Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Huur Help met kamp beddens en… Geert -2 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -4 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -11 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -12 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -13 hours ago

Strydoms se Baviaans en Tuinroete besoek 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ons beplanning het sodanig gevorder dat ek die gesprek kan begin. Ten einde die toer vorm te gee, en te beplan, is 'n paar besprekings reeds gedoen. Die fyn detail tussen KarooNP en BergkwaggaNP moet nog finaliseer word. Wat wel 'n feit is, is dat daartussen tyd ingeruim gaan word vir 'n Baviaanskloof besoek. Tesame daarmee ook 'n aantal dae in die Tuinroete gedeelte tussen George en Port Elizabeth. 

Die program lyk tans as volg;

MokalaNP             18 tot 23 Augustus  [bespreek]

KarooNP                 23 tot 28 Augustus  [bespreek]

Baviaanskloof        28 Aug tot  1 Sept

Tuinroete                1 tot 6 Sept 

Bergkwagga NP     7 tot 12 Sept [bespreek]

Dis die beplanning, en die tyd sal leer hoe dit gaan realiseer.

 

 

Pretoria

Geert

Sun, 19/10/2025 - 13:08

Miskien moeite werd om te wag vir Black Friday vir buite seisoen besprekings. Ons kon destyds 50% afslag kry op Storms rivier en Addo. Ons kon nie by Ebb en Flow kry nie omdat ons 1ste week in Januarie daar was...binne seisoen. 

Omdat Storms Rivier gewoonlik baie plek het buite seisoen, kan jy paar dae vooraf weervoorspelling dop hou....as dit lyk of winde nie gaan pla nie, kan jy op baie kort kennisgewing daar bespreek of oorskuif.

Terloops....ek wonder hoe vorder daai restaurant by Storms Rivier?

0
Worcester

Wildehont

Sun, 19/10/2025 - 18:27

Ek dink nie vier aande vir Baviaanskloof is genoeg nie. Van die Willowmore kant af kan julle by ‘n hele paar plekke uitkom. Patensie se kant is moeiliker sonder ‘n viertrek, maar daar is mooi dele buite die reservaat. Lees nog ‘n bietjie op, julle het gelukkig nog baie tyd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/10/2025 - 19:36

Chris S, jy is reg, daar is tyd om die toedeling van dae vir Baviaans en Tuinroete te finaliseer. As dit daarop aankom kan ek selfs die Bergkwagga bespreking aanskuif.

Die Ooste kant het 'n voordeel, dis amper teerpad tot voor die reservaathek. Die nadeel is, dat soos jy tereg opmerk, mens daar dadelik in die rowwe deel is. 

Die Weste kant van die reservaat is minder bergagtig, maar dis 'n lang afstand grondpad tot daar. Dit lyk of dit maklik 100km plus kan wees vanaf Willowmore.  Hopenlik is die pad rybaar as ek daar kom. laugh

Ek speel met die idee om 'n aand aan Patensie se kant, by Kudu Kaye te oornag, om daardie deel te sien, en die pad korter te maak na BergkwaggaNP.

 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 19/10/2025 - 20:13

Daar was regtig niks uitdagend aan die pad tot by die hek waar die wildernis gedeelte begin nie. Ordentlike grondpad. En van waar mens begin afsak van Willowmore af was die landskap mooi. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Sun, 19/10/2025 - 20:19

Ons het ‘n nag of twee daar geslaap, en dit was ‘n ervaring. ‘n Regte boomhuis. Hier is ‘n skakel. Daar was boesmantekeninge in ‘n grot waarheen ons maklik kon stap ook. Hier onder staan my ou Everest langs die boom waarin die boomhuis is. 

A

 

 

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 20/10/2025 - 11:31

Nie vir hierdie banggat nie. Slange spinnekoppe??? Nee dankie. Ek hou nie van die gedagte om uit 'n boom te val nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 20/10/2025 - 14:46

Ek het jare gelede (in die 70's) meermale sover as Studtis gery - sommer redelik na-aan die Baviaanskloof se "mak" gedeelte vanaf die westekant. Die Nortjé's het daar geboer (die skrywer PH Nortjé se broerskinders) en 'n winkel bedryf. Die boere in daardie omgewing het redelike appelkoos-aanplantings gehad en het begin om vrugte te droog. Dit was in my Droëvrugteraad-dae.

Die een broer was Gustav. Hy't eendag vir my na 'n afgesonderde hoekie van hul plaas geneem - 'n stukkie sub-tropiese paradys met allerhande sub-tropiese vrugte wat daar gedy het. Die voëllewe was ook heeltemal anders as in die res van die omgewing.

Die kort stukkie pad tot Studtis vanaf Willowmore was reeds asemrowend mooi. Op pad na die kloof, nader aan Willowmore, gaan jy 'n plaas verby met die interssante naam van Skilpadbeen. Sedertdien het ek 'n brandende begeerte gehad om die res van die kloof te sien, maar dit was my ongelukkig nie beskore nie.

Doen dit Wessel terwyl jy kan.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 20/10/2025 - 16:16

Dis darem nie ‘n boomhuis soos wat ons op skool gebou het in die agterplaas nie. Daar was ‘n slaapkamer, eet/sitkamertjie, kombuis, buitelug eet area en buitelug badkamer. Die huisie was nie baie groot nie, maar vrek oulik. En stewig. 
 

A

B

C

D

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 21/10/2025 - 20:15

Dit laat my dink aan spinnekoppe en slange nee asb.  My eie karavaan sal wel doen.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 06/01/2026 - 09:08

Gister kry ek WhattsApp van iemand wat vra of Oudtshoorn ñ goeie bande plek het. Bietjie teespoed gehad met die uittog, op pad Kaapstad toe.

Foto was aangeheg.

Band

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/01/2026 - 10:48

....ek ken daai band. Ek het presies daai Bridgestone Dueller op Grompie ook. Toyota sit baie keer dit in die fabriek op. Die velling lyk gelukkig OK. Snotstrop en blikkie Gatvol gaan nie daar werk nie.

Jou ontvangde boodskap het seker nie genoem presies waar dit gebeur het nie. In die properse reservaat gedeelte, of op die grondpad na Uniondale se kant toe.

Sit juis gisteraand en kyk na die reeks SAFARI 4x4 van Petri de Wet op kanaal 145. Hy noem toe dat hulle die bande afgeblaas het na 1.8 vir 'n normale grondpad [openbare]. Nou wonder ek, wat is die mees korrekte druk vir 'n lekker grond[gruis] pad. Ek hou maar Grompie en Kavango s'n op 2.5 bar vir die grondpad na  Mokala/motswedi hek.   

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 06/01/2026 - 11:12

Nie seker of druk en klippe wat gate in ń band steek kan verbind word nie. Bv 4 weke gelede moes daar ń slootjie oor ons paadjie 10 treë van ons huis gegrawe word. Ek kruip met Stoffer nader en stop. Met die uitklim hoor ek ń SSSS...  en daar word sit  die flymskerp klippie nog in die band.

Self hou ek nie van te pap bande in klippe nie, die sywalle is dan meer uitgedruk en kan makliker gesny word. Sykant met ń gat in, is is weggooi, kan nie reg gemaak word nie.

Wat ek wel weet, en dit is baie bekend dat met sekere pad oppervlak, bv los klippe, lig jou voorband n klip op, en voordat dit lekker platval, trap jou agterband dit raak. Nou word dit stadig pap, jy sleep voort, die kar begin so bietjie swaai, jy dink dis maar die los oppv en volgende oomblik gee die band mee. Dit is so warm dat dit dan met die stuk pap ry nes in die foto opeindig. Het my al paar keer oorgekom. Net banddrukmonitors sal dit keer.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 06/01/2026 - 12:31

Nou word dit stadig pap, jy sleep voort, die kar begin so bietjie swaai, jy dink dis maar die los oppv en volgende oomblik gee die band mee. Dit is so warm dat dit dan met die stuk pap ry nes in die foto opeindig. 

