Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -16 minutes ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -46 minutes ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -6 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -9 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -9 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -9 hours ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 06/09/2022 - 20:25

.... is jou afstande dan te lank tussen kampe wanneer jy daardie groot spronge maak (my beskeie opinie). Ek (maar net ek) ry nie meer as 125 km tussen kampe nie - aller-maksimum. 60 km is egter 'n lekker afstand as ek sleep (vir my). Daarom slaap ek eerder een nag oor by 'n tussen-in kamp om my afstand te breek. Ek ry byvoorbeeld Punda Maria toe vanaf Phalaborwahek en slaap twee keer oor - naamlik in Letaba en Shingwedzi.

Ek ry egter gereeld tussen Onder-Sabie en Satara (of omgekeerd) - 'n raps korter as 125 km. Maar steeds ry ek stadig, want ek wil niks mis nie - of ek nou van kampe verwissel of net op 'n gewone "game drive" gaan.

As ek nie sleep nie, m.a.w. in vaste akkommodasie bly, verkies ek weer 'n afstand van 90 km+ tussen kampe. Andersins kom ek te vroeg by my volgende kamp aan waar ek eers 14:00 (waaroor hulle baie rigied is) kan inboek.

Maar al hierdie ongeskrewe reëls is maar my eksentrieke manier van doen. Ander ouens laaik hulle manier van doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/09/2022 - 07:59

Môre vriende

Aangesien ek nou so lekker oor die vingers geraps is, moet ek ter versagting prosedeer.laugh

Ek trek weg met die beste bedoelings om stadig te sleep as ek van kampe verwissel. Na so 'n entjie begin ek peins oor hoeveel ouens gaan staanplek soek in volgende kamp, hoe lyk die paar beskikbare plekke, is dit gelyk, is dit maklik toeganklik, is dit naby ablusieblok. Ek moet ook tyd inruim om Kavango oop te maak, wat my so 2 ure neem. Dan begin die senuwes knaag, en sleep ek al hoe vinniger.

As ek deesdae spronge beplan/bespreek in die willetuin, is die Satara-K.Brug afstand my kriteria. Ek sal nie graag verder as ~125km wil sleep nie.  

0
Worcester

Wildehont

Wed, 07/09/2022 - 09:13

Ek is dit eens met Wessel. Die 14:00 inklok tyd word wel streng toegepas op vaste verblyf in nasionale parke, maar glad nie op staanplekke nie. Dit het ek al meermale gesien in Kgalagadi en Kruger. En selfs as jy 50 op jou spoedmeter ry, kom die ander kampeerders verby jou gesleep (letterlik en figuurlik) van agter af. Ek weier om te vinnig te ry in die wildtuin, maar ongelukkig lyk dit asof niemand anders hulle daaraan steur nie, en dit maak my skuins beneuk (en op my senuwees as ek moet gaan staanplek soek). 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 07/09/2022 - 09:53

Moet bieg dat ek ook bietjie haastig is as ek kamp verskuif om goeie staanplek te probeer kry.  Oorskry nie die spoedgrens nie maar stop nie sommer nie en raak hoogs beduiweld as mense die hele pad toestaan ek kan nie verbykom met wa agteraan nie. 

Het ook met my gebeur toe ons oppad huistoe was van Onder Sabie en naby Krokodil brug was die hele pad toegeparkeer en al het ek hoe beduie die mense wou nie vir my plekmaak nie. Was later toe maar bietjie ongeskik en net die Ford se neus ingedruk en maar die vuil kyke ge-ignoreer want ons wou by die huis kom. 

Ons ry gewoonlik as die hek oopmaak maar met ons laaste besoek het ons verkies om in een kamp te bly. Nou bly ek rustig en Elmarie hoef nie my tirade aan te hoor nie. 😂

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 07/09/2022 - 11:05

.............dit mag vir ander mense werk maar ek het geen reëls en regulasies wat ek op myself afdwing wanneer ek reis na 'n kamp waar ek bespreek is nie.  Ek ry rustig en geniet die rit en alles wat daar langs die pad te siene is. As daar by my bestemming-kamp werklik nie 'n skaflike staanplek beskikbaar is nie, wag ek tot die volgende môre wanneer ouens begin aanskuif, skuif dan en slaan dan eers op.

Ek volg ook die gebruik om by 'n kamp(ie) by 'n ingangshek te oornag (byvoorbeeld Maroela, Malelane, Krokkodilbrug, Punda Maria) en dan die volgende môre na my bestemming-kamp te vertrek.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/09/2022 - 11:11

....wat net kan stilhou, inprop en slaap.

Jy is gelukkig om dit te kan doen. Ek ontsien net die moeite om met my halwe Exclusive dit te probeer. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/09/2022 - 13:25

Vriende gaan ook Letaba toe en het gedink hulle gaan die Vrydag al in Letaba toe want hulle is in die tenthuise.  Dan het ek gedink hy kan net sy voertuig of Wijan se ou klein tentjie op 'n mooi plek staan maak om so vir ons plek te hou.  Hy het net gesê hulle het nog nie besluit nie en ons kan later om 'n vuur gesels.

