Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -12 minutes ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -40 minutes ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Portable camping geyser

Rustenburg
Submitted by thesecretmahiha on

More mense,kan enige iemand my se of hulle enige een van die camping geysers gehad het en waste een is die beste opsie.Alva en Cadac

Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/07/2025 - 07:05

Dis die 1ste keer wat ek van die produkte hoor, of sien.

Ek het wel al die klein katoeter gesien wat mense aanbring aan 'n warm/koue kraan stelsel, wat water verhit vir gebruik by kampeer/opslaan skottelgoed--wasbakke.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/07/2025 - 13:29

....seker maar omdat ek nog nooit 'n behoefte aan dit gehad het nie. Ek kampeer mos nie in die rowwe bos waar daar geen ablusie is nie. 

Boonop indien ek dit sou oorweeg, het my Kavango sy eie gas geiser in vir stort en skottelgoed.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/07/2025 - 16:43

...ek het geen idee hoe dit lyk nie. Ek weet wel dit werk soos outydse geisers. As ek kraan oopdraai, maak dit water met vreeslike lawaai warm.laugh

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 09/07/2025 - 19:57

Hallo julle.  ek is n sucker vir sulke gadgets.

Ek het die AVLA een en dalk is dit n oue, maar as jy die spuit kraan afsit om seep te smeer gaan die vlam dood.  Dink die nuter modelle is dalk beter.

Jou opgaar tenk moet ook redelik volume he, om water deur die sisteem te sit.

Ek het weer n DOMPEL geyser wat jy in n 25 liter emmer gooi en koppel aan krag vir lekker warm water.....

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/07/2025 - 20:04

...nou waar gebruik jy dit??? Het jy 'n los storttent by jou Fleetline??

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 09/07/2025 - 20:41

Goeie Hout en Wessel ek gaan vir my een aanskaf vir kamp en noodgevalle.

Ek het 2 elektriese geysers in my huis en met die onlangse ontploffing by Valhalla se sub stasie was ons 8 dae sonder krag en warm water.    So 'n gas enetjie sou hanndig ingekom het vir skottelgoed was en 'n ligte warm stort.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 09/07/2025 - 21:06

Ek kan nou nie terugvoering gee op bogenoemde 2 modelle nie, maar ek het op n tyd n Bundu shower gehad. Pak lekker klein op in n drasak en koppel hom op n gewone gasbottel. Hy het baie lekker gewerk, maar volgens my bietjie swaar op gas gewees. Toe ek gekoop het was hulle hier naby my in Villieria....sien website wys nou Kaap

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/07/2025 - 07:02

....jy gee my nou 'n goeie idee. As die krag weer af is in Brits, gaan ek die Kavango se stort gebruik. Die gawe en oulike kompleks dames kan dan teen betaling daar kom stortlaughdevil

Die probleem is egter dat as die elektrisiteit af is in Brits, is die water ook sommer opcrying 

0
Rustenburg

thesecretmahiha

Thu, 10/07/2025 - 07:26

Hi Wessel,nee dus nie Buffelspoort nie,Buffeldpoort se ablusie blok is darem naby aan die fishing spot wat nie krag het nie,dus by Klipkopjes dam buite Witrivier,fishing spot so 5 km weg vanaf ablusie blok.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 10/07/2025 - 07:45

Het Len nie iets soortgrlyk vir hom gekry nie. As ek reg onthou werk dit onafhanklik, maar hy het dit aan die Exclusive se plumbing gekoppel met tye.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Tue, 22/07/2025 - 14:04

Die 1ste keer wat ek so geyser sien.

Ek dink hy sal ń "Gatsak" leeg maak met ń handvol "Bruines" angry.

Tydens ons permanent kamp van 5-jaar wat +/- 5x maande gelede tot Vaarwel geroep is het ek ń 16lt Ecco Gas Geyser in ons privaat badkamer ingesit en het toe alreeds bykans R5500 betaal vir hom in Bela en was nie Portable nie.

Herstelwerk en parte op hulle is ontsaglik duur.

My Computer box het destyds opgepak en vervang waarde = R1700.

Hulle is ook erg op gas. ń 9Kg gasbottel het slegs ń week - 2 weke gehou.

AGV die hitte in die Bosveld het ons die meeste van die tyd in koue water gestort of bad.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Tue, 22/07/2025 - 16:38

Ek het nagelaat om te noem: My 16lt Ecco Gas Geyser wysig volgens handleiding 1-uur/3kg Gas.

Op die einde nie te sleg nie, want niemand stort vir 3-ure lank nie asook jy tap nie bad vol warm water todat hy oorvol is nie.

Alles hang af van hoeveel verbruikers dit gebruik.

Die week - 2 weke as bogenoem was gedurende die Winter en Reen weer maande.

Die Bosveld kan nogals koud word gedurende genoemde seisoene.

Somer wanneer dit warm is en in koue water stort of bad sonder om Geyser te gebruik het ons gemaklik met gas deurgekom tot 2- maande op 9kg, want ek het ń "Splitter" aangebring vir die Gasstoof ook.

Sodra hy begin leeg raak en drukking is te laag het die Geyser aan en af geskakel, dan is dit tyd vir hervul.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 22/07/2025 - 21:13

Soos Geert hierbo noem, het ek 'n Bundu Shower omskep om warmwater na ons Exclusive badkamer te voorsien op plekke waar 220v nie beskikbaar is nie.  Die destydse Jurgens fabriek het in 2005 'n "stupid" oomblik beleef en daardie jaar net elektriese geisers geïnstalleer.

So lyk my baster gas-geiser as ons by Tsendze of Balule in die Wildtuin kamp.

.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 25/07/2025 - 10:33

Ek het die Alva gas een.

Ek werk myne met 'n 12v pompie sommer uit 'n 25L kan en jy koppel hom sommer aan die 3kg gasbottel. Hy kan direk voer van 'n kraan teen lae druk, met die pompie of "gravity". Maak baie vinnig jou water warm.

Gebruik asb net Energizer batterye anders gaan daai igniter nooit aankom nie.!

Ons het nou 3 maal al sonder water gesit wat ek die geyser moes afsit. Water van die boorgat in die bad getap, die pompie ingegooi en vinnig 'n lekker warm bad gehad

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus