My dogter-hulle het 'n 1993 Penta gekoop waar daar baie werk is wat wag.
Skoonseun is 'n handige man en wil die hele wa oor doen, hy het reeds daarmee begin, ek gaan vandag kyk bietjie raad gee, sal soos hy vorder ook hier verslag doen.
Hulle beplan om kort-kort te gaan kamp, en te sien wat hulle nog wil / moet verander.
Ek moes net keer, hulle wou al so gaan kamp het, maar hy moet eers dringende dinge doen.
Anton dit gaan 'n baie…
Anton dit gaan 'n baie lekker projek wees, ons net geweet daar is baie hout kanker, waarvan die dak eerste prioriteit is. Dit is pap vrot!
Ek moet erken, ek geniet dit baie om so van begin af met die dinge te help en advies te gee.
Quinton het met kampering deur Chrissie (natuurlik ek en my vrou) te doen gekry, en die gogga het gebyt.
Die dak.
Die dak is vrot, ons maak 'n nuwe dak met die raam van die oue.
Ag seker maar......
....voornemende kopers.![]()
Ai tog, ek kry julle jammer met die lang termyn herstel projek.
Kan daai daklose wa onder 'n afdak ingaan, indien nie, sal julle swaardiens seil of PVc moet oortrek. Net perdalks kom hier nog reen verby.
Eerste prioriteit is sekerlik padwaardigheid sertifikaat, en al die moontlike herstelwerk wat daarmee saamgaan.
Naand Wessel, die afdak is…
Naand Wessel, die afdak is net te vol/laag vir die daklose Penta, maar Quiton het seil oor balke bo-oor gesit vir die doel.
Sjoe!
As mens die tyd het (die soort op die kalender en die soort in die beursie) dan is dit seker lekker. Maar net daardie dak sal al my moed breek. Is daar ‘n manier om houtvrot te identifiseer sonder om die wa uitmekaar te haal?
Ek is van voor af dankbaar vir my Kavango se veselglas dop. Ek dink my onlangse gekraakte pyp wat ek te laat bespeur het sou genoeg wees om houtvrot te laat geskied. Gelukkig was dit Februarie-warm op sy beste die naweek wat dit gebeur het, en die Kavango het in die son gestaan sonder ‘n silwer seil. Alles het dus mooi uitgedroog, en daar is geen hout in die wa nie. Die onderstel is gelukkig ook vlekvrye staal.
Sterkte met julle projek, en geniet die uitdaging! Dit sal interessant wees om die vordering hier te volg. Dit sal nog meer interessant wees as julle kan boekhou van die totale koste (aankoop en herstel).
Heng, dit is vir n begin…
Heng, dit is vir n begin sommer n klomp werk. Ek hoop regtig dat hier om die deure en vensters is die houte nog stewig.Voorspoed Johann, sien jy gaan lekker besig bly vir n tyd....tjie.
Penta oordoen..........
Hierdie afgetrede bank-laaitie het so 'n paar jaar terug sommer vir die sports soiets aangepak - 'n 1990 Sprite Super Sport wat ek op 'n veiling gekoop het.
Houvrot-herstelling is 'n helse groot werk :-
Vrot neuskas :
Eindproduk :
Sommer vir die sports.....
.....drink ek liewer Vino Cartonne en gaan kamp.
Len, ek sal jou met baie meer respekte moet groet volgende keer, die bank laaitie is toe gladnie 'n nerd nie.
Het die bure nie gekla oor die projek en getimmer in julle vooraanstaande kompleks nie.?? So 'n wrak pas mos nou nie mooi in, in die estetiese netjiese kompleks en duur huise nie.
'n 1990 Sprite Super Sport…
'n 1990 Sprite Super Sport wat ek op 'n veiling gekoop het.
Len, is hierdie die wa waarmee jou kinders gekamp het by Hartenbos toe ek jou aflewering gedoen het.
Nee Hennie..............
...............dit was my dogter en haar gesin wat met hulle Gypsey Regal in Hartenbos gekamp het toe jy my "mags" daar afgelaai het. Die 199o Super Sport Sprite het my seun en sy gesin gebruik en was selfs in 2019 Kruger Wildtuin toe hier vanaf die Kaap. Hierdie Sprite is intussen verkoop.
Wessel, vir die projek het ek my Exclusive by 'n huurplek gaan stoor sodat sy motorhuis vir die Sprite se herstelwerk beskikbaar is. Gelukkig het ek geen bure-klagtes gehad nie. Ek beskou jou verwarring dat ek moontlik 'n "nerd" is/was as 'n kompliment. "Nerds" is mos slim ouens terwyl my rapporte tydens my skoolloopbaan deurspek was met rooi-kringetjies ! Terwyl ons nou op hierdie "topic" is, wonder ek of "nerds" ook lief is vir die Wildtuin en kamp hulle ook graag ?
Hierdie Sprite is intussen…
Hierdie Sprite is intussen verkoop.
Regso dankie.
Laer klas, vervelige ouens hier op Kampforum
Hennie se verwysing hierbo na die "aflewering" wat hy vir my in Hartenbos gedoen het. Vir die ouens wat nie weet nie, hier is die storie :-
Ek wou baie graag my Exclusive se standaard wit-wiele met "mags" vervang het, maar kon nêrens die presiese wiele wat Jurgens teen 'n moerse prys verkoop, kry nie. Ek het my lot op die destyds Weg-forum bekla en hier kontak 'n ou (Willem/WilSur) my dat hy via 'n kontak kan help. Willem koop die 4 "mags" maar hy sit in Pretoria en ek in Kaapstad. Aflewering vind toe soos volg plaas :-
- Ek het 'n Volkskas/army vriend met die naam van Gert wat in Roodepoort woon wat bereid is om te help
- Gert se swaer Jan, woon in Pretoria naby Willem in Daspoort
- Gert reël dat Jan die naweek by hom in Roodepoort kom braai, die wiele by Willem gaan haal en Roodepoort toe bring
- Ek vertel die vordering op die forum en hier kom 'n ou, Hennie Botha wat ook in Roodepoort woon, en bied aan om die wiele Hartenbos toe te bring - Hartenbos (400km) is darem nader aan Kaapstad as Roodepoort !
- Toevallig kamp my dogter en haar gesin in Hartenbos en Hennie lewer die 4 wiele by haar af
- My dogter se skoonouers (van Kaapstad) doen 'n verrassing besoek aan my kinders waar hulle in Hartenbos kamp en bied aan om die wiele Kaapstad toe te bring
- En so beland my "mags" by my in Kaapstad !
'n Mooi storie van vervelige ou omies wat mekaar so bystaan.

