Middag vriende
Ek begin die gesprek, bloot om te hoor of julle ook sensitief is oor;
1] tipe olie in jou voertuie, dis nou Castrol, Shell, ens
2] die viskositeit gradering van smeer-olies
3] mineraal, sinteties of goeie mengsel daarvan
Volgende week moet Grompie ingaan vir sy eerste gratis diensplan afspraak. Ek twyfel of Toyota vir my gaan sê wat se olie hulle ingooi, en dit bekommer my. Volgens my persoonlike Duitse werktuigkundige, raai hy my aan om maar die eerste 3 dienste, daar te doen. Dan is die waarborg periode verby, en kan ek dan weer Grompie na hom toe bring. Hy diens baie Hiluxe en gebruik hofsaaklik ELF 15W-40 in die dieselbakkies. Die man het 'n toegeruste werkwinkel wat selfs neef Herman sal beindruk.
Ek vind dit vreemd dat die viskositeit spesifikasie gekoppel word aan die buite temperatuur. Hoe kleiner die syfers, hoe makliker vloei die olie. Klaarblyklik help dit veral met smering na 'n baie koue aanskakel.
Ek het nagelees op die internet, en interessant brokkies raakgeloop. die een persoon beweer sy bakkie het olie gebruik, toe oorgeslaan na 'n ander tipe, en die olieverbruik het omtrent tot zero gedaal.
Ek is nogal bekommerd oor die olies en hulle eienskappe om veral swawel en gepaardgaande korrosie probleme teë te werk.
Ek lees graag insette van kundiges, dus laat ons hoor asb.
Ek vertrou maar dat die…
Ek vertrou maar dat die agente elke keer die regte Maximile olie ingooi met dienste totdat my diensplan verval.... daarna sal ek ander opsies oorweeg.
Die Maximile olie gaan gepaart met 20k km dienste...





Olie keuses ...
Ek is maar dom met die olie ding en is verward toe ek die ST se turbo gedoen het want almal se raad verskil met die van Ford ook.