Vanaf Visrivier Canyon-uitkykpunt op pad na Grunau, hoor ek 'n snaakse geluid maar die Hilux loop lekker op die gruispad. Ek vra nogal vir Ralie of sy ook die vreemde klank hoor. Pleks dié mamparra (dis nou ek) hou stil en stel ondersoek in. Maar Grunau lê binne sig van ons en ek ry voort. Die volgende oomblik gee die Hilux 'n ligte swaai en ek besef dit is 'n papwiel. Toe lyk die linker-agterband net soos die een op Neef se foto.

Die tweede keer (ook op 'n gruispad in Namibië - naby Maltahohe) het ek intussen banddruk-monitors laat installeer - wat my redding was. Ek en my skoonseun kon sommer daar langs die pad 'n "plug" indruk, die band weer pomp en verder ry.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 24/01/2026 - 16:37

Ek droog beskuit en met nie veel meer om te doen nie, lees ek toe onder andere iets oor Baviaanskloof met 'n video daarby. Ek onthou nie die oom se naam nie, net dat hy nie meer 50 is nie en ek dink hoofsaaklik die lof van sy Navara wou besing. Elke moontlike funksie wat 'n 4x4 kan hê was nodig en dan ook ingespan - hy het die Rus en Vrede track gery met 'n kampeersleepwaentjie gehaak.

Dit laat my toe die Baviaanskloof-draad op die forum lees asook die Strydoms se beplanning. In 2023 (as ek reg onthou) is daar geskryf "tot waar Marie halt roep".....

Wessel, so weet ek niks van Baviaanskloof en jou beplande roete nie, net dankbaar dat ek nie hoef saam te gaan nie. Prince Alfred pas, in die laat 80's was genoeg - eintlik die een keer te veel.

Lekker beplan en droom.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/01/2026 - 19:58

...julle kan maar saamgaan. Marie sal sorg dat daar gougou halt geroep word.laugh

Ek ken my beperkinge, of dan wat ek liewer NIE met my 4x2 Grompie moet aanpak nie. Ons gaan rustig Baviaanskloof -plase inry, tot by lekker plaas-kampeerplek. Vandaar met Grompie die reservaat verken tot Grompie skree--draai om. laugh

Prins Alfred pas is ook op die agenda. Dit sal ook sonder die Kavango aangepak word van Plettenbergbaai se kant af. 

Daar is nie "tyd" om 'n ordentlike 4x4 aan te skaf nie.crying

NS: Jy moet net seg as ek nie fotos van toer moet deel nielaugh

  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 24/01/2026 - 22:01

Wessel, ek kyk nie horror movies nie, maar hier is 'n paar ouens wat nie vir daardie terugvoer kan wag nie. Ek sal maar my oë toedruk en net loer indien daar 'n ouderdomsperk van 18 is.

Het iemand al ooit 'n ander sterkte toegewens met 'n vakansie?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/05/2026 - 10:46

Ek het besluit om hierdie toer ook af te skryf, bloot weens onsekerhede oor;

1] padtoestande in KarooNP, gaan Meiringspoort oop wees, begaanbaarheid na Baviaanskloof plase en reservaat. Dan ook nog die verspoelings in Tuinroete omgewing. Blykbaar het van die beter woonwaparke, soos Plettenbergbaai forever ook sleg deurgeloop en verspoel.

2] dieselprys wat moontlik steeds hoog gaan wees gedurende Augustus en September. 

Ek kon vanoggend die besprekings kanselleer by Sanparke, en my gelde op krediet plaas, vir latere gebruik.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus