Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -9 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Land Rover herstelwerk

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Herman, ek skep sommer hierdie nuwe gesprek, dan is alles mooi bymekaar. Ek dink almal sal graag ophoogte wil bly met jou nuwe herwinningsprojek. 'n Hoenderhok met 'n aircon klink net nie reg nie.

Nog 'n plek in Pretoria omgewing is;

Independent 4x4 telnr 012 548 1335

Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/01/2024 - 15:21

....byt vas met daai droom. Ek moet net sekermaak van feite, maar ek vermoed dat die LC-bakkie binnekort beskikbaar gaan wees met die Hilux se 2.8 turbo diesel. 

Gelukkig het jy net 'n T-shirt opgeskeur, en nie die bypassende Jockey ook nielaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/01/2024 - 16:42

Ek het gou gaan loer, die 70 reeks LC kom Februarie op die vloere. Dit gaan nou beskikbaar wees met die 2.8TD soos in Hilux, met 'n 8-spoed outomatiese kas vir ons oumense.

Ek vermoed die V8 gaan binnekort verdwyn, suip te veel in vergelyking met 2.8TD.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 28/01/2024 - 17:49

Die asmatiese bors van ń 4 silinder diesel is nou regtig nie my keuse nie. Neef is seker maar ietwat van ń petrol head.

Laat my dink aan ń man wat ek goed ken met ń Lexus v8 Cruiser, petrol model as ek dit reg het. Rukkie gelede. Maak ek ń apie van myself toe ek hom uitvra na die brandstof verbruik... 

Hy kry so "vacant" uitdrukking op sy gesig asof hy uitgevang is op n vasvra kompetisie. Hy het geen idee gehad nie.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/01/2024 - 18:13

Lank gelede gaan ek as jong knaap saam met my pa na die Ford Fairlane's kyk op Bonnievale. Sulke lekker ou grooot waens met 'n bank sitplek voor en agter, 8 mense sit gemaklik op die banke. 

Pa kyk met groot belusting na die reguit 6, en so 'n jong wynboer kyk na die v8 model. Vra Pa, is jy nie bekommerd oor petrol verbruik nie? Seg die vermoënde jongman---ag neewat, as mens wil lekker ry, maak dit nie saak nie.

Die soos ek wat eendag vir iemand met Jaguar XJ6 vra, of dit lekker woonwa sleep. Seg die windgat----ouens wat Jaguars ry, bly in hotelle!!! Dit was lank gelede toe boswaens nie bestaan het nie, nou betaal mense bo R700 000 vir 'n boswa, en sleep dit met Prado's en derglike trokkies wat meer as 'n miljoen kos!!!!. 

Ek is al gewoond aan Grompie se asmatiese bors[ie], want die bankbestuurder blaas nie sy koue asem hier in my nekhare nie. Ontleen aan "bog met bloumaandag"

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/01/2024 - 04:19

Die nuwe Prado kry ook die 2.8 diesel en agt spoed ratkas. Sover ek verstaan gaan dit egter meer krag lewer as in die Hilux. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus