Goeie naand almal.
Ek is baie senuweeagtig. Nog nooit op n forum gewees. So asb gebruik geduld. Ek en mama beplan Mei maand 2025 n trippie na KNP. As jy my naam direk vertaal in Engels dan besef julle ons moet 4 dae ry om by wildtuin uit te kom.
My vraag is. Ons gaan by Pienaardam oor nag. Dit is dan nog 300 km na Krokodil Brug se kamp. Is daar nie iewers van Pienaardam nog n 100 kilos nader aan wildtuin n plekkie waarvan julle weet nie.
Vir die wat belangstel.
2 x krokodil brug, (4/5/2025-5/5/2025)
3 x laer sabie, (6/5/2024-8/5/2025)
4 x satara, (9/5/2025-12/5/2025)
4 x skukuza, (13/5/2025-16/5/2025)
3 x berg en dal. (17/5/2025-19/5/2025)
Baie dankie (ek is nog nie n pensioenaris, so my dae in wildtuin is maar beperk)
Groete
Hallo Goeie Hout
Goed om van jou en julle planne te hoor. Vir 'n nie-pensioenaris klink dit (saam met reistyd) na 'n heerlike wegbreek wat vir julle voorlê. Hier is 'n paar lede wat ook van daar ver af sleep en sekerlik vir jou goeie raad kan gee.
Ns. Moenie senuweeagtig wees nie, hierdie is ook my eerste (nie eens facebook nie) en ek raak al heel oorlams - misbruik selfs mense om foto's namens my te plaas want laaste probeerslag was 'n sneeuman wat op sy kop gestaan het![]()
Vertel soos wat die planne vorder![]()
Marlothi chalets
Welkom hier Goeie hout! Ons ry elke jaar van Worcester af Krugerwildtuin toe met ons Echo Kavango op sleeptou.
Ek het baie lanklaas daardie roete (N4) gery, maar het dit al baie gery. Ek het nou sommer bietjie gesoek rondom die 100km merk van Pienaarsdam af in Krokodilbrug se rigting. Wat van Marlothi chalets? Dit kry goeie resensies op Lekkeslaap.
Goeie naand mede-Kapenaar
Ons ry altyd in Meimaand vanaf Kaapstad Kruger Wildtuin toe en doen dit ook oor 4 dae teen onder 500km per dag:-
- Ons eerste stop is by Karoo Nasionale Park in Beaufort-Wes
- Daarna Reyneke Park in Bloemfontein, langs die N1
- Dan Joos Becker karavaanpark binne-in Pretoria, oppad na Pretoria-Noord
- En dan gaan ons die Wildtuin binne by Malelane-sateliet-kampie so 10km vanaf Malelane-hek (net vir 'n oorslaap)
Julle kan na Malelane-kampie die volgende môre weer uit die Wildtuin ry en met die N4 na Krokodilbrug ry dan kan julle vroegerig daar wees vir 'n lekker staanplek.
Oorweeg dit gerus.
Goeie hout
Môre, welkom hier tussen 'n klomp wildtuin verslaafdes. Julle klomp DA-burgers moet sommer in 'n stoet sleep KNP toe.
1] Waarom soek jy nog 'n plek nader aan die Krokodilbrughek? 300km is mos naby genoeg.
2] Volgens jou besprekings gaan ons saam in Satara wees, wel darem die aand van 11 Mei.
3] Verduidelik tog waar is die die Pienaarsdam waarvan jy praat. Ek hoop nie dis in Baberton omgewing nie. Niks teen Baberton nie, maar deesdae moet mens eerder op die N4 bly, die ander paaie kan in swak toestand wees.
Pienaardam ???
Ek het gou gaan loer, is dit die oord naby Middelburg?? Dis naby genoeg, lekker snelweg al die pad tot by Komatiepoort, meestal dubbelbane.
As jy met dagbreek daar in pad val, is jy tjoeftjaf voor die hek.
Goeie hout...
...dit val my nou by, daar is 'n plek by Witrivier wat jy kan oorweeg. Gaan soek/kyk op internet na BenMari staanplekke. Ek was nog nie self daar nie, maar dalk kan ander forumlede kommentaar lewer oor die plek.
Ek sien nounet hulle is onder nuwe bestuur en staan bekend as BUSA house.
Goodwood ...
... dit is, waar ek aflei, waar jy woon. Soos Len reeds hierbo genoem het, sleep ons ook tradisioneel ons eerste skof tot by Karoo Nas Park by Beaufort-Wes. Ons tweede skof is gewoonlik tot Gariepdam en vandaar tot Aldam (tussen Winburg en Ventersburg). Afhangende van watter wildtuinhek wat ons ingaan, verskil ons volgende oorslaapplekke.
Ons het eenkeer by Pienaardam oorgebly, maar nie in die karavaan nie. Ons en my seun-hulle het mekaar daar ontmoet en saam met hulle in 'n groterige chalet oorgebly. Ek het nietemin na die karavaanpark gaan kyk en moet eerlik sê dat ek nie te "chuffed up" daaroor was nie - ook nie die chalet waarin ons gebly het nie. Maar dalk het dit intussen verbeter. Ons bly deesdae eerder by Kaia Manzi, naby Bronkhorstspruit, oor. My seun verkies weer Forever Loskopdam.
