Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -47 minutes ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -3 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -3 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -3 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -4 hours ago

Vakansie en voertuig diens??

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek lees dat Chris S 'n week voor hy wildtuin toe vertrek, sy trokkie gaan laat diens. So het ek verlede week my wa ingevat vir wat ek dog 'n kleinigheid is. 'n Week later is hulle steeds besig met die wa. Die skokbrekers moet nog gevind en vervang word.

Die vraag is dus, hoe wenslik is dit om so naby aan vertrekdatum jou voertuig en wa te laat diens.?  

Ek laat diens Grompie op die 10 000km interval, en as daar niks fout is nie, nie weer voor elke toer nie.   

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2024 - 14:13

.............my sleepvoertuig en soms, die karavaan ook, ruim voor die vakansie te laat diens want dit laat genoeg ruimte vir herstelling van iets wat fout was of iets wat weer, verdere aandag nodig het.  Byvoorbeeld, ek het die P/F twee maande voor ons vertrek laat diens en ongelukkig feitlik nooit met hom gery in die twee maande nie.  As ek wel deeglik met hom voor die vakansie gery het, kon ek die "flat spot" probleem na die handelaar terug verwys het.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 10/06/2024 - 14:15

Soos ek genoem het, is daar so die afgelope week ‘n effense fluit geluid teen lae revolusies terwyl ek versnel. - meestal net na wegtrek. Ek wil net seker maak die turbo is gesond. Die ander werk wat Pierre gaan doen is nie diens nie, dis tuning.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/06/2024 - 14:34

... laat diens ek die Hilux volgens diensintervalle en hoop en vertrou maar altyd dat dit nie nét voor vertrekdatum moet gebeur nie. Toyota gee jou darem grasie van 1 500 km voor of na die betrokke kilometerlesing. Die Hilux was op 51 000 km toe ons onlangs terugkeer vanaf Namibië - maar ek het die diens laat uitvoer voordat die maksimum perk van 51 500 km bereik kon word

. Dit is onwaarskynlik dat ek tot Mei 2025 10 000 km gaan ry en gevolglik sal ek na 12 maande moet laat diens. Maar dit is die tyd wat ek reeds in die wildtuin wil wees. Ek sal dus gedwonge wees om voor die tyd te laat diens, tensy ek weer by 'n Toyota agentskap naby aan my kamp wil laat diens. Ek het al by Malelane Toyota en Warmbad, oftewel Bele-Bela Toyota laat diens (laasgenoemde toe ek by ATKV Klein-Kariba was). Maar dit is elke keer 'n beslommernis met 'n dag van jou vakansie wat as't ware daarmee heen is.

My wa laat ek voor elke lang trip, soos volgende jaar, by Cara-Camp in Somerset-Wes diens. Dit gee my net gemoedsrus. Maar ek laat dit lank voor die tyd doen. As ek April gaan vertrek (soos tans beplan) sal ek dit waarskynlik reeds in Februarie laat doen. En ten spyte van wat baie ouens oor die handelaars se werkswinkels sê, het ek nog nooit 'n stel met Cara-Camp afgetrap nie. Eenkeer was my handrem-hefboom nie na my sin na 'n diens nie, maar hulle het dit toe by my huis kom regstel. Onlangs was my seun se karavaan, wat hier by my huis staan, se remme nie reg nie nadat hulle die as vervang het. Weereens het hulle dit hier by my huis kom regstel.

Die "ou lady", 'n 1993 model, het nou-al keer op keer wildtuin toe "gehardloop" (as ek reg tel - 'n minimum van 12 keer sedert 1999) en gelukkig, tot op datum, nog nooit enige "issues" opgelewer nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/06/2024 - 17:26

...as daai Ranger se turbo fluit soos 'n asma bors, gee hom 'n Strepsil om te suig.laugh

Jy sal die trokkie se kolligte stewig moet vasdraai. As daai ou jou trok "getune" het, gaan die ligte heeltyd ronddraai soos dit dieselpompe soeklaugh

Hou ons ophoogte van verbetering in trekkrag

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/06/2024 - 17:47

Ek hoor van Chris wat chip en tune!! Ek was onder die indruk dat die 3,2l 5 silinder ń magdom perde onder die bonnet het.

Wessel jy is reg, daai klomp ekstra perde wat nou in die tuig is, moet gevoer word, anders kan dit nie. ... Maar dit moet lekker wees as jy die lepel trap en die Kavango raak so effe inmekaar gekonsertina!

0
Irene

Grootwind

Mon, 10/06/2024 - 18:54

Chris S....hou ons op hoogte asb wat die mekaniek toe gevind het die oorsaak van die fluitgeluid is....my raaiskoot sou wees 'n klein stukkende plekkie in die "boost" pyp tussen die turbo se uitlaat en die enjin se inlaat, het dieselfde jare terug gehad met 'n Jeep Cherokee 2.8. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 06:18

Nee Oom Neef, daar word nie gechip nie. Daar word ‘n program geskryf vir die ECU nadat alles gemeet is op die dynamometer. Die 3.2 het baie perde, en sleep soos ‘n droom in Sport modus. Selfs lekkerder as die Prado wil ek my verstout om te sê. Die Prado versnel wel baie vinniger vir verbysteek. 
 

