Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -2 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -2 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -3 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -5 hours ago

Nuwe tweedehandse karavaan

Submitted by Servaas on
Forums

Vir 'n geruime tyd al is my vrou op soek na 'n groter woonwa en toe so 3 weke gelede lees sy van 'n Jurgens Penta wat te koop is in George. Ons stuur haar swaer en die se seun, wat in George bly, om te gaan kyk hoe die wa lyk. Swaer het ook 'n Penta en sal dus goed kon vergelyk. Sy terugvoer was dat dit 'n goeie koop sou wees aangesien die wa lugversorging en "moovers" asook 'n klomp ekstras het. My vrou bel toe die verkoper en maak die transaksie vas met 'n 10% deposito. Ek skrik my oor 'n mik aangesien ek nie parkeerplek het vir twee karavane nie. Plaas toe my karavaan op Gumtree en binne 15 minute is hy verkoop. Koper betaal deposite en kom haal my Gypsey Romany die volgende dag. Ons gaan haal toe die Penta in George en sleep hom Onrus toe. Ons het nog nie stil gehou nie toe begin ons al was; polish en die wa te "verpersoonlik". Nou blink hy soos 'n bottel. Chassis is "anti rust" geverf, wielrims is afgeskuur en weer mooi wit geverf; nuwe buite kragboks en nuwe buite lig is aangebring. More gaan ons vir die eerste keer met hom kamp. Sommer hier in Onrus karavaan park. Wil graag die tente esovoorts opslaan en kyk of daar iets is wat nie volgens ons  standaard is nie. Sien baie uit. Opgewonde soos kinders.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/04/2023 - 14:08

Middag Servaas

Ek het my Palma sonder enige stabiliseerders gesleep. Ek dink die Penta/Palma waens was van die mees stabielste agter 'n voertuig.

Ek het geroer met myne. Van Brits tot in Oos Londen in 12.5 ure, stoppe vir petrol en eet ingereken. 

Sit net lekker goeie bakkie bande op die wa, en pomp hulle volgens voorskrif, dan sal jy nie moeilikheid kry nie. Byvoorbeeld, ek het 8 laag Firestone CV2000 opgehad, koud 3.5bar gepomp.  

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 03/04/2023 - 15:32

Dis 'n 2.5 2017 model.  

Ek het ook dieselfde een. Die laastes wat ingebring is. Was nou weer af Dwarswegstrand toe, en GEEN probleme. Loop nog soos nuut. 85000km op die klok. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/10/2023 - 17:28

Middag vriend

Kom gesels bietjie saam. Waar het julle intussen rond gesleep met die Penta. 

Het julle dalk gaan blomme kyk, en is jy nog tevrede met jou wa.?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus