Ek en Martie het n 47 dae toer na die Kruger vanaf 29 April onderneem. Ek het weereens besef watter pragtige land ons het. Die 35 dae in die Kruger was werklik n belewenis aangesien ons ook na vele besoeke aan die park afskeid geneem het. Ek het probeer om elke dier te groet, maar dit was n onmoontlike taak. My beste kamp was natuurlik Thendze met Berg en Dal en Shingwedzi n kortkop agter. Satara se algemene toestand en organisasie bly n raaisel. Ons het 6393 km gery. Totale brandstof wasR18345 en ons gem. brandstof verbruik 7, 53 km. per liter.Tolgeld R845. Verblyf alles saam was R15640. In die Wildtuin het ons redelik gespaar met Die Wildcard van R1450. Ek het die pad deur Magoebaskloof ontsettend geniet en my hart was seer om die Waterberge te groet. Ons het nuwe kampe ontdek. Die paaie in die Wildtuin was ook vir my in n baie goeie toestand. Die Kruger sal altyd n wonderlike plek wees om na toe te toer, maar ongelukkig kom sekere dinge tot n end. Groete. Maurits
Maurits...
...dit was 'n voorreg om jou en Martie te ontmoet. Dalk loop ons mekaar weer eendag in die WesKaap raak. Mens weet nooit.





Einde van Kruger??
Rêrig Maurits?? Ek voel ook soms so. Maar as ek my weer kom kry is ek maar weer daar.
Dit was lekker om vir jou en Martie raak te kamp in Krokodilbrug.