Vanaf Pienaardam is Krokodilbrug, soos Wessel hierbo noem, inderwaarheid 'n baie gemaklike afstand. Maar ons verkies ook, soos Len, om ons eerste aand by Malelane-kamp oor te bly. Johann L het hierbo genoem van Malelane Gholfklub wat ook 'n opsie is. Ek het nog net goeie dinge van laasgenoemde verneem, alhoewel ekself nog nooit daar oorgebly het nie.
As ons by Krokodilbrug ingaan, ry ons ook (soos Len) met die N4 buite die wildtuin-langs ten einde vroeërig by Krokodilbrug te kom. Dit is presies wat ek vir volgende jaar beplan. Onthou, hoe vroeër jy by jou kamp kan wees, hoe beter jou kanse vir 'n beter staanplek.. Ek kom 'n dag later as jy in Krokodilbrug aan (5 Mei) waar ons dan vir 'n volle 28 aande bespreek is. Ons ry op 4 Mei vanaf ATKV Klein-Kariba tot Malelane-kamp. Met die terugkeer op 2 Junie beplan ons om weer by Kaia Manzi oor te staan.
Lekker beplan - en as alles volgens beide van ons se planne verloop, sien ons mekaar op 5 Mei in Krokodilbrug.
Julle maak my jaloers. Ek…
Julle maak my jaloers. Ek het 'n geweldige behoefte aan toer! Maar eers word herstruktuering benodig.
Twee opsies
Ek is geneig om te dink daar is net 2 goeie opsies, tewete Malelane kampie in wildtuin, OF Malelane golfklub se woonwapark.
Hi Goeie Hout, dalk moet jy…
Hi Goeie Hout, dalk moet jy vir ons noem wat jou reis plan is en waar jy wil oorstaan en hoe vêr jy elke dag wil ry. Gaan op die N1 en hoof roetes bly of hoe beplan jy. Net dalkies kan jy gehelp word met 'n goeie reis plan. Groete en lekker beplan.
Johan, hy het...............
..............reeds sy reisplan in die inleiding genoem.
Ek dink ...
reeds sy reisplan in die inleiding genoem.
... Lapskag bedoel sy reisplan na die wildtuin. Hy gee sy wildtuin-reisplan en -datums en noem net van Pienaardam, maar nie van sy ander beplande oorstaanplekke en/of roete nie, behalwe dat hy reken om 4 dae tot die wildtuin te reis.
Goeie hout
Lyk my ons het jou oordondor met info. Moet asb nie onttrek nie, en gesels saam.
Nie net oor jou Kruger toer nie, maar sommer oor enige kampeer onderwerpe.
Goeie Hout en die Wildtuin
Goeie naand almal.
Jislaaik, het so n groot terug voering verwag nie. Bitter baie dankie.
Hier is die res van die program:
01/05/2025 Donderdag Goodwood Joalani Guest Farm 02/05//2025 Vrydag Joalani Guest Farm Aldam 03/05/2025 Saterdag Aldam Pienaardam 04/05/2025 Sondag Pienaardam Krokodil brug 05/05/2025 Maandag Krokodil brug Krokodil brug 6 Dinsdag Krokodil brug Onder Sabie 7 Woensdag Onder Sabie Onder Sabie 8 Donderdag Onder Sabie Onder Sabie 9 Vrydag Onder Sabie Satara 10 Saterdag Satara Satara 11 Sondag Satara Satara 12 Maandag Satara Satara 13 Dinsdag Satara Skukuza 14 Woensdag Skukuza Skukuza 15 Donderdag Skukuza Skukuza 16 Vrydag Skukuza Skukuza 17 Saterdag Skukuza Berg en dal 18 Sondag Berg en dal Berg en dal 19 Maandag Berg en dal Berg en dal 20 Dinsdag Berg en dal Parys Weltevrede 21 Woensdag Parys Weltevrede Coles Onze 22 Donderdag Coles Onze Karoo 23 Vrydag Karoo HuisPienaardam is op die N4 en 430 kilos vanaf Aldam dam. Ek het gedog daar is n plekkie nader aan wildtuin om vroeg in die pad te val om krokodil brug te maak.
Ek probeer nie langer as 550 kilos op n dag te doen. Ek wil darem oppad boontoe ook geniet.
Dankie julle vir al die voorstelle.
Groete
Goeie hout...
...ek dink ons praat bymekaar verby.
Wil jy vanaf Aldam sleep na 'n plek effe nader aan KBrug, om NIE by Pianaardam te slaap nie.
OF, wil jy vanaf Pienaardam nog 'n oorslaap inwerk, nader aan KBRUG.
Ek dink jy moet laasgenoemde opsie oorweeg, want anders word jou sprong van Aldam na 'n ander plek nader aan wildtuin te groot. Onthou ek gesels sommer saam.
Waar is die Joalanie gaste plaas??





Toer & Roetes
Jammer.
Ek het iets vergeet.
Ek sleep n wondelike 2003 Fleetline met n Izuzu.