DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 674 views
Goeie more almal! Mag…
Goeie more almal! Mag julle 'n heerlike Vrydag hê!
Goeie more.
Goeie more aan elkeen van julle, vir 'n verandering gaan ek vanoggend eers groet, dan gaan ek buite toe?
Die wie gaan kamp, ry veilig en geniet dit, die res van ons, geniet die naweek saam met jul gesinne.
Die weerlyk belowend hier, glo dit gaan more reen??
Hi
Hi
More Almal. Lekker dag vir…
More Almal. Lekker dag vir almal.
Dit is Vrydag en die naweek gaan ek gebruik om so n paar laaste goedjies aan die sleepwa te doen vir die MOZ uitstapie wat voorlê.
Hoop dat almal se naweek n rustige een sal wees.
GM !
Goeie môre almal !
Verskoon tog maar, ek weet ek praat in die laaste tyd net oor droogte en die bietjie reën wat ons wel gekry het - julle is seker al gatvol daarvoor.
Op verskeie plekke lees ek "gegroet uit 'n papnat Kaapstad". Net ter inligting oor my reënmetings die afgelope klompie dae :-
- Donderdag 12/10 - 3mm
- Vrydag 14/10 - 6mm
- Maandag 16/10 - 5mm
- Woensdag 18/10 - 4mm
Ons is baie dankbaar vir die 18mm reën hier in Brackenfell, maar hier by ons is dit beslis nie papnat nie. Ek hoop maar daar waar dit saak maak by die damme se opvanggebiede was dit wel papnat.
Die voorspelling is eers weer volgende Woensdag en Donderdag 'n bietjie "ligte reën !
My nuwe watertenk wat ek verlede week opgesit het vang reënwater op van 'n dakoppervlak van 50m² en die 18mm reën het 700 liter water in die tenk gelewer. Ek gaan voor die volgende reëntjie nog 'n dak-oppervlak se geut aan die tenk koppel om so veel as moontlik water te "oes".
Lekker dag en naweek aan almal !
Lê nog soos 'n vrot vel maar…
Lê nog soos 'n vrot vel maar het darem al die 2de beker koffie agter die blad.
More mense
Dit is 'n lieflike dag hier by Van Stadens, ek dink dit gaan bietjie warm word later. Hope voëls kuier al van vroeg af hier by my. By die huis het ek brood droog gebak in die oond en toe fyngemaal. Ek sorg dat daar altyd van die krummels en voëlsaad vir hulle is.
My tee is klaar gedrink, ek dink dit is nou tyd vir koffie.
Lekker dag vir almal.
O ja! Hi Arie! (Jy tart ons lekker ne?)
Len en die reën
Die reën wat so wegbly is regtig 'n groot bekommernis. Die Kaap is op die stadium in 'n meer benarde posisie as ons. Ons kry ook af en toe reën maar hoor gladnie dat dit die posisie van die damme verbeter het nie. Die Kaap was altyd bekend daarvoor dat dit baie reën in die winter en water was nooit 'n probleem nie.
Dit stuur nou af op 'n ramp en dit lyk of net nog 'n ramp dit gaan regmaak. Daar sal moet vloede en oorstromings kom. Seker hier by ons ook.
Len, ons kan maar net hoop en bid iets gaan gou gebeur. Nie so lank terug nie was Natal ook in 'n waterkrisis.
Goeie more…
Goeie more.
Lekker naweek en ek sien die weervoorspelling praat van reen vandag en ook n warm dag. 31 grade.
Lekker dag vir elkeen.
More almal
Glo ons gaan lekke reen kry innie land Freda julle moet n hond uit n bos kamp kyk eersgister aand na n heruitsending van sleep en wraggies Willows is toe op wat n oord ook op my lys nou gesit Die koffie loop soos stroop vanoggend
More, more!
Weer 'n pragtige dag hier by ons. Gister het heelwat naweek kampeerders begin inkom. Lekker om te kyk hoe almal kamp opslaan en die plek begin lewe kry.
Ja, Shaun, Willows is 'n lieflike oord. Ons ken hom al so goed, sien nie meer altyd sy mooigeit raak nie. Hoop jy kom by hom uit!
Aangename Saterdag vir julle almal.
Goeie more…
Goeie more.
Lekker gereen deur die nag. Aarde is lekker nat. Sien die son skyn weer vanoggend. Is dankbaar vir die reen.
Koffie reeds gehad sommer saam met beskuit.
Lekker dag vir elkeen
Bo verwagting
More almal bo verwagting het my WIEPPP span die Lions geklop Secunda het 55 mmm reen deur die nag gehad en ja die koffie loop soos stroop
Goeiemore
Drink niemand vanoggend koffie of tee nie? Of slaap almal laat?
Dit lyk of dit weer 'n heerlike windstil dag by ons gaan wees.
Gisteraand kon ons bietjie buite sit by die vuur en 'n ribbetjie gebraai. Ek dink vandag is potjie tyd.
Aangename Sondag vir almal.
More almal. Lekker dag vir…
More almal. Lekker dag vir almal...
Lekker om terug te wees op die Forum.....
Welkom terug!
My wêreld, kan mens nou so verlore voel? Teen vanoggend het ek begin bekommerd raak dat Kampforum vir goed weg is. Ons almal sit benoud en wag dat Voortrekker tog net iets kan uitrig met die dekselse Afrihost (of wat hulle ookal is).
Maar, hier is ons weer, in al ons glorie. Voorwaarts mars!
Ja Freda, 3 dae van sonder…
Ja Freda, 3 dae van sonder kampforum en toe sien ek dit is al lente en die bome is groen. Ek sien ook toe dat ek 2 seuntjies het en dat ons TV's nog werk.
Dis lekker om terug te wees!
So maak Anton
Nou laat vir koffie drink maar hi almal lekke om forum terug te he en dankie Anton virrie harde werk
Dankie Anton, ons waardeer…
Dankie Anton, ons waardeer jou moeite baie!





Goeie more…
Goeie more.
Vrydag is alweer met ons. Sit reeds en tee drink.
Vanoggend lekker warm en die weervoorspelling voorspel reen vir vandag. Ek verwag dit eers laat middag as dit wel so is.
Lekker dag vir elkeen en die wat gaan kamp ry veilig en geniet