Die kamp het Vrydag nog heelwat plek maar van die Saterdag is hy vol volgens hulle web besprekings.  Anders moet ek kyk of ek nie dalk die Vrydag laat kan in gaan nie, dit sal beteken ek sal vinniger op die pad soontoe moet sleep. 🤷‍♂️

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 09/02/2023 - 10:08

My ma my laat weet laaste 24 uur het sy 75 mm reen uitgegooi party plekke in Phallas en oppad Mica toe tot 100mm reen gekry Onder Sabie redelik pad oppervlak skade baie strome is nou riviere wiltuin sopnat 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/02/2023 - 11:10

....steeds mooi en ruig wees as ons daar aankom begin Junie maand.

Dankie vir die lekker nuus Shaun

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/02/2023 - 12:53

Môre vriende

Ek sien nounet dat die KNP personeel mense uit Krokodilbrug en Onder Sabie laat ontruim het, na Berg en Dal toe. 

Dit wil voorkom of hulle nie kon uit na die dorp Komatiepoort toe nie, en ook nie teerpad, Skukuza om nie. Die ouens is met woonwaens en al maar op die grond [modder]pad na B&D toe. 

Die ouens met waens het maar gebrul, dit lyk of die sleepstroppe sommer gekoppel gebly het vooraan die bakkies. 

Die berig was geplaas op die Gecko-blad

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/02/2023 - 14:26

Middag vriende

Lees ek nou die foto verhaal van die besoekers wat die afgelope naweek verskuif moes word. Hulle is omtrent 70km met 'n grondpad begelei na Skukuza.

Voel toe baie windgat met al die Toyota wapens wat te siene is. Skuif ek my bril reg, sien toe dis die voertuie wat gehelp word. Die probleem was seker maar die drywerslaugh

Grappies op 'n stokkie, ek dink dit moes erg gewees het om daai modderpad met 'n woonwa op sleeptou te voltooi. Seg ek vir my besturende direkteur, ek wonder hoe sou Grompie met die Kavango gevaar het. Ek weet wel dat die drywer die pad redelik droog sou geswets het.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 08:22

Môre Kruger liefhebbers

ek lees nou in Maroela medie dat die Komatipoort grenspos alweer steeds] 'n knelpunt is. Steenkooltrokke staan opgedam vir 20km in die rigting van Malelane. Dit is omtrent halfpad terug. 

As dit die tendens gaan bly, is Krokodilbrug hek nie meer 'n opsie vir my nie. Dit is jammer, want dit was 'n lekker hek vir ingang en uitkom vanaf die N4. Boonop is die ou kampie ook aangenaam vir 'n oornag staning.

LEN: Dalk moet jy 'n pleidooi rig aan SANPARKE om te help om die probleem aan te spreek. Hulle reageer mos op jou skrywes. 

0
Pretoria

Geert

Sat, 01/07/2023 - 09:27

Ja Wessel, dit het my ook gepla omdat ons oor 12 dae daar moet ingaan.  Wou ook amper planne en roete verander om daai aksies te mis, maar ek het nou met paar mense gesels wat daar is, jy moet nie tot Komatipoort ry nie, daar is vroeer n afrit na Marlof en Ngwenya wat mens neem en hy sluit dan aan by die Krokodilbrug pad. Ek hoor die probleem is ook so erg op die N2 by Richardsbaai waar trokke ook hordes km's staan

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/07/2023 - 09:55

... sou gister by Malelane-hek uitgaan, N4-langs ry tot Komatipoort om by Krokodilbrug weer in te gaan. Die doel was om in Onder-Sabie te gaan Mugg & Bean en dan weer met wildtuinpaaie terug te keer B&D toe. Ek sal bietjie verneem of hulle toe wel dit gedoen het en wat die omstandighede op die N4 by Komatipoort was.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/07/2023 - 11:17

.... seun gepraat. Hulle het toe gister by Malelane-hek uitgegaan na Krokodilbrug. Hulle het die roete geneem wat al hier aanbeveel is, naamlik neem die tweede pad wat afdraai na Marloth Park (nie die eerste een nie) en sluit net voor die Krokodilrivier by die Komatipoort/Krokodilbrugpad aan. Klaarblyklik 'n lekker teerpad. Om sy woorde te gebruik - "nie 'n lorrie van 'n dagoud gesien nie".

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 11:31

....in die toekoms.

Ek oorweeg dit steeds om vir volgende jaar ons laaste kamp te maak in Onder Sabie. Dan glip ek by K.brug uit huistoe. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/07/2023 - 14:07

.............'n heerlike teerpad na Krokodilbrug-hek om Komatipport en die trok-fiasko mis te loop.  Ek het hierdie pad nog net eenkeer gery, maar in die teenoorgestelde rigting oppad huis toe en was aangenaam verras.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus