Herman, ek skep sommer hierdie nuwe gesprek, dan is alles mooi bymekaar. Ek dink almal sal graag ophoogte wil bly met jou nuwe herwinningsprojek. 'n Hoenderhok met 'n aircon klink net nie reg nie.
Nog 'n plek in Pretoria omgewing is;
Independent 4x4 telnr 012 548 1335
Die Landy is ook nou hibried…
Die Landy is ook nou hibried. 2 enjins word een van gemaak. Die blok het gister aangekom. Dit was so morsig vuil dat ek geskrik het. Binne en buite het n laag teer op gehad. Die Landy was nie geliefd nie, dit is verseker.
Elk geval die manne het 5 l parrafien opgebruik, en toe lyk dit heelwat beter. Als in die blok is nog standaard, so dit is nog nie geboor nie. Daar sal nuwe ringe en bearings ingesit word, met nuwe pakstukke. Silinderkop sal die kleppe geslyp word. Een nuwe piston kry.
Vanaand die parte bestel, kom van Len se Valley af.
Herman,.............
.............het die silinders riwwe wat uitgeboor moet word of gaan dit nie nodig wees nie ? Jy sê mos die enjin-blok het 'n harde tyd agter die rug. Mag ons 'n foto kry van die "skoon" enjinblok ? Party enjins het die silinders mos 'n "sleeve" in wat vervang kan word sodat die silinders standaard kan bly en nie geboor hoef te word nie of praat ek nou twak ?
Enjinblok
Jessie Len, jy gesels soos n ou mekaniek.
Ek doen maar n backyard job, die Landy is plaasbakkie, en doen sowat 2500km per jaar. Dit moet net my deursien.
Daar is n riffie, egter baie klein, so ek verwyder dit met n stuk gereedskap genaamd " ridge cutter". Dater uit die vorige eeu glo ek.
Dan sal die boor met n Glaze breaker liggies geskuur word. Dit is nodig sodat die nuwe ringe kan hulself " bed".
Jy sal die twee stukke gereedskap sien bo- op die blok. Ek het al begin werk met die cutter, die blink stukkie heel bo is waar die " ridge" verwyder is. Volgende kom die " honing" met die ander skuurder wat met n boormasjien asngedryf word. Regte " old school" herstelwerk.

Dankie Herman....................
................liewer jy as ek met hierdie joppie. Sterkte en hou ons op hoogte van die vordering.
Op Oudtshoorn is daar nie ń …
Op Oudtshoorn is daar nie ń " engine crane" te huur nie. Gaan dit nodig kry om enjin terug te sit. Prakseer een van scafold pype en konneksies, sal nou nie ń prys op die landbou skou wen nie, maar gaan die job doen.
Op 3 stelle wielietjies wat eintlik die Triumph se movers is.
So is daar plek om n rotisserie te maak en monteer. Nou hang die enjin, en dit draai in die rondte vir aanmekaar sit.

Dit is waar ek baie dae…
Dit is waar ek baie dae deurbring, my happy place.
Dit is nie vas aan die balke nie Wessel. Dit het so paar millimeter clearance. Die hele affêre kan rongestoot word. Parkeer dit voor die kar, lig enjin met block & tackle op, stoot oor die voorkant, en laat sak binne in die enjin Bay. Met die wielietjies word dit dan mooi reguit opgelyn sodat dit net by ratkas ingly.
Soos die boer eendag sê, ons planne moet net nie opraak nie, tot dan is daar nie moeilikheid nie.
'n Boer maak 'n plan. Lekker…
'n Boer maak 'n plan. Lekker speelplek. Ek sou gedink het dat jy wel 'n "engin crane" het aangesien jy so 'n praktiese man is.
Hennie, nee. Dit is net…
Hennie, nee. Dit is net nodig vir die insit, uithaal dien ek met block & tackle. Aan groot enjins word maar min gewerk. Die een is die 6de groot enjin in my leeftyd, en ook net projekte, of speelgoed. Die daaglikse rygoed word vervang voordat hulle sulke werk benodig.
Die histories enjins is eensilinder modelle wat hanteerbaar is.
Het vandag met ouma se lysie vir die komende feestyd begin. Het al geleer, doen dit so spoedig moontlik anders raak sy moeilik !!!
Herman...
...los nou die stoep sittery en na die goggas kyk, daai LR moet klaarkom. Skoonseun is amper daar.
Ek het al my gat gesien vanoggend, en toegegooi. Grassooie teruggesit ook. Daarna gou haarkapper toe, nou is ek gladgekam en blink gelek, net reg vir dingaansdag en krismis.
Begin aanmekaarsit
Hello al die mekanieks. Het vandag begin aanmekaar sit.
Was dit n gesukkel om die roesbolle uit die blok te kry. Gister 5l de-oxidene, dit is fosforsuur, in gesit, en was teleurgesteld , te min roes uitgekom. Vanoggend die power washer by al die gate ingeblaas, en toe kom dit uit. Die suur het dit sag gemaak, maar dit het soortvan vasgeplak gebly.
Die nokas is in, en die cam followers, Landrover gebruik roller lifters, het die nog nie voorheen gesien nie, regtig n puik ontwerp.
So lyk die werksplek nou. Handboek byderhand om die regte torque settings te kry. Môre is die krukas en suiers e beurt.

Herman................
................is die riffie uit die nommer 1 suier uit-ge-buff ?
Die riffle is glad Len, of…
Die riffle is glad Len, of dat ek sê, jy kan dit nie voel nie. Direk onder dit, daar waar die suier sy omdraai maak. Is so 5mm strokie wat die honing nie die glaze heeltemal verwyder het nie, so dit is effe later as die res. Ek glo stellig dit sal moeilik gemeet word, My stelling is dat die enjin met dit gewerk het, behoort nie nou ń probleem te wees nie.
Ek moet nou die enjin nou aanmekaar kry. Word elke nag 2 uur wakker en lê en maal die spul in my kop al in die rondte.
Enjinblok is aanmekaar gesit…
Enjinblok is aanmekaar gesit.
Besig met die silinderkop. Terwyl dit af was, goeie tyd om skoon te maak, die kleppe te slyp en klepseels te vervang.
Die " ports", wat is dit in Afrikaans?,is vreeslik grof, en maak n trappie tussen die silinderkop en inlaatspruitstuk?. Nou word dit net so effentjies glad gemaak vir beter asemhaal.
Die een is klaar no 2 kanaal op foto. net regs is no 3. Dit is nog eks fabriek gietstuk.

vat kortpad....
....en kry sommer 'n "banana branch" vir daai LR. Jy sal darem daai bergpad oprol dorp toe.
Goeie vordering met enjinblok.
Ek dink die korekte woord wat jy soek is maar net "poorte" Wie doen die polering, die baasmekaniek, of die handlangers??
Olie in
Enjin is aanmekaar gesit. Battery op die knormoer gekoppel, en geswaai om olie deur te kry. Vandag begin regmaak vir terugsit.
Dit het egter tyd geraak om die kamp te gaan voorbery, sal moet wag. Gaan die hulp van skoonseuns vir ń slag nodig kry, alleen insit gaan baie sukkel wees.





teken ek op n stuk karton…
Dit ook al baie gesien. Met dit kan jy nie fout maak.