Môre Maurits
Ek begin die gesprek namens jou. Jy het my nou skoon jaloers omdat jy toer/vakansie hou, skaapvleis kan bekostig EN nog Kalaghadi ok gaan besoek.
Ek hoop julle gaan by Augrabies ook oorstaan. Gaan ry bietjie daar rond, dit is eintlik mooi daar.
Ek sien uit na 'n lekker daaglikse verslag met fotos
Padwa???
Middag Maurits
Ek lei uit Chris B se inset hierbo af dat jy met 'n padwa kampeer. Ook dat jy met 'n Hilux sleep.
Ek was ook verlede jaar slegs tot in Twee Rivieren. Lekker daar gestaan vir 5 aande en elke dag twee maal/dag gaan wild kyk. Dalk was ek gelukkig want die paaie was omtrent elke 2de dag tenminste met bande gesleep, om die sinkplaat te stryk.
Ek gaan met my karavaan net…
Ek gaan met my karavaan net tot by Twee Rivieren en dan maar rondry. My vrou trakteer my een aand in n tent kamp. Ek hoop nie sy dink ek gaan streke uithaal nie
Eerste boom links
Maurits
Soos julle indraai in die kampeerterrein, in die middel af staan 'n eensame doringboom. As jy 'n lang verlengkoord het, maak jou staan daaronder. Dit is die 1ste boom en dalk nie 'n gemerkte staanplek, maar glo my, jy gaan die plat staanplek geniet. Die kraan is ook effe vêr, vir konstante koppeling, maar ek kon bykom met by verleng-tuinslang.
Heeldag koelte, en binne 20m van ablusieblok af.
Middag Maurits
Hoe het jy die Kalaghadi gevind en geniet.
Sal graag jou indrukke wil hoor, gestaaf met foto's.





Geniet ...
... dit Maurits. Ja, ek hoor wat jy sê van 'n karavaan se wiele moet rol. Myne sal tot minstens vroeg Nov nog stilstaan.
Ek aanvaar dat jy net tot Twee Rivieren sleep. Ek hoop vir jou part dat die paaie noord van Twee Rivieren is nie te vrot nie. Vir die wis en die onwis moet julle dalk maar mondskerms saamvat. En Martie dalk selfs 'n sportbra, want by geleentheid gaan julle skud - sonder twyfel. Bring maar die Hilux se banddruk af na hoogstens 1.6 Bar - selfs laer.
My beurt wag April 2023 - maar nie met die wa nie.