plekke nie eers wit strepe om vir jou aan te dui waar dit veilig is om verby te steek as daar nie aankomende verkeer is nie. Verder is sig afstand beperk vanwee die plantegroei langs die paaie en gebrek aan ‘n skouer. Daar is ook meer vragmotors en busse as kleiner voertuie, en dit alles saam maak dat jy baie moeilik verby stadige voertuie voor jou kan sien of dit veilig is om verby te steek. Almal sit hulle regter flikkerlig aan as ‘n voertuig van voor af kom (neem in ag dat daar vir lang ente geen afdraai paaie is nie) en die linker as daar nie ‘n voertuig van voor af kom nie en hulle sien iemand agter hulle wil verbykom. Dit raak vinnig ‘n gewoonte, wat ek ook daar aangeleer het.