Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Johann L -33 minutes ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -54 minutes ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -58 minutes ago
Wessel November 2026 Johann L -1 hour ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/05/2023 - 08:36

Gedurende afgelope April het die Ranger die Hilux onttroon as topverkoper

Ek is verbaas dat dit so lank gevat het. Ek glo egter nie dit gaan so aanhou nie. Ford voer baie meer uit as wat hulle op die plaaslike mark afsit en Suid-Afrikaners is te lief vir Toyota. Ek moet egter sê dat die werkendes hier in Worcester definitief liewer is vir die Ranger en Everest as vir die Hilux en Fortuner. Die nuwe Everest is egter so duur, ek dink Toyota manne wat dit kan bekostig koop eerder ‘n Prado. Lg raak wel lank in die tand, maar ‘n nuwe een is oppad. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/05/2023 - 08:56

is jou Ford al verkoop

Nee, maar ek het dit nie nou nie. Ek het dit geleen vir ‘n kennis wie se Pajero gebreek het. Wanneer hulle dit nie meer nodig het nie sal ek dit verkoop.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/05/2023 - 10:23

Ek het ook vir jou 'n epos gestuur. As jy tyd het vir my dalk inligitng gee. 

Die e-pos adres waarheen forum boodskappe gaan werk al vir ‘n ruk lank nie. Stuur sommer na chrisfsmal @ gmail . com

Dis ‘n adres wat ek nie gewoonlik monitor nie, en gebruik om te registreer op goed waarvan ek nie noodwendig weer e-pos wil ontvang nie, so daar is heelwat gemorspos. Maar as ek weet jy het ‘n boodskap gestuur sal ek gaan kyk daarvoor. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/05/2023 - 10:25

Kyk gister na 'n inbel program op TV, waar iemand wil weet of dit 'n goeie idee is om die Ou [3l] Everest in te ruil op 'n nuwer ene [2l turbo]. Groot was my verbasing dat die paneel hom afgeraai het. Volgens hulle is daai 3l masjiene amper onbreekbaar, en lewer beter diens as die 2l weergawes.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/05/2023 - 10:26

Dis die eerste Toyota wat ek hoor breek die jaar.  Toyotas breek nie hulle gaan net in vir 'n laaaang diens

Dit was ‘n Pajero wat oorverhit het. Afgesien van die top gasket op die pre-2006 Prado 120 het ek ook nog nie gehoor van ‘n Prado wat gebreek het nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/05/2023 - 10:27

Môre, jy moet mooi lees. Chris S het van 'n gebreekte Pajero geskryf, nie 'n Prado nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/05/2023 - 10:38

Volgens hulle is daai 3l masjiene amper onbreekbaar, en lewer beter diens as die 2l weergawes.

Ek is geen kenner nie, maar my logika sê vir my die enigste manier om meer krag uit ‘n kleiner enjin te kry is om dit harder te laat werk. Die tegnici is baie slim, en die ratkaste het baie verander van my 2011 se vyfspoed auto. Maar hoe kan ‘n enjin wat 1000cc kleiner kapasiteit het en ook net ‘n enkel-turbo het (soos die ou 3l) 17kW meer lewer?
 

Die res van die twee voertuie verskil egter hemelsbreed van mekaar. Die ou Everest soos myne het soos ‘n bakkie gery en geen luukshede behalwe lugversorging en leersitplekke gehad nie. Die nuwer een (tans die vorige model) het klomp tierlantyntjies. Terloops, ek sien daar is nou ‘n 4x2 2l bi-turbo 10AT Everest XLT (nuutste model) en dit kos net R833k. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 04/05/2023 - 11:05

Wildehond, die nuwerwetse engines word kleiner met baie meer werksverrigting.   Gaan kyk na F1.  'n Paar jaar gelede was dit V8 engins.  Deesdae word 1.6L 90 grade V6 turbo charge engins gebruik wat baie meer krag en betroubaarheid as die ou V8 en V12 gegee het.  Al negatiewe eienskap is dat die lewensduur baie ingeperk word.   

Dieselfde gebeur met ons daaglikse voertuie.  Engins word baie kleiner met meer werksverrigting, beter petrol/diesel verbruik en betroubaarheid.   As jy die lewensduur van voertuie gaan google dan sien jy dis ongeveer 150 tot 300 000 myl wat baie is. 

Baie van ons het gelag en grappe gemaak toe die Amarok 2.0L uitgekom het want ons het geglo grootter is beter.  Deesdae is die Ranger ook in 'n 2.0L en die Isuzu met 'n 1.9L.   Tegnologie sal aanhou verbeter totdat petrol en diesel voertuie baie minder word of uitsterf.   Vir ons is dit maar 'n moeilike ding om aan te pas en te glo kleiner is soms beter. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/05/2023 - 11:22

.... " te glo kleiner is soms beter"

Al wil ek ook, gaan ek nou daarop GEEN kommentaar lewer nie!!!!devil

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 08/05/2023 - 10:08

Nou ja daar is die "nay-sayers" ook al weer verkeerd wat bakkies wat meers as R1m kos aanbetref. Die V6 dubbel turbo Ranger Raptor kos rondom R1.1m....die ding is 'n monster en versnel vlgs die media van 0-100km/h in iets soos 6.7 sekondes (nou kan Pa sy seun en sy Golf GTi behoorlik ore aansit!). Persoonlik het ek nie gedink die bakkie sal te goed verkoop nie maar ek verstaan daar is 'n paar maande se waglys as mens ene wil aanskaf. En daar vlieg my persepsie van wat 'n bakkie behort te wees ook by die deur uit! Sien deesdae snaakse goed, as dit nie 'n bakkie is met lae profiel bande nie is dit 'n Land Rover...die naweek een van die nuwe Defenders gesien met bande wat so 'n lae profiel het dat dit lyk asof iemand slegs die vellings met 'n lagie rubber geverf het. (en die basiese prys van die gedoente is "net" sowat R1.45m!). 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/05/2023 - 10:42

Môre Grootwind

Almal wil kamtig bakkies ry, weens die slegte paaie. Ai tog dan skop die blinkblaar mentaliteit in, groot wiele met lae profiel bande. Die hele motivering in sy glorie.

Ek sal nogal graag die afbraak van Hilux en Ranger verkope wil sien, maw hoeveel van watter model. Ek twyfel of die heel duur modelle die beste verkopers is. Mag dalk wees, want ons afgetrede, agtergeblewendes is maar vêr in die minderheid.

Ek kan amper 2 Grompie-Hiluxe koop vir die prys van die heel duurste model, laat mens d[r]ink nê!! 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 08/05/2023 - 11:55

Of jy kan seker 4 Mahindra's of 5 GWN P (oer) Klas bakkies met 'n Raptor se prys koop! Ruk gelede (vorige "nuwe" Ranger) was meer d/k modelle verkoop as Hilux D/K's. Toyota verkoop baie enkel kajuit bakkies aan besighede, te vroeg om te sê of dit ook so gaan wees noudat die Gen 2 "nuwe" Rangers begin verskyn. Maar jy is reg, bakkies en SUVs verkoop waarskynlik eerder as status simbole (amper soos die oeuens wat John Deere plakkers opplak (seker sodat mense dink hulle besit 'n plaas!)

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/05/2023 - 09:29

Môre vriende

Sit ek mos uit pure verveeldheid laugh en lees oor die nuwe Everest. Sommer so paar kern punte vir kennisname;

Enjin: 3l V6 turbo diesel

Krag: 184kWatt

Wringkrag: 600Nm

Tarra: 2400kg 

Prys: MR1.31

Skielik besef ek, indien mens voertuie wil vergelyk, is daar 'n baie belangrike faktor, wat ons oor die hoof sien. Dit is om krag en wringkrag uit te druk "per kilogram" voertuig.

Byvoorbeeld, my Hilux met 400Nm wringkrag, is dan 0.216Nm/kg. Die Everest is dan 0.25Nm/kg. Sê dit iets, of nie.

Grootwind: Mis ek iets uit 'n ingenieurs oogmerk???? 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/05/2023 - 10:05

Wessel, jy kan seker twee van jou bakkies koop vir die prys van een Everest Platinum. Die kar kos meer as wat ek agt jaar gelede betaal het vir ons vier slaapkamer huis. Dit gaan my verstand te bowe hoe mense sulke duur rygoed kan koop. Ja, hulle ruil bv hulle ouer Everest in en betaal dan “net” R800 000 of R900 000. Dis steeds meer as wat al vier ons karre en die Kavango werd is. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 11/05/2023 - 10:19

Dis steeds meer as wat al vier ons karre en die Kavango werd is. 

Chris, nee, jou voertuie en Kavango is baie meer as dit werd vir jou. Dit is maar net hoeveel jy sal kry indien jy dit moet verkoop. My Trailblazer is defnitief meer as R5-6oo 000 werd vir my, maar ek sal omtrent net R250 000 kry vir inruil. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus