Goeie middag
Enige aanbevelings waar om ‘n ‘cover’ vir ‘n karavaan te koop. Een wat dit heetelmaal toemaak om dit beskerm as dit buite staan.
Hoor graag van julle.
Groete Louise
Baie dankie
Hi Wessel
Baie dankie vir die aanbeveling. Het vir Jaco gesê. Hy stuur baie groete vir jou!
Louise
Canvas and aluminium concepts
Ek het een van Canvas and Aluminium Concepts, maar gebruik hom nie....een van my wit olifant aankope. Ek sien van die Campworld en Leisure World winkels hou dit ook aan
Louise
Ek moet net noem, die wat ek gekoop het, het voor en agter sulke gevormde luginlate, soos outydse tent. Kan nie inreen nie.
My wa staan heeljaar net onder 'n skadunet, toegemaak met die oortreksel. Selfs na erge reen is wa droog daaronder. Goed waterdig, sodanig dat ek water met besem afvee voordat ek die oortreksel afhaal, en dan is wa droog.
Dit het so 'n mat-silwer kleur buite en groen aan binnekant.
Ek vermoed julle gaan by enige woonwaplek, of Campworld dit te koop kry.





Oortreksel
Middag Louise
Ek het myne sommer om die hoek van Necsa gekoop
Daar is 'n woonwaplek genaamd Bundu trailers regs van die pad wat damwal toe loop. Ek het daar reggekom, want jy koop volgens universele grootte. Goeie kwaliteit, en maak hele wa toe.
Laat Jaco 'n patrollie ry, maar kry net eers lengte en breedte van julle wa.
Groete