Ek moet ook byvoeg dat Len…
Ek moet ook byvoeg dat Len toe later daai jaar oppad Kruger toe by my 'n draai gemaak het en so paar voggies vir my gebring het. 100% onnodig gewees aangesien ek maar net gehelp het met die vervoer.
Len, jy soek nie dalk weer iets afgelewer in die Mosselbaai area oor 'n maand. Ek gaan weer af
. Netnie 'n nuwe wa, want ek sleep self.![]()
Lekke projek
So projek help dit baie as jy jou self kan help daar deur spaar jy baie geld sterkte daar Johann met projek
Middag Chris, dit is juis…
Middag Chris, dit is juis die probleem, sy het na 'n 1994 gekyk wat amper 3 x die prys is, en hulle wil juis die ding oor doen om aan hul behoeftes te voldoen, dus het ons juis na 'n "scrappie" gesoek.
As mens die tyd het (die soort op die kalender en die soort in die beursie) dan is dit seker lekker
Houtvrot toets
Jammer, ek kry dit nie reg om na 'n aanhaling, nog 'n inset onderaan te lewer nie.
Die vinnige metode om vir houtvrot te toets, is maar om teen panele te druk met die hand, as dit sag / sponserig voel, is daar probleme.
Jy kry toetsers / meters te koop, maar na my mening is dit duur en eerder vir die handellaars.
. Is daar ‘n manier om houtvrot te identifiseer sonder om die wa uitmekaar te haal?
Dak
Die dak se raam is klaar oor gedoen, dit gaan met 'n boog na die middel kom sodat water kan af loop na voor en agter, nou wag ons vir 'n veselglas plaat wat op gemaak moet word. Natuurlik ook Quinton se af dae.


Watse ambag?
Is dit natuurlike aanleg, of het een of beide van julle ‘n ambag gedoen waar julle dit geleer het?





Dit klink na 'n lekker…
Dit klink na 'n lekker projek. Johann jou ondervinding en advies gaan hulle baie help. Jy moet as jy kan bietjie "before" and "after" foto's kom wys...