Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Bakkie verkope
Môre mede bakkie verslaafdes
Sommer bietjie statistiek oor afgelope maande se verkope.
Onder die 30 beste voertuig verkopers, was daar 5 bakkie modelle. In volgorde van beste verkoper, was dit Hilux, Ranger, Isuzu, Nissan NP200 en Mahindra.
Die eerste drie is nie 'n verrassing nie, maar wat ek vreemd vind is dat Nissan die NP200 produksie gaan staak, vroeg volgende jaar.
Mahindra in 5de plek spreek boekdele. Ek sal graag die segmente van hulle kopersmark wil sien, is dit boere, is dit industriele omgewing, en hoeveel in ontspannings/privaat aanwending.
Enkel vs dubbelkajuit
Ek het onlangs ‘n artikel gelees wat aandui dat die Ranger die dubbelkajuit is waarvan die meeste verkoop is. Die syfers gee waarskynlik ‘n aanduiding van hoe groot segment van die ontspannings/gesinsmotor mark die verskillende handelsmerke het.

Nuwe perspektief
Môre Chris S
Dis nou insiggewend. Maandeliks verkoop Hilux ongeveer 1000 eenhede meer as Ranger, maar oor 'n jaar het Ranger 1600 dubbelkajuite meer as Hilux verkoop.
Dit beteken dat die dubbelkajuit verkope vir genoemde 2 trokkies omtrent dieselfde is op 'n maand grondslag, ~133eenhede/m meer vir die Ranger..
Bakkie verkope
Ek kyk vanoggend na die voertuie se Oktober verkoopsyfer. Die ekonomie is sleg, die top 3 verkopers toon almal 'n afname van September tot Oktober.
Wat egter my wiskundige oog vang, is dat die afnames as volg is;
Hilux-----4.3%
Ranger---23.2%
Isuzu------10.7%
Ek was onder die indruk dat die nuwe Rangers sulke goeie verkopers is, en dat dit die mark begin oorneem.
Dubbelkajuite vs ander
Wessel
Ons het voorheen ook daaroor gepraat, maar ek dink mens moet kyk na die verkope tussen verskillende kajuit opsette en die syfers wat verskaf word onderskei daartussen nie. Uit beskikbare syfers oor dubbelkajuit verkope was die Ranger die wenner. Mens sal moet kyk wanneer die nuwe Hilux uitkom wat dan gebeur. Mens moet eintlik ook die Amarok se verkope by die Ranger s’n tel ![]()
‘n Ander faktor is dat Ford meer as die helfte van die bakkies wat buite Silverton gemaak word uitvoer. Dit mag dus wees dat hulle verlede maand die plaaslike mark gesnoep het en meer uitgevoer het. Al wat ek weet is dat ek nie tot enige van die handelsmerke se verkope gaan bydra in my leeftyd nie. Ek sal my kinders se na-skoolse opvoeding moet opoffer as ek ‘n nuwe dubbelkajuit wil koop.
Onderrok...
..ag ek bedoel die Amarok, se verkope bly teleurstellend. vir een of ander rede verkoop dit net nie soos die ander make nie.
Selfs my persoonlike werktuigkundige, van duitse afkoms, raai my af om 'n Amarok te koop. Blykbaar is onderdele baie duur.
Dit wil voorkom of die Pajero Sport SNV en Triton, wat kwaliteit aanbetref, deur sommige kenners baie hoog aangeslaan word. Tog sien mens weinig op die pad. Ek wonder hoekom.
Hou moed met na-skoolse uitgawes, dit kom ook tot 'n einde. Ek het ook deur daardie periode en voorafgaande stadia maar klaargekom met gebruikte voertuie. My Isuzu was darem nuut gekoop, en het ons 13 jaar deur daardie tyd getrou met vakansie rondgesleep.
Dalk die prys?
Dubbelkajuit bakkies is vrek duur. Die Amarok is nog duurder. En die nuwe een is eintlik ‘n Ford. Die plaaslike VW handelaar het ‘n dubbelkajuit een met hulle naam op wat hier in die dorp rondry. Dis egter nie ‘n “hi-rider” nie en het min of meer dieselfde grondvryhoogte as ‘n kar. Dis nou ‘n lelike voertuig. Ek het nie geweet iemand maak nog so lae dubbelkajuit nie.
Gepraat van grondvryhoogte, ek sien gister by die plaaslike winkelsentrum ‘n ou Hilux dubbelkajuit. As ek praat van oud bedoel ek wat uit die vorige eeu uit kom. Daardie bakkies het darem lekker grondvryhoogte gehad. Ek het so 2.2 petrol 4x4 gehad waarmee ek alleen deur Namibië getoer het. Ek is ook een keer daarmee saam met twee vriende deur Botswana en Zim. Onder andere Makgadikgadi en Ghonarezou.
Dit was vrek swaar op petrol (erger as die Prado) en maar lui. Dit het ook bladvere reg rondom gehad en vrek hard gery. Jy moes nog die voorste hubs met die hand sluit om dit in ‘n 4x4 te sit. Ek het egter nooit vasgesit daarmee nie. Dit was boonop in die tyd wat ek jonk was en nog graag 4x4 roetes gery het.
Nie vir ons beskore nie
Ongelukkig kom daardie Toyota Tundra nie SA toe nie. Is dit nie meer kompetisie vir die F250 ens in Amerika nie? Hulle hou mos nie van “klein” bakkies soos die Ranger en Hilux nie.
Ratkaste en ewenaar
Sir sommer en kyk na bakkies, en strompel oor die volgende info.
Die outomatiese modelle van Toyota, die V6 Hilux, Prado petrol, 2.8Hilux en 2.4 Hilux het almal dieselfde ratverhouding ratkaste. Almal behalwe die 2.4 Hilux het dieselfde ewenaar verhouding. Die 2.4Hilux se ewnaar verhouding is egter groter as die ander.
Die 3l en 1.9l Isuzu's het presies dieselfde ratverhoudings as die genoemde Toyotas. Die ewenaars van die 2 modelle is verskillend, met die 1.9l Isuzu wat dieselfde ewenaar verhouding het as die Hilux 2.4. Die 3l Isuzu se ewenaar is die kleinste van al die genoemde trokkies hier.
Dit het die effek dat die wringkrag op die wiele van die 3l Isuzu, met meer enjin wringkrag as die 2.4 Hilux, kwalik meer is as die 2.4 Hilux.
Nou wonder ek, as ratkaste en ewenaars wat in Toyota en Isuzu gebruik word, dieselfde ratverhoudings/rat het, is dit identiese kaste van dieselfde verskaffer af??
Derde party ratkaste
Sover ek aflei gebruik meeste vervaardigers derde party ratkaste. Ek weet Ford gebruik ZF maar ek weet nie wat gebruik Toyota en Isuzu nie.
Ek het vergeet om te reageer op jou vraag oor waarom die Pajero en Triton nie so gewild is nie. Ek dink eg is redelik gewild, maar ek vermoed die netwerk en reputasie wat Toyota het met die Prado maak lg meer gewild en getalryk.
Wat die Triton betref kon ek nog nooit vat kry aan die vorm nie. Dieselfde met die huidige generasie Fortuner. Wat eg betref, veral die vorige reeks, lyk die bak se bokant wat so na onder daal altyd vir my of die bakkie soos ‘n warm Fizzer is wat jy in die middel optel.
Die nuwer reeks is bietjie beter, maar die bakkie het flou lyne en lyk kleiner as bv die Ranger. Ek dink dis goeie waarde vir geld, maar ek wil nie elke keer wat ek na my kar toe stap om dit te gebruik in daardie gesig vaskyk nie.
Petrol Amarok
Gesels vanmiddag so rukkie met my seun in Dubai, bemarkingsbestuurder vir VW/Audi- Midde Ooste.
Seg hy dat hulle nou die mark gaan toets daar met 'n petrol turbo masjien. Diesel voertuie verkoop gladnie daar nie, daar is geen belangstelling daarin nie.
Die Amarok het 'n 2.3 l masjien, turbo aangehelp om 222kW en 450Nm te lewer. Dit is dubbel die krag van my 2.4 TD Hilux, en met 50Nm wringkrag meer.
VW moet dit hiernatoe bring, ek kan my sien in so 'n Amarok. Wonder wat sal die prys hier wees, indien dit gebeur.
Nuwe Ford Territory
Ek sien vanoggend Ford SS het groot planne vir volgende jaar. Volgens Business Day wil hulle 'n paar nuwe produkte loods.
Ene wat dadelik my oog gevang het, is 'n nuwe Territory. Dit is 'n 5 sitplek SNV, effe groter as die ou Kuga. Dit gaan 'n 1.8l Ecoboost petrol turbo masjien hê. Gaan vanaf China ingevoer word.
Gelukkig is ek genees van enige SNV.
Kom dit hierheen?
Kom die nuwe Territory hierheen? Ek dink daar is heeltemal te veel verskillende modelle by sommige (baie) handelsmerke. Duidelik is daar gevolglik ook heeltemal te veel mense wat nuwe karre kan bekostig (of in elk geval so dink).
Territory
Jip, ek het gagga getik, die berig sê dat Ford SA dit gaan inbring.
As ek kyk na die nuwe duur voertuie om my, en die bevolkingsgroep agter die stuur, dan wonder ek oor die mense se salarisse.
Of, hulle kan maklik skuld maak, en is ook nie bang daarvoor nie.
dan wonder ek oor die mense…
dan wonder ek oor die mense se salarisse.
Of konneksies met "tenders"
Met bakkies wat nou al by…
Met bakkies wat nou al by R1m verby skuif dink ek meeste van ons paltinum koppe moet seker maar erken ons is nou gesertifiseerde armgatte! Ja Hennie, tenders kan en sal seker 'n rol in party (heelwat?) gevalle speel, maar dan sekerlik ook 'n "goeie" of tegemoetkomende bank bestuurder! Bring mens dan ook by wat word bedoele met "bekostigbaarheid"? Is iets bekostigbaar as jy dit kontant kan koop, of is dit as jy die lenings paaiemente kan betaal? My oorle' pa het in eersgenoemde geglo, hierdie laatlammetjie van hom weer in laasgenoemde! Terug na die nuwe Territory, met sy 1.8 turbo enjin trek hy my nou nie juis aan nie, nie na die 4.0l reguit ses wat party van ons gehad het nie. Maar daar kom ook 'n petrol hibriede Ranger uit, 2.3l Ecoboost met elektriese hibriede aandrywing. Maar as gesertifiseerde armgat sal ek maar net met groot oge kyk en kwyl!
Terugvoer oor 3.2 Ford Ranger asb
Wie van julle het/het al ‘n Ford Ranger 3.2 gehad? Ek kan nou een kry vir R300k wat regtig mooi opgepas is met splinternuwe bande en ‘n nuwe battery met 100 000km op. Dis die 4x4 XLT auto. Die enigste negatiewe punt is dat dit ‘n 2013 model is. Dis egter net vir toere na Botswana en Namibië gebruik (dus meestal langpad, het nie in die stad rondgeploeter met baie slytasie nie). Die ander probleem is dat dit in Pretoria is, maar dis net ‘n R1000 vlug en minder as R4000 se diesel terug hierheen ekstra.
Ekstras
Afgesien van die nuwe BF Goodrich AT bande en battery en vol diens rekord is daar ook Tough Dog vering (ook nuut), ‘n ekstra brandstoftenk, rock sliders, snorkel, ARB staal buffer voor (nie my gunsteling bybehore nie), ARB full underbody plaat en sitplekoortreksels voor. Dis terloops ‘n dubbelkajuit en is silwer in kleur. Die herverkoopwaarde met daardie km vir ‘n standaard bakkie is R278000. Die ekstras is baie meer as die verskil werd. Toe ek die ou vra waarom hy wil verkoop sê hy dat hy nie eintlik wou nie, maar hy het navraag gedoen oor ‘n Ineos Grenadier en toe het hulle vir hom een wat hy toe gekoop het. Hy klink soos ‘n uitlander aan sy aksent.






Nuwe Lexus
Môre vriende
Sien nounet in vandag se Bussiness Day 'n skrywe oor die nuwe Lexus. Ai mense, wie het geld vir sulke luukse 4x4's?
Petrolmodel LX600, 3.5l V6 masjien lewer 305kW en 650Nm
Dieselmodel LX500d, 3.3l V6 masjien lewer 225kW en 700Nm
Beide het turbo ondersteuning en laasgenoemde kos 'n koel MR2.5 Dit is darem baie geld vir 'n gemiddelde afgetredene. Dit is blykbaar 'n halfmiljoen meer as die Landcruiser 300.
Sal interessant wees om dop te hou hoeveel ons hiervan op plaaslike paaie gaan sien. Dit is opvallend dat die LC300 wel goed verkoop in 'n sekere marksegment plaaslik.