Wat ek egter gevind het sonder die wa maar met gesin en vrag, is dat dit by baie steil bulte so bietjie sukkel om by 120 te bly. Dis nou en gewone ratwisseling modus, nie in Sport nie. Dit kan bloot wees vanwee die ekstra gewig en lugvloei om die ARB buffer, of omdat die effe groter bande veroorsaak dat werklike spoed gemeet word. Groter bande benodig ook meer moeite om een omwenteling te draai as die oorspronklikes glo ek. Prof Strydom sal moet help uit ‘n fisika oogpunt. Dit kan egter ook wees omdat die fabriek sagteware nie vir optimale tuning geskryf is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 07:25

....sal maar stilbly. Dit is 49 jare terug waar ek met klassieke meganika deurmekaar was. 

Die verwantskap van die faktore wat jy noem, met materiale en atoompies is minimaal, dus moet ons vriende wat enjineers is, en die wat meganies-tegnies sterk is, eerder verduidelik, of spekuleer.

Ek vermoed egter dat die groot ongenoemde faktor, jou bestuurstyl kan wees. Dan natuurlik, enige vae verduideliking/regverdiging  om so 'n herprogramering te laat doen, is aanvaarbaar. laugh 

Ek wonder net, hoe naby aan optimale effektiewe enjin instelling kan mens beweeg, sonder om langdurigheid in te boet.   

0
Irene

Grootwind

Tue, 11/06/2024 - 08:58

Aanvaar wat Chris s se mekaniek dan doen staan in die omgang bekend as "mapping"? Dis nou waar die enjin se beheer rekenaar (ECU) se opkyk tabelle verander word ten gunste van prestasie. (en onthou Mamma Natuur, niks is verniet nie, meer prestasie, meer brandstof!)Wat die Ranger 3.2 aan betref moet mens net in gedagte hou dat Ford doelbewus die enjin uitset effe afwaarts aangepas het van wat dit oorsrponklik was. Het te doene met die turbo wat geneig was om by die dun lug hier bo  beginne weghardloop, wonderlik vir die enjin uitset, minder so vir die se lewensduur, op 'n stadium het daai trokkies deur turbo's gegaan asof dit soetkoekies was (oorsrponklike BMW 320d het ook die probleem gehad). Weet nie of Chris S se mekaniek die Ford kode wat die uitset beperk gaan verander nie, maar ek sou versigtig wees om 'n risiko te loop net om 120km/h te kan handhaaf teen steil opdraandes in gewone ratkas mode...dis waarvoor die sport mode daar is....

0
Irene

Grootwind

Tue, 11/06/2024 - 09:19

"Die skokbrekers moet nog gevind en vervang word."

Sê vir daai Kavango mekaniek hy moet onder die wa kyk, hy behoort hulle te vind by die as!laugh Jammer Wessel, kon myself nie help nie! LMGA!

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 09:32

....ai tog, so bly ek kon jou dag opvrolik.laugh

Ons het dit wel by as gevind, maar hy gaan ene afhaal en dan ooreenkomstig nuwes soek. Volgens hom is dit 'n gesukkel om telefonies die goed te bestel. 

Party is "eye to eye", party "eye to pin" en dan nog "pin to pin."

Kan jy glo, Echo seg vir my---neem 'n foto sodat ons weet wat om te bestel!!! Mens sal sweer hulle weet nie wat hulle op hulle produkte monteer nie. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 11/06/2024 - 09:32

As die normale modus nie genoeg krag lewer nie, is dit nie die rede dat jy kan oorskakel na sportmodus nie? As jy die sportmodus modiefaai vir optimaal, verstaan ek.

Normale modus is seker vir beter brandstof, ekonomies bestuur, teruggear teen ń bult. Om dit te upgrade? 

Skuus Wildehont, ek is maar so nuuskierig.

Lees nou eers Grootwind se inset. Sorry.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 11/06/2024 - 09:36

..............nodig het, miskien kan hierdie oubaas help.  Onthou, ek het my Pathie in die middel van die Kruger Wildtuin tjop-tjop aan die loop gekry toe hy op daardie vrot sinkplaat/gate pad na Timbabvati gaan staan het !  

Ns.  Die "mapping" wat ek doen kyk ek gewoonlik in my kaartboek of op die Pathie se GPS  -  albei gee goeie resultate.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/06/2024 - 10:18

... jou laaste sin (die Ns) is wat ek ook maar doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 16:17

Ek het nounet gehoor dat ek my wa môre kan gaan haal. Die ou is besig om die nuwes, Monroe's op te sit. Volgens hom kon mens die oues redelik maklik met die hand indruk.  

Hopenlik kan ek nou met gemoedsrus ons volgende tog wilde Kruger tuin toe aanpak. Behalwe as dinge skeeflooplaugh, kan ons dalk die volgende 8 jaar met die Kavango klaarkom, en dan maar klaarmaak met kamp. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 16:30

Klink of julle reg is vir julle volgende toer. Ek hoop die wa kan nou net vreugde gee en niks meer verrassings nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 17:00

....vir die vrot paaie soos Georges valley.laugh

Ek hoop ook so, maar gelukkig ken ek die goeie woonwa bouer. Ek is ongelukkig 'n realis, en verrassings kan tewagte wees.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 11/06/2024 - 17:42

Wessel se Kavango Extreme leef nou op na die naam. Extreme make over needed between trips. devil 

Ek glo stellig  met die tune en schock gaan als reguit loop . Monroe nogal...hard core equipment.angel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus