Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
November brandstof prys November 2026 Geert -8 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -6 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -17 hours ago

Desember algemeen klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel  sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande. 

Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣

Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 01/12/2023 - 06:39

Ek lees van n R2+ per liter daling in dieselprys volgende week....elke bietjie help

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/12/2023 - 07:08

My 13de tjek kry ek in Junie. Kara verjaar 12 Desember en Chris Jnr 16 Januarie en ons gaan Dwarswegstrand toe 27 Desember. 
 

Boonop moet ek vanoggend 08:00 probeer plek kry by Dwarswegstrand vir Desember 2024. As ek dit regkry gaan ek ‘n deposito moet betaal. Hulle stelsel het verander. Daar is nie meer twee blokke in Desember waarvoor mens per e-pos kan aansoek doen vanaf 08:00 op 1 Desember nie. Besprekings vir die volgende Desember maak 1 Desember 08:00 oop en kan vir enige datums gemaak word maar net aanlyn. Ek wonder of mens nog ‘n staanplek sal kan kies. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 01/12/2023 - 07:36

 

Ek glo jy sal kan kies....hul online sisteem is baie nice....dit wys duidelik watse staanplekke beskikbaar is met fotos. Sterkte Wildehont, hoop jy kry jou staanplek 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/12/2023 - 08:38

Die stelsel het redelik goed gewerk maar vir my datums (26 Des tot 11 Jan) was net so nege staanplekke beskikbaar en net een seefront - 28. Ek het dit gekies maar toe die fout gemaak om eers vir Salomien te bel om met haar te bevestig. Toe ek die betaling probeer maak skop die stelsel my uit. Toe is net 32 en 33 beskikbaar. Ek het maar 33 bespreek.
 

Dis ten minste privaat en heeltemal uit die wind uit, maar daar is geen uitsig op die see nie. Uit ondervinding weet ek egter die see uitsig kom teen ‘n prys, en baie keer die afgelope twee Desembers het ek alleen gebraai in die wind terwyl Salomien in die Kavango se tent skuil. Die feit dat mens nie meer aan ‘n blok datums gebind is nie beteken ook dat dit goedkoper uitwerk. Dit kos gemiddeld R575/aand. Hierdie Desember kos my R895/aand en dis ook nie seefront nie. Ons staan by 17 hierdie Desember en 29 in Maart 2024. 


A

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/12/2023 - 09:00

Lekker uit die wind uit en privaat. Geen alewige gelopery van bikini vrouens voor jou staning verby nie. devil

Jy gaan steeds die see hoor en ruik.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 01/12/2023 - 23:22

..............as 'n ou se Desember 2023 see-vakansie nog nie eers aangebreek het nie en jou Desember 2024 see-vakansie is sommer ook bevestig en bespreek !  Ons oues van dae moet eers bietjie nader aan die tyd kyk of ons nog kan loop !

Chris, die twee kinders se  "swak" verjaarsdag- berekeninge is beslis nie hulle skuld nie.  Kon die stadsbeplanning kennis nie beter beplan het nie ?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 01/12/2023 - 23:54

Ek hou van die idee dat mens direk deposito moet betaal....dit maak dit dat jou meer ernstiger belangstellendes kans kry om te bespreek alhoewel boetes maar R70 is vir kanselasies in die begin. Sonder deposito sou ek ook miskien bespreking maak....net vir die wis en onwis, maar nou dat deposito verlang word, dink ek 2x. Onlangs by Skukuza gesien toe volgende jaar se winter vakansie besprekings oopmaak....die ou agter my bespreek oral 8 staanplekke met die doel om later te kies tussen wat hy kon kry. Glo hy sou anders bespreek het as hy direk 50% moes neersit. SANparks moet ook hoeveelhede beperk

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/12/2023 - 06:06

Môre vriende

Terwyl party van julle wakker word met voël gesange, en ander derglike aangename veld/plaas geluide, het ek ontwaak met die gerusstellende klap van skote naby ons kompleksie. 

Eerste reaksie is om ore te spits vir alarm, dan vir sirenes en indien geen hulproepe, om te draai om te probeer dut. Dan sak die dankbaarheid neer dat nog 'n huisroof en voertuig diefstal hopenlik afgeweer was. 

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 02/12/2023 - 06:16

Goeie môre.........................................................................eerste keer dat ek wakker word hier langs die Keursboom rivier by Plett dat die wind nie waai nie. 

Gister het die wind ons geroer en gelukkig het ek stormbande opgesit. 

Vandag lyk dit  na 'n lekker dag so die rivier gaan besig wees. Gelukkig het ons sovêr nog niks van die Plett "rave" ervaar nie. 

Lekker dag vir almal.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 02/12/2023 - 06:41

Môre maters. Ai Wessel, dit klink niks lekker om so wakker te word nie. Ek begin verstaan hoekom jy somtyds so negatief raak.

Jan, dit is darem maar lekker om daar te kamp. Ons heel eerste kamp met Jurgie was daar, op die wal van die rivier. Geniet dit. Ek hoor by n vriend in Knysna dat die vakansiegangers al opdaag. Hy sê mens kan hulle uitken aan die duur rygoed. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 02/12/2023 - 06:50

Eerste reaksie is om ore te spits vir alarm, dan vir sirenes en indien geen hulproepe, om te draai om te probeer dut

Ek het so n ruk terug aangesluit by n WhatsApp groep van ons omgewing. Was scary om te hoor hoeveel kriminele aksies in ons ongewing plaasvind....voor die aansluiting van niks eintlik gehoor nie....amper gedink ons bly in veilige area

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/12/2023 - 11:39

Middag Geert 

As jy in 'n beheerkamer van 'n reaksiemag in die aand staan, en jy sien hoe kom die alarms deur van strale in mense se tuine. Daar is 'n vreeslike voetganger verkeer deur tuine, veral die wat nie agter tralies en elektriese heinings is nie. . 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/12/2023 - 11:46

Jan: Is daar baie watersport aktiwiteite op die rivier, soos jetski's en skibote. Is die lawaai nie steurend nie, of maak die visuele op daarvoor.

Herman: Vakansiegangers kan maklik uitgeken word aan die registrasienommers, maar die mees opvallende is die nuwe duur voertuie en speelgoed.

Ek onthou soos gister, in 1997 sleep ons by Oos London in vir ons woonwa-see-vakansie. My nuwe Isuzu het toe net 2000km op, en dit is die koningsblou kleur, soos in die TV-advertensie en op die brosjures. Ek het nog nie klaar ingeboek nie, toe staan daar omtrent al die seuntjies, met hulle pa's wat in die oord is, om die bakkie. My eie 3 kleingoed het nogal bang gewees, want die omies wil sommer deure oopmaak om binne te loer. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 02/12/2023 - 12:05

Wessel.

 

Daar is elke dag heelwat virskillende  tiepe bote wat op en af op die rivier ry. Daar is blykbaar lekker piekniek plekke hoër op in die rivier. Wil self volgende week bietjie gaan kyk. 

Klein bietjie"tube"sleep maar geen jetski nog gesien nie. Daar is 'n plek in die kamp waar kampeerders hulle bote ter water kan laat en dus is daar reg voor die kamparea 'n "wave restriction" en moet alle bote stadig ry. 

Ons kamp op die wal en die bote is gladnie steurend nie en geniet van die songebrande bikini lywe.  laugh

Juis vroër die week klomp ou tannies op een boot vroeg die oggend op in die rivier.  Later die middag toe kon jy hulle vêr al hoor aankom en baie jolig. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 02/12/2023 - 20:59

Daar naby Forever Plettenberg is n plek Arch Rock. Ek was nog self nie daar nie, maar blykbaar pragtige natuur tonele.  Ek weet nie of mens daar kan kom via die Arch Rock karavaanpark of mens deur die reservaat moet inkom nie

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 03/12/2023 - 06:01

Môre Geert...............................................nog nie gehoor van die plek nie. Hier kamp nogal heelwat van die omgewing se mense en sal bietjie uitvind. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 03/12/2023 - 08:23

Daar is 'n vreeslike voetganger verkeer deur tuine, veral die wat nie agter tralies en elektriese heinings is nie. . 

In die amper nege jaar wat ons hier woon, het die strale voor ons huis al ‘n klomp keer die alarm laat afgaan terwyl ek slaap. Ek het ‘n kamera waarop ek die hele voortuin kan sien van my foon af. Dit was nog net een keer ‘n mens, en hy het weggehardloop toe die alarm afgaan. Ek het al vertel dat ek toe lemme op die muur gesit het waar hy oorgeklim het (vir wat dit werd is). Al die ander kere was dit dekselse katte wat my slaap versteur, en dis nie ons katte nie. Ons het nie ‘n kat nie, en hou nie van katte nie. Ek is al so keelvol daarvoor dat ek die goed wil vergiftig, maar ek sal nie. Dis iemand se troeteldiere. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 03/12/2023 - 08:55

Arch Rock.................................................het vanoggend fiets gery tot by Keurboomstrand en daar uitgevra. Jy kan met 'n bospadjie al langs die strand stap tot by die Matjies rivier lagoon waar die Arch Rock is. 

By Keurboomstrand kan jy vêr langs die strand stap.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 03/12/2023 - 09:32

Chris, ek is ook 'n diereliefhebber, maar katte is beslis nie "my cup of tea" nie.  In ons kompleks het ons 'n klein tuintjie voor die huis en nog een agter, langs die huis.  Dié twee tuintjies versorg ek dikwels self en dit grief my grensloos as die bure se katte in die omgewing hierdie twee tuintjies kies as hul toilette.  Honde in ons kompleks word streng beheer en mag alleenlik saam met die eienaar aan 'n leiband buite private erwe loop.  Maar katte loop die hele wêreld vol en doen hulle ding net waar hulle wil.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 03/12/2023 - 10:05

Klompie jare terug by Scottburgh 'n vlaag vergiftigings ervaar van hulle oord katte ervaar. Die is almal gesteriliseer. Ongelukkig is rotte by baie oorde 'n probleem as daar nie katte is nie, interresant hoe mense kerm oor katte maar as die rotte terugkeer kerm hulle nog meer. Dit was regtig nie aangenaam om byna elke oggend vir 'n paar dae naby jou karavaan dooie katte met blou skuim  speeksel wat uit hulle bekke loop te kry (vermoed dit was iets soos strignien of arseen wat gebruik was). Daar was die nodige sake geregistreer by die plaaslike dierebeskermings vereniging en SAPS, daar was sterk vermoedens wie verantwoordelik was, maar die mense het skielik 'n week of drie vroeër as hulle bespreking blitsvinnig opgepak en verkas het toe die SAPS van staanplek tot staanplek geloop het, waarna die vergiftigings dan ook skielik opgehou het. Ghandi is op rekord dat hy gesê het: "The greatness of a nation can be judged by the way its animals are treated. I hold that the more helpless a creature, the more entitled it is to protection by man from the cruelty of